Nóg ʼn mediahuis verwyder kommentaarfunksie

Argieffoto

Argieffoto

Die Independent Media-groep het aangekondig dat hy die kommentaarfunksie op sy webwerf, iol.co.za, gaan sluit.

Independent Media, wat onder meer Cape Argus, Pretoria News, The Mercury en Diamond Fields Advertiser besit, het die nuus in ’n kommentaarstuk op sy webwerf gebreek. Adrian Ephraim, besturende direkteur van Independent Media, het in ʼn brief die besluit aan lesers verduidelik.

“Dit is ʼn moeilike maar noodsaaklike besluit wat ons ná die versigtige oorweging van alle betrokke faktore geneem het,” het Ephraim gesê. Hy het gesê die reg op vryheid van spraak kan nie die persoonlike vryheid en menseregte van ander burgers oorskadu nie.

“Laat ek dit duidelik maak dat om kommentaar op ʼn artikel te lewer nie ʼn reg is nie, maar ʼn voorreg wat IOL aan jou as leser gebied het. As jy geneig is om rassisties of seksisties in jou denke te wees, kan jy jou met liefde op ander platforms gaan uitdruk waar sulke gedrag aanvaarbaar is, maar nie op IOL nie. Ons is van mening dat die gevalle van misbruik in ons kommentaar-afdeling onbeheerbaar geraak het.”

Hy het gesê die reg op waardigheid kan nie verruil word vir onbeheerste aanlyn dialoog nie en die reg op vryheid van spraak is nie onherroeplik nie. Volgens Ephraim kan lesers steeds briewe aan die mediagroep stuur wat volgens die diskresie van die redaksiespan moontlik geplaas sal word. “Van nou af sal ons slegs betekenisvolle bydraes wat met waardigheid, respek en helderheid van denke gelewer is, toelaat,” het hy gesê.

Independent Media se besluit volg ongeveer ʼn maand nadat News24 aangekondig het dat hy die kommentaarfunksie op sy aanlyn berigte gaan verwyder.

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, het saamgestem dat dit noodsaaklik is om die kommentaarfunksie op ʼn digitale platform doeltreffend te bestuur, maar ook gesê dit vorm ’n integrale deel van Maroela Media.

“Ons is dankbaar vir Maroela Media se ongekende groei in die afgelope jaar, wat ons unieke maandelikse leserstal in Augustus op byna 1 miljoen te staan gebring het. Terselfdertyd bring dié groot getal lesers ’n groot verantwoordelikheid mee om kommentaar doeltreffend en sinvol te bestuur,” het Lombaard gesê.

“Ons is egter steeds oortuig dat ons ’n verantwoordelikheid het om vir die Maroela Media-gemeenskap ’n platform te skep waar hulle aan gesprekke kan deelneem, hul mening kan lug en hul argumente oor aktuele sake kan slyp. Interaktiwiteit is deel van die wese van digitale media, en ons is dit aan ons lesers verskuldig om hulle toe te laat om saam te praat op ons digitale platform.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Drieks ·

Dankie Maroela.. ek dankbaar vir jul en verstaan as jul ons kommentaar verwyder as dit gemeen is..

Nic Grobler ·

Laat dit vir ons ‘n les wees en ‘n ondersteuning aan Maroela om die publikasie van kommentaar “skoon” te hou. Die spul op IOL was regtig smerig.

Francois van Zyl ·

Nee, rasisme was ‘n baie klein deel van die kommentaar gewees. Dit is die ANC se manier om die krane van kritiek teen hulself toe te draai, aangesien al hoe meer mense aanlyn media strome volg en dus kan sien hoe baie ander mense net so gatvol is vir korrupsie en wanbestuur

Rudi ·

Ek het die internet media al baie lank gevolg en het baie komentaar gelewer al op IOL. Een ding wat ek oor die afgelope maande/jare geleer het was dat mense vrye komentaar geniet het en dat baie mense die ANC op die blaaie(soos ek) baie gekriteseer het. Dit het n golf veroorsaak wat baie teen die ANC was. Hul probeer nou die media beheer deur IOL/News24 voor te skryf maar dit gaan net daardie blaaie seer maak en ander deure oop maak.

Peet Schabort ·

Ook dank teenoor Maroela van my kant. Die wonder van menswees is ook om van mekaar te verskil. Om egter die bal te speel en nie die man is van belang.

Winston ·

Peet ek stem saam. So baie mense speel die man. Dankie Maroela dat ons nog kan deelname hê op berigte. Voel ek kan soms my TV verkrummel omdat ek niks kan sê nie en net die leuens moet kyk en shutup.

Heinrich ·

Ek stem saam Winston; daar is nog denkende mense in die land oor wat nie alle propaganda vir soetkoek opeet nie!

Shannon ·

Die eerste beginsel van linkse politiek – as die werklikheid jou nie pas nie, ignoreer dit, of beter nog, verban dit.

Sarie ·

Wat ek opgemerk het by bogenoemde mediahuise asook Netwerk24 dat die joernaliste se beriggewing partykeer so swak en bevooroordeeld is veral teen die sogenaamde regse groepe dat dit grens aan belaglikheid. Maroela is genadiglik nog baie neutraal soos dit hoort. Baie Suid-Afrikaners lewer dan kommentaar om partykeer verdraaide feite reg te stel en dit word as rassisme gesien. Wat ek merk by Netwerk24 se kommentare is dat as daar negatiewe kommentaar op sekere joernaliste se berigte is daar ‘n juigkommando is wat die joernaliste met kort nikseggende opmerkings en voorspelbare retoriek probeer verdedig.

Paul de Beer ·

Dis eenfoudig, maak dit so dat die kommentare nie annoniem kan wees nie. Daar moet tog manier wees om dit reg te kry. Te veel mense kruip agter annoniem weg. As jou naam daar verskein sal jy twee keer dink voor jy jou twak daar uitblaker.
Ek glo dat die lesers hulle menings moet kan lig. Dit toon die gevoel oor aktuele sake en dien as maatstaf op waarheen tendense nyg.

Swanna ·

Paul ek stem volkome met jou saam. Mense wat anoniem wil kommetaar wil lewer moet nie toegelaat word nie. Selfs op die radio moet dit gestop word. As jy iets wil se, se dit maar wees verantwoordelik vir jou uotspraak en nie ‘n klom twak kwyt raak en wil anoniem wees nie dan is jy eintlik lafhartig vir jou self. Dit is ook nie ‘n vooreg om kommetaar te lewer nie, dit is jou reg om dit te kan doen want volgens die grond wet is hierdie ‘n demokratiese land.

Paul ·

Swanna, dit is g’n jou reg om op ‘n internetblad wat deur iemand anders besit en bedryf word, te kan kommentaar lewer nie. Geen blad MOET jou die geleentheid gee vir kommentaar nie.

david ras ·

Net nog ‘n nuusforum wat sensuur toepas. Hulle kan enige twak skryf en jy as leser moet dit maar sluk. Teken jy protes aan moet dit per brief wees en is die plasing onderhewig aan die begripsvermoe van een of ander woordsmousie in die nuuskantoor.

Rassisme ? As mens regstellende aksie, swart bevoordeling of kwotas as rassisme beskryf is jou skrywe in die asblik ?
Ag nee wat, net nog ‘n SA weergawe van PRAVDA.
Lyk vir my die media huise word nou direk beheer uit Luthuli huis

Oom Piet ·

Mooi so Maroela,
Baie diesulkes gebruik kommentaar om hulle sotheid te openbaar, met hulle kwaadwillige bagasie. Dit is vir my deurentyd verfrissend om van party lesers se deurdagte sienswyses kennis te neem. Dit is juis hierdie mense wat my hoop gee vir die toekoms.
Bek gevegte en persoonlike aanvalle hoort nie hier tuis nie.
Oom Piet

Remondo ·

Ons is boere en het maniere, Dankie Maroela julle gee ons darem n stem om te se hoe ons oor sake voel, lyk my ander nuus media wil nie komentaar publiseer wat mense dink nie, seker maar te naby aan die verkiesing?

Annette ·

Dankie Maroela. Iets eat my omkrap is op Nuus24 kan jy net 1 of 2 artikels lees dan moet jy inskryf om die koerant te koop maar op News24 kan jy soveel artikels lees as wat jy wil. Hoekom moet mens altyd ten duurste betaal net omdat jy afrikaans is. Hoop julle gaan ons ook nie so straf nie.

SI ·

Ek kan heeltemal verstaan waarom Maroela Media se lesersgetalle so gegroei het. Ons (as blanke Suid-Afrikaners) het maar min platforms waar ons ook ons opinie kan lig oor sekere aspekte in ons land. Daarom wil ek ook vandag my dank uitspreek aan Maroela. Behalwe dat ons nog toegelaat word om al die nuus gratis te kan lees, mag ons nog verantwoordelike opinies hê. Mag jul net van krag tot krag gaan!

humor ·

Maroela, ek reken julle kan regtig nog strenger wees deur skelwoorde en verbloemde vloekwoorde met allerlei leestekens uit te sny. En moenie toelaat dat ons in die proses in mekaar se hare beland nie.

Riaan Slabbert ·

Dankie Maroela, al mag ek nie meer kommentaar lewer nie, kan ek darm nog nuus kry. :-)

Sussan ·

MAROELA julle laat ‘n Afrikaner hart sommer warm klop. Dankie vir dit.

Leon ·

Die winde van verandering waai……die huidige “regering” hou die van kommentaar teen hulle so in hulle gesig nie………hulle “struggle” nog……het glad nie die vermoens of wil om te regeer nie!

Johannes Meintjes ·

Nuwe ordes van oorheersing en onderdrukking en hulle kommunikaaie of lakei mondstukke het nie die burgery se inset nodig nie. Solank ‘n mediagroep nog die belange van geregtigheid verteenwoordig, is die objektiewe en konstruktiewe inset van die landsburgers ‘n uiters waardevolle bate vir die instandhouding van volhoubare bedelings in volle Skriftuurlike orde.

Maggie ·

Ek dink nie Maroela is noodwendig die beste as dit kom by kommentaar ens nie hulle is ook maar lekker partydig soms en delete kommentare wat hulle nie aanstaan nie.

Hedwig Schoonraad ·

Kommentaal is nodig! Verwyder net aub onbeskaafde/beledigende kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.