Nog ’n moord ruk Upington

Upington (Wikimedia)

Die liggaam van ’n bejaarde vrou is Maandagmiddag in haar huis in Upington in die Noord-Kaap gevind.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê ’n familielid van dié 80-jarige vrou het omstreeks 13:00 op haar liggaam in haar huis in Gemsboklaan in Middelpos afgekom.

Sy het wonde aan haar gesig en nek gehad.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord, het Kock bevestig. ’n Soektog na die moordenaar(s) is van stapel gestuur.

Inwoners van Upington is opnuut geskok oor die jongste moord, skaars vier maande nadat die sakevrou Judith Redelinghuys (71) in haar huis vermoor is.

Redelinghuys se liggaam is op 30 Junie vanjaar in die swembad in haar huis in ’n woonkompleks langs die rivier op die dorp aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgemaak.

’n Deurbraak is gemaak nadat ’n man van die Louisvaleweg- informele nedersetting, digby Upington, op 4 November in hegtenis geneem is in verband met Redelinghuys se moord.

Enigiemand met inligting oor die jongste moord word versoek om AO Steven Roos by 082 693 7130 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Agter die skerms ·

My grootste vraag is hoe kan ‘n mens ‘n weerlose ou mens vermoor en waarvoor?

Maggies ·

Net lafhartige skurmunkels sal ‘n weerlose bejaarde aanval en vermoor.

Kokerboom ·

Ons lewe in ‘n abnormale siek samelewing in SA. Net ANC drogbeleid oor afgelope 26 jaar kan daarvoor blameer word

Werner ·

Nig n vreedsame optog wat kom dan wag ons maar vir die volgende lyk .

Genis ·

Dis deel van oorlogvoering, om die sagte teikens te slaan… Hulle is met opste besig om die oues uit te moor… So toets hulle ook die mag van die polisie en ons Geduld… Ons word gesien as mense wat nie kan saamspan en nog mider aksie kan vat..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.