Nog ʼn minister hof toe oor staatskaping-verslag

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Nog ʼn minister gaan om ʼn hofinterdik aansoek doen om te verhoed dat Thuli Madonsela se finale staatskaping-verslag bekendgemaak word.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het in ʼn verklaring bekend gemaak hy sal om die interdik aansoek doen om te verhoed dat die verslag bekend gemaak word hangende ʼn hersieningsaansoek om die verslag tersyde te stel.

Zwane voer aan hy het “geen ander opsie” gehad as om die by die saak betrokke te raak nie, aangesien hy nie die geleentheid gegun is om te antwoord op bewerings teen hom nie. Die bewerings is vervat in ʼn brief wat die openbare beskermer aan hom gestuur het.

Hy meen die verslag is oorhaastig saamgestel sonder dat sy grondwetlike regte in ag geneem is.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is ook Maandag weer hof toe in ʼn poging om te verhoed dat die verslag bekend gemaak word.

Van Rooyen het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer ʼn hofaansoek ingedien om te keer dat Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskaping-verslag bekendgemaak word.

Hy was in Desember vier dae minister van finansies nadat pres. Jacob Zuma Nhlanhla Nene in die pad gesteek het en voordat Pravin Gordhan weer as minister van finansies aangestel is. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, is een van die regeringsamptenare wat beweer het die Gupta-familie het hom ʼn werk aangebied as minister.

Madonsela sou die verslag op die laaste dag van haar termyn as OB bekendmaak, maar is ter elfder ure gekeer om dit te doen, nadat Zuma ʼn interdik aangevra het om die bekendmaking van die verslag te verhoed. Zuma se aansoek sal vandeesweek aangehoor word.

Die staatskaping-verslag word intussen veilig bewaar in ʼn kluis in die kantoor van die OB se hoof van regsdienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jakes ·

My, jou en elke belastingbetaler se geld! Hierdie minister weet van mynbou en hulpbronne minder as wat my kat weet van finansies. Gupta geld het sy hande gevryf.

Wonder maar net ·

Hoekom wil hulle skielik verslag keer.
Hier kom n deng.
N lelike deng,wonder hoeveel is nog betrokke

Johann spies ·

As hulle dan onskuldig is hoekom wil hulle die verslag keer? Ek hoop nie dit word toegestaan nie. Rk dink Thuli het niks oorhaastigs gedoen nie.

JR ·

Daar word gese een aartappel maak die sak vrot. Ha ha. Die hele sak is vrot. Ai siestog….en geen landburger vang die reuk nie…

lynette ·

Ek ruik n Gupta. Minister van minerale hulpbronne = Gupta myne.

Petro ·

Hoe lyk dit nou vir my of almal nou bang raak en uit die gate begin klim. Kry vir julle!

Aitsa ·

Interressant, so kom die lakeie een na die ander tevoorskyn

Johann ·

Dis wat gebeur as jy saam Zumpi in die sandput gepipi het….hehehehehe. Jy moet keer dat die andr Zumaikies ook uitgevang word. Skelmbootgatspoke wat nou opkom vir lug…

Ampie ·

Hierdie Zumpi verkleinwoordjies irriteer grensloos vir die uitgeslape president. Johanntjie, kan jy nie maartjies die regte woordjies gebruik nie…

Anoniem ·

Hoe harder daar probeer word om Thuli se befaamde verslag onder die mat in te vee, hoe nuuskieriger word ek om te weet wat staan in daai verslag!!

Chris ·

JR as aartappels af gaan begin dit uitloop en kan dit weer geplant word. Daar uit spruit weer Lewe. Dink liewer aan dooie vis wat in n dam lê wat leeg geloop het.

Piet ·

Hi Chris, ek stem saam met JR. As ‘n dam opdroog en daar le visse kan al wat watervoel is gaan vreet. n Vrot aartappel aan die ander kant gee nuwe betekenis aan vrot. Die stank van n vrot aartappel sal jou enige tyd ‘n kat laat skiet. Dis ‘n akurate manier om Zuma en kie te bekryf.

bakoor ·

Die Guptas soek hulle pond vleis vir al die miljoene wat hulle die no1 en Sy kaders met gehelp het. Nou is bynes geskud.

GES ·

Die wêreld raak nou warm en te klein vir die korruptes. In die dae wat kom gaan nog baie opspraakwekkende dinge gebeur. Kan nie wag dat die verslag openbaar gemaak gaan word nie.

Alida ·

Kom ons vertrou die Edele Regter is objektief in sy/haar beslissing en laat die verslag uitkom vir eens en vir altyd. Dan eers kan die regte besluite gemaak word oor wie bly wie gly en vir wie wag daai klein kamertjie met die klapperhaar matras. Hardloop no 1.

Lizelle ·

Ja nee duidelik gee hulle hulself weg dat Tuli se verslag iets inhet wat niemand moet sien nie. Die hele spul is vrot van korrupsie.

Manie ·

Interessant. Wonder wie is die volgende minister wat hom ook op die hof gaan beroep om beskerming en naamskending te pleit. Ministers van sports en valse beloftes, minister van petrol,diesel en Russiese kernkrag?

cor ·

Ja ne daar is nie verniet in hulle bele nie nou moet hulle keer en waarde toevoeg aan daardie korrupte vehouding . Die staatskapers soek hulle pond vleis

KP ·

n Aartappel wat vrot is kan nie uitloop nie hy stink en laat die ander ook vrot. Moenie jou onkunde hier adverteer nie asb.

Hoop die hof doen die regte ding en stel die verslag vry. Dit is hoogtyd dat hierdie narre gestuit word voor nog skade.

Jakes ·

Het die regering die vertroue in NI en Valke om daardie kluis te bewaak? Vorige baas van NI het dan nie eens geweet sy vrou beplan sy selfmoord en smokkel dwelms! Ek dink daardie verslag het Stompie se paadjie geloop.

Alida ·

Ek kan glo volwasse mense stry oor vrot aartappels nie. Word groot asb.

JR ·

Alida
Lees tussen lyne. Interpreteer die wyer betekenis. Volg daaglikse kakafonie rondom wat ons politiek noem. Ek braak sommer oor vrot aartappel EN vis. Sal behoorlike een wees!!!!

sj ·

Het ek dit verkeerd of moet die vorige OB se verslag mos geld,sy was tog minstens in die pos gewees toe die verslag opgestel is. Die nuwe OB moet dit net bekendmaak,wat is so moeilik .

humor ·

Ek sal se hoe meer van hulle prober wal gooi hoe dringender behoort die regter dit te oorweeg om wel die verslag bekend te maak. So hul aansoeke om dit ter syde te stel behoort eintlik teen hul te tel.

Ben ·

Snaakse ou volkie ons klomp wittes. Die OB se verslag is belangrik vir almal van ons. Daar gaan koppe waai en dinge gaan verander. Die verslag kan dalk lei na erger dinge soos ons Afrika ken. Dit kan gevaarlik raak as dit aan Zuma begin vat. Wat doen ons, ons stry oor vrot aartappels en wys mekaar op die wetenskap van groei. Dit is belaglik man. Kom by!

Realis ·

Ek dink daar is verdoemende getuienis teen no.1 en sy kornuite in daardie verslag. Buitendien weet hulle verseker wat daarin teen hulle geimpliseer word,.want hoekom keer hulle vir lewe en dood dat die inhoud bekend gemaak word.?
En is daar skoon, onkreukbare persone in die ANC leierskap wat kan oorneem.? Sover ek kan sien en hoor, het almal geraamtes in hul kaste.

Andre ·

Maak nie saak of hulle skuldig is nie die storie gaan vir n ruk daai en dan afkoel tot daar weer iets anders opduik om ons belasting geld te mors

CC ·

Publiseer die verslag en kry dit oor en verby!! Daar is ‘n vrot nes van kornuite wat uitgewis moet word sodat SA kan vorentoe beweeg en die herstel proses kan begin.
Vir te lank probeer hulle dit weg steek ,maar ons almal wat bietjie “savvy” het,,,,WEET!
Die OB het ‘n verpligting teenoor die algemene samelewing en dit is OPENBAARMAKING…Sy sal nie iets in die verslag insluit sonder die nodige bewyse nie. Laat die skuldiges dan nou maar verder ons belasting geld verkwis en probeer om hul onskuld te bewys. As ons dit aan die nuwe OB oorlaat,sal die verslag nooit daglig sien nie want sy drink lankal tee op Nkandla se stoep!!
Skud die blik wurms tot die laaste een uitval!!!!!

Francie ·

Wat my toenemend pla is die hoeveelheid sleutelposisies wat slegs deur die president gevul word – baie, baie ongesond. Die “flater” met die aanstelling van die vorige OB gaan verseker nie herhaal word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.