Nóg ʼn monument met verf geskend

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Anglo Boereoorlogmonument in Burgersdorp in die Oos-Kaap het ook nou onder vandale deurgeloop.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, het gesê groen verf is vermoedelik Dinsdag in die vroeë oggendure na die monument gegooi. “Die monument is net ‘n entjie van die ingang na die dorp. ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging is geopen,” het sy gesê. “Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.”

ʼn Herrie oor die skending van standbeelde het in die afgelope paar maande ontstaan, nadat talle standbeelde en monumente regoor die land geskend is. Die standbeelde sluit die standbeelde van Paul Kruger op Kerkplein in Pretoria, Koningin Victoria en die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, Andrew Murray in Wellington in die Wes-Kaap, Louis Botha voor die parlement in Kaapstad en Mahatma Ghandi in Johannesburg in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

ONS TAAL:

Ons ou’ers taal, ons erfnis goed,
Wat ower gaat, van bloed op bloed,
Van tijd tot tijd, van ouer op kind,
Hou dus mar stijf, mijn liwe vrind!

Die ‘Patriot'(koerant) doet goed en wel
Dat hij ons openlik vertel,
Wat ander tale ver ons doet,
Dit kan ons eie net so goed.

Die ‘Patriot’ doet goed en wel,
Met oek ons taal op skrif te stel;
Die vorms en reels goed na te spoor,
Te boek te stel soos dit behoor.

Versierde tale van ons tijd,
Die is ver ons te hoog, te wijd;
Dis moeilik om daar bij te kom
En kom ons bij ons blijf mar dom.

Ons kan dit lees, mar sleg verstaan,
Dus bring dit weinig voordeel aan;
Ontwik’ling word daardeur gestuit,
Want dit doof al ons leeslus uit.

Lat onse taal mar voorwaarts gaan,
Soos ander tale het gedaan.
Ons siet hij groei gestadig an,
Van kind tot knaap, van knaap tot man.

Ons moet ons erftaal nie verruil,
Al seg hul hij is dom en vuil;
Die andre tale was oek so,
Dis hoogmoed, wat dit nie wil glo.

Ons kan ons erftaal nie verruil,
Of ons sal net soos Ezau huil.
Ons sal ons net soos Ezau fop,
Toen hij sijn reg verruil ver sop.

Sijn huil het hom toen niks gebaat,
Dit was te laat ! te laat !! te laat !!!
Ons moet ons erftaal nie verruil
Of ons sal netsoos Ezau huil !

‘N REGTE AFRIKAANDER.

Voorgaande is aangehaal uit “Vijftig Uitgesogte AFRIKAANSE GEDIGTE (met prentjes).
Versameld deur F.W. REITZ (Hoofregter in d’Oranje Vrijstaat)
Gedruk 1888 deur “ARGUS” DRUKKERS, EN UITGEVERS MAATSCHAPPIJ (BEPERKT).
—————————————————————————————————————-
Glo nie ek het nodig om iets verder te sê ?

Andre ·

Eers moes die blerrie Britte al daardie standbeeldegroep vernietig, en nou na 115 jaar is dit weer die doelwit? En ja, dit is mijn taalmonument daar in Burgersdorp. Groeten uit Nederland.

Nico ·

Die 1 in die agtergrond sonder ‘n kop is so ver ek weet die oorspronklike taalmonument wat deur die Britse soldate tydens die Anglo Boere oorlog beskadig is. En dit was natuurlik opgerig ter wille van die Nederlandse taal en nie regtig vir Afrikaans nie. Maar dit verander natuurlik niks aan die daad en dit wat beoog is deur die vandaliste nie. Wit is vir hulle wit.

Peet Schabort ·

Korrek Nico maar ek kon net nie die Afrikaans uitlos !

zahn ·

Wil julle hê daar moet groot marakas kom? Raak net aan een standbeeld van mandela. Enige plek, dan sien julle hoe draai die rook.

sarie ·

Dis ‘n plan,dan sal hulle weet hu voel ons .Miskien moet iemand dit probeer.

Andre ·

In Sandton en by Uniegeboue (hoe ongetransformeer!) is beelde van Mandela. Daar is ook “Tshwane” wat uitgedink is by die Pta stadsaal. Maar oppas vir hoogverraad van die hoogste graad.
Volgens die regering maak ons beelde hulle seer. En hoe voel ons as dit so gevandaliseer word? Seker dankbaar uit erkenning? Glo nie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.