Nog ʼn minister opgeneem weens Covid-19

(Foto: Adhy Savala/Unsplash)

Thembelani “Thulas” Nxesi, minister van arbeid, is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat hy positief getoets het vir Covid-19. Hy is die tweede minister wat binne 24 uur weens die nuwe koronavirus opgeneem word.

Maroela Media het vroeër berig Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, is ook Maandagaand weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem.

Luidens ʼn verklaring wat deur die kabinet uitgereik is, het Nxesi ʼn week gelede positief vir Covid-19 getoets en was sedertdien tuis in kwarantyn. “Sy opname in die hospitaal volg op aanbeveling van sy dokters sodat hy toegang tot beter mediese hulp kan hê,” het Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, gesê.

“Ons wens ministers Mantashe en Nxesi albei ʼn spoedige herstel toe.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adriaan ·

Ek hoop hy is met n motorfiets ambulans na n staatshospitaal geneem waar n Kubaanse dokter hom gaan behandel.

Josh ·

Watwou, hulle gaan in privaat hospitale lê en deur wit afrikaanse dokters behandel word. Ek en jy sal moet staatshospitaal toe..

Sarah ·

Maak plek daar langs hom vir die talle wat nie mediese hulp kan bekostig nie toe.

Rose ·

Sal sekerlik eerstehandse kennis kry van die stand van die hospitale, of sal privaat klinieke die voorreg kry om hul te huisves.

Johann ·

Seker in n super luukse privaat eenheid? Hoe dan anders met sulke elite karakters? Sal bloot nie kan funksuineer as sy vlak van toegepaste logika en intelegensie moet verlore gaan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.