Nóg ʼn moontlike sinkgat in Centurion

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

Nog ʼn gedeelte van die besige Jeanlaan in Centurion is vir verkeer afgesper weens sinkgatgevaar.

Samkelo Mgobozi, woordvoerder van Pretoria se burgemeester, Solly Msimanga, het Vrydag aan Maroela Media bevestig nóg ʼn gedeelte van Jeanlaan is afgesper weens ʼn hoërisiko- geologiese toestand.

“Die linkerbaan van Jeanlaan-Oos, ná die kruising met Suidstraat net ná die Ridgeback Village-restaurant, is afgesper. Die onstabiliteit is opgemerk nadat ondersoekwerk in die omgewing deur boortoetse gedoen is,” het hy gesê.

Hy het gesê net die linkerbaan word tans in die omgewing van die gevaarsone afgesper. Die regterbaan bly steeds oop vir verkeer. Dit is nog nie bekend hoe lank die pad afgesper gaan wees nie.

Die afsperring volg kort nadat herstelwerk aan die reusesinkgat by die kruising van Jeanlaan en Gerhardstraat, sowat 1,5 km verder, in vroeër vandeesmaand begin het.

Maroela Media het vroeër berig dit gaan minstens R25 miljoen kos om dié sinkgat op te vul en die pad te herstel.

Die sinkgat het reeds grootskaalse ontwrigting in verkeersvloei en vir die omliggende sakeondernemings veroorsaak nadat dit in Mei vanjaar by die kruising gevorm het.

Kontrakteurs wat opknappingswerk in die omgewing gedoen het, het op dié sinkgat afgekom voordat dit heeltemal ingeval het. Die gat is minstens 12 m diep en so groot soos ʼn skoolsaal. Die dikte van die pad tussen die teer en die gat is slegs sowat 75 cm en die kruising is noodgedwonge vir die publiek en motoriste se veiligheid gesluit. Die aansluiting is een van die hoofroetes in Centurion wat nagenoeg 40 000 voertuie per dag hanteer en wat nou van alternatiewe roetes gebruik moet maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

E.K. die eerste ·

Daardie hele area is op dolomiet en sinkgate vorm op dolomiet.

Antowan ·

Centurion se me se ken darem nou al van sinkgat. Dis al vir solank daar mense woon deel van die lewe in Centurion. Heel huise is al die aarde ingesluk. Mense boer maar voort. Miskien kan meer inligting deur die Metro beskikbaar gestel word oor presies waar wat en hoe die dolomiet lê en hoe sinkgate se vorming gekeer kan word.

Lee ·

Ek wonder net hoe veilig is die Gautrein wat letterlik tussen hierdie 2 ge-affekteerde gate lê ??

Dit maak my nogal bekommer voel

Sakkie ·

25 mil , gebruik eerder grond en klip om die gat vol te maak

CHRISTA ·

Ek wil ook weet watter kosbare stof hulle gaan gebruik van TEN MINSTE R25 MILJOEN gaan kos? Dit klink weer soos ‘n “Nkandla scheme”!!!

Liekie ·

Ek wonder maar net HOE veilig is die gautrein in daardie omgewing ??

Christo ·

Eintlik is die hele land n sink gat .Die gate is net nie fisies sigbaar nie

Dian ·

Maar “China “, ek praat onder korreksie. Kan binne 24 uur n plan maak ek dit herstel. Hier vat dit maande om net te bepaal hoe lank hulle gaan vat…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.