Nog ʼn Mej. Wêreld vir SA

Janie Erasmus nadat sy as mej. Doof Wêreld aangewys is.

Janie Erasmus nadat sy as mej. Doof Wêreld aangewys is.

Die 27-jarige Janie Erasmus, Mej. Doof Suid-Afrika, is as Mej. Doof Wêreld aangewys.

Erasmus is Saterdagaand tydens ʼn spoggeleentheid in die Tsjeggiese Republiek as die wenner aangewys. Sy is in Oktober as Mej. Doof SA gekroon.

Die skoonheid van Pretoria se ouers het vasgestel sy is doof toe sy agt maande oud was. Sy is ʼn opgeleide skoonheidskundige en werk as ʼn finansiële administrateur vir ʼn maatskappy in Midstream.

Erasmus is in Newcastle gebore, maar haar ouers het toe sy vier jaar oud was na Pretoria getrek sodat sy gespesialiseerde onderrig kan kry. Sy het matriek aan die Hoërskool Eldoraigne behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

manie ·

Baie baie geluk en mag jou vreugde vir solank as moontlik aanhou?????

Ander Koos ·

Baie geluk aan Jani en haar ouers! Merkwaardige prestasie en span die kroon op hulle opoffering en deursettingsvermoe

TVR ·

Baie baie geluk Janie! Jy maak ons voorwaar trots geluk asn jou ouers! Jy is n voorbeeld vir die dowe gemeenskap en jy het n Mej Wereld titel agter jou naam!! Whoehoooo you go girl!!

TVR ·

Geluk Janie! Jy is voorwaar n voorbeeld vir die dowe gemeenskap! Jou ouers bars seker van trots! Well done girl!

M A ·

Baie, baie geluk. Hoekom moet dowe meisies in hulle eie kategorie meeding? Is hulle skoonheid anders as dié van horende meisies? Ek dink die reëls vir Mej. Suid Afrika en Mej. Wêreld moet so geskryf word dat alle meisies daarin kan deelneem. Dis n bietjie beledigend dat dowe mense as “anders” beskou word. Aan die ander kant het dowe meisies hulle eie rolmodel in n aparte Mej. Wêreld.

Trudi ·

Mooiste nasie, maar ook die meet korrupte. Hoe bring jy die 2 bymekaar? Pragtige vrou. Baie geluk. Jy maak ons trots virus n keer!

Jacoba ·

Die Hart van dowe is spesiaal kan bevestig my dowe vriende LUISTER met die hart. Baie geluk.

Tc ·

@MA,ongelukkig word die dowe en hard horendes word uitgeskuif deur meeste normale mense in die gemeenskap soos ander gestremdes ook,ja ek kan dit sê want ek is ook hardhorend al van geboorte af.Nadia en Gert Els(Wat ook albei doof is)het die insiniatief jare gelede begin vir die meisies,maar ook ongelukkig sukkel hulle om borge te kry elke jaar en hou fonds insameling om die meisies die geleentheid te kry.Ongelukkig moet ons gestremdes altyd veg vir n plekkie in die son met werk en erkenning te kry.

Anneleen Duvenage ·

Wat vir my sê sy is werklik besonders, want sy het nie toegelaat dat sulke struikelblokke haar verhinder nie, sy het gefokus op haar doelwitte en haar sterk eienskappe ipv om haarself jammer te kry oor haar gestremdheid.

E ·

Shoe Jani jy is soooo mooi! Baie geluk. En mag ek maar my hoed vir jou ouers afhaal.

Estelle de jongh ·

Baie geluk! Trots op hierdie wonderlike mylpaal. Geniet jou jaar van Mej Doof SA

Lanie Oosthuizen ·

Dis met groot trots dat ek, as Janie se tannie, haar gelukwens met die groot prestasie en mylpaal. Sy is binne en buite ñ pragtige jong dame, en ons is ongelooflik trots op haar, asook haar ouers Fanie en Anette . Dis ñ groot eer om deel te wees van haar lewe.

foxi ·

Ek is so trots op haar!!!!Baie, baie geluk.
Daar is ook soveel gestremdes wat NIKS wil doen nie. Hulle dink die wêreld skuld hulle.
Maak nie saak hoe gestremd jy is nie….JY KAN DIE WÊRELD VEROWER. :)
Hierdie jonge dame is n pragtige voorbeeld. WOW!!

Karma ·

@foxi – ek stem oor die gedeelte van jou kommentaar waar jy sê daar is so baie gestremdes wat dink die wêreld skuld hulle iets omdat hulle gestremd is. Weliswaar, daar is mense wat multi-gestremd is wat regtig niks vir hulself kan doen nie (bv. mense wat doofblind en fisies erg gestremd is) wat werklike hulp nodig het. Hier in Worcester – “The Care Capital of the Country” – is organisasies vir Dowes, Blindes, Multi-Gestremdes, Fisiek Gestremdes ens. ens. ens. Vir dié organisasies gee ek graag, maar vir die vuil, bedremmelde, dranksugtige persoon wat op die hoek sit en bedel in ‘n rolstoel, gee ek niks nie. Baie, baie geluk Jani – met jou prestasie. Jy maak ons almal dankbaar vir wat ons het.

Wern ·

Geluk! Ons is n mooi, sterk en slim nasie en kan trots wees op onsself! Dankie Janie dat jy so hard werk.

Landie ·

Baie geluk Janie!!! Wat ‘n wonderlike prestasie!!!! Geniet jou jaar as Mej Wereld!!!!

Joann ·

Baie geluk. Jy is so pragtig. Go girl. Hoop jou net die beste toe.

Miggie ·

Baie geluk Janie!! Dis vir my ‘n vooreg om jou te ken en te weet dat jy ‘n waardige Wenner is en nog baie ver gaan kom. Narda en Gert dankie vir die wonderlike platvorm Waar hierdie ongelooflike meisies kan wys dat hulle nie ‘n tree terug hoef te staan net omdat hulle ‘n gehoor gebrek het. Ook dankie aan Levina , jy gee jou alles vir die meisies. Ek is bly om te Sien hoe ver die Mej Dood kompetisies gekom het desert ek Narda en Gert in 2005 ontmoet het. Well done!!!!

Connie ·

Baie geluk meisiekind. Jy is pragtig. Ons het ook so ‘n mooi dowe in ons familie. Hulle go getters hoor. Niks is te groot of te moeilik nie.

thea ·

baie geluk, hoekom so n swak foto, wat af gesny is
sy hoort net soos mej wereld Roelene meer aandag, wat is die verskil sy is net doof
JY is Pragtig en verdien dit, kom Sarie, Rooi Rose, Finesse, Huisgenoot, Kwela doen julle deel nou

Pienkes du Plessis ·

Dit verbaas my telkens dat meeste mense die naam Janie sonder die -e aan die einde spel. Dit foeter sonder ophou met die on-afrikaanse Jani. Asseblief mense!

Chantelle ·

Baie geluk my Vriendin. So trots op jou !!! jou drome het eindelik baie waar geword!!

Nico ·

Pragtig meisie kind wys hierdie ander wat te lui is om iets te doen wat niks makeer hoe word dit gedoen sterkte vorentoe vir die jaar maar moenie op hou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.