Nog ’n ‘mini-biblioteek’ vir siggestremdes in Wes-Kaap

(Argieffoto: Jamie Taylor/Unspslash)

Die Wes-Kaap het tot dusver altesame 27 sogenaamde mini-biblioteke oopgestel vir siggestremde inwoners in landelike gebiede in die provinsie.

Nog só ʼn biblioteek is in die Riversdal-omgewing geopen.

Reagan Allen, Wes-Kaapse woordvoerder oor kulturele sake en sport, sê benewens die diens wat die biblioteke aan siggestremdes lewer, bied dit ook ʼn tuiste aan diegene met disleksie, gestremdheid of beperkte leesvermoë om makliker toegang tot letterkundige hulpbronne te kry.

Die mini-biblioteek het sagteware wat dít wat op die skerm verskyn, kan lees, asook leeshulptegnologie.

Die biblioteekspan doen ook uitreike in die gemeenskap by ouetehuise en organisasies wat gestremdes bedien om hulle toegang tot oudioboeke te gee.

“Die mini-biblioteke is ʼn enorme bate vir ons landelike gemeenskappe en dra by tot die inklusiewe ontwikkeling van alle inwoners, ongeag hul gestremdheid.

“Biblioteke speel ʼn belangrike rol in die samelewing en dit is bemoedigend om te sien dat die provinsiale departement daartoe verbind is om te werk vir diegene wat vantevore weens ʼn beperking gesukkel het om toegang tot hulpbronne te kry,” sê Allen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.