Nóg ʼn moordklag teen genadedood-prof

Sean Davison. Foto: Facebook via DignitySA.

Prof. Sean Davison, stigter van Dignity SA wat reeds op twee aanklagte van moord teregstaan, sal nou van ʼn derde moord aangekla word in verband met die dood van ʼn man in 2015.

Davison het Maandagoggend weer in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Dignity SA het bevestig Davison word nou ook aangekla in verband met die dood van Richard Holland in 2015. Volgens berigte is Holland in November 2015 in Kaapstad dood nadat ʼn dodelike hoeveelheid medikasie aan hom toegedien is.

Volgens Dignity SA is die saak teen Davison tot 24 Mei uitgestel en sy borgtog is tot dan verleng.

Maroela Media het vroeër berig Davison is in September verlede jaar in hegtenis geneem in verband met die genadedood van sy vriend, dr. Anrich Burger, in November 2013. In November 2018 is ʼn tweede aanklag van moord teen hom aanhangig gemaak in verband met die dood van Justin Varian op 25 Julie 2015 in Fresnaye in Kaapstad.

Volgens die staat het Davison ʼn plastieksak oor Varian se kop getrek en helium daarin ingespuit om hom te versmoor. Varian wou glo sterf.

Davison is ʼn kampvegter vir genadedood en beywer hom vir die verandering van wetgewing om verstandelik bekwame volwassenes die opsie van ʼn “waardige dood” te gee.

Hy is in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem nadat hy sy ma, wat terminaal siek was met kanker, ook gehelp het om haar lewe te beëindig. Hy was vyf maande in huisarres in Nieu-Seeland, en het in Mei 2012 na Suid-Afrika teruggekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wilma ·

Ai die man kani ander se lyding hanteer. Die wet moet hul liewer toespits daarop om verkragters en ander moordenaars te arresteer

IK ·

Ek is ‘n voorstaander van genadedood maar het ‘n probleem van wanneer aangesien wonderwerke nie net in Bybelse tye gebeur het. Indien jy afgeleef en terminaal siek is en by jou volle verstand is en verlos wil wees van jou lyding wat ‘n folterende pyn geword het, wat dan?
Ons as Christene laat toe dat paartjies kinders hê wat verstandelik vertraag is of ander gebreke het terwyl daar vooraf reeds vasgestel is van die moontlikhede. Hierdie is nie ‘n maklike gesprek om te voer.

Eunice ·

Geweldige moeilike kwessie, om oor te bepeins jaaa…
Persoonlik,sou ek graag n keuse wou hê, om genadedood te mag kies as uitweg,sou ek ooit pal in pyn moes wees, ernstig siek moes wees,my lewenskwaliteit en funksies sou moes verloor en regtig ñ fisiese of finansiële oorlas moes wees vir my kinders

Blommie ·

Dis alles behalwe n waardige dood om n sak oor iemand se kop te trek, liewe genade…
Hoekom kan genade dood mense se organe nie geskenk word en so n ander se lewe red nie. Ek voel bitter jammer vir iemand wat daar moet staan in hulle lewe en voel dat daar niks verder is om voor te lewe nie.

Toontjie ·

Blommie, dis gewoonlik terminale siek pasiënte met kanker waarvoor daar geen hoop meer is, en hulle organe kan nie geskenk word nie. Waar aktiewe genadedood oorsee gewettig is, is uitsluitsel tot genadedood as die pasiënt in sulke gevalle ook depressief is.

Wicus ·

Ek ook ten gunste van genadedood met baie streng reëls om dit te beheer. Weens moderne medisyne word mense se lyding onnodig verleng.

Sterkte Prof!

Griet ·

Dink ook om iemand kunsmatig met pynstillers en geweldige duur medikasie aan die lewe te hou,wat nie meer WÍL LEWE NIE…is ñ groter sonde teen die mensdom en oneer aan God

Willie ·

En dan later kom ons by die vriendelike huisbreker wat getuig dat die ou bedleënde eienaar het hom gesmeek om hom dood te skiet want hy wou nie langer leef nie. Pasop vir genadedood, dit word gedryf deur mense met verskuilde agendas. Later raak hulle ontslae van al die ou mense wat die pensioenfondse “leegmaak”.

Anon ·

As jy gesien het wat ek gesien en ervaar het in ‘n privaat hospitaal met my ma se sterfte, sal jy veel eerder versigtig vir hospitale wees wat bloot deur geld gedryf word en waar nuwe Suid-Afrika personeel oumense terroriseer, vuil los en dreig met die dood. Genadedood is immers ‘n keuse en regters is nie dom soos grond en onbevoeg om deur omstandighede te sien nie, hulle kan sekerlik onderskei. Dan weer, kanker is ‘n multi-biljoen dollar industrie wat mense veel eerder lewendig laat doodgaan en mense van hulle laaste paar rand beroof.

Harry ·

Duisende aborsies in SA is ook moorde wat met die komplimente van die ANC regering daagliks plaasvind – hierdie “wettige” aborsie-moordenaars word egter nie aangekla nie, maar hul dag van afrekening sal wel plaasvind.

Eld ·

Baie sterkte Prof!! Jy Word onbillik hanteer!! Ander kom vry daarvan af en Jy is gemerk!! Voel bitter jammer vir jou! Ek is ook ‘n voorstander vir genadedood!

Peet J ·

Indien die prof. skuldig bevind word aan moord dan kan hy, gesien in die lig daarvan dat hy ‘n voorstander van genade dood is, sekerlik aansoek doen dat hy op dieselfde wyse as sy slagoffers tereggestel word i.pv. om die belastingbetaler se geld te mors deur in die gevangines te gaan sit. Om ‘n persoon van sy lewe te ontneem is moord, genadedood word vereenselwig met ‘n persoon se lyding wat die betrokke persoon oor hom /haar self gebring het asgevolg van ongesteldheid met die doel om ‘n langer of gesonder lewe te kan geniet en gevolglik moet die persoon mos tevrede wees met sy /haar toestand. Die dood sal kom wanneer die tyd daar is.

Willem Grobler ·

Ek is dankbaarvdat ek nie hierdie saak moet bereg nie! Maar die opsetlike doodslag van ‘n mens is moord – hoe kom jy dáár verby? Daar mag dalk versagtende omstandighede wees…

GM ·

Peet, gaan jy dieselfde sê as jy terminaal siek word en soveel pyn moet ervaar soos talle terminale kankerlyers elke dag mee moet saamleef? Glo my, dis nie ’n mooi prentjie om te sien hier teen die einde nie.

Ek stem ook nie saam met die ‘jy bring dit oor jouself, so jy moet dit maar aanvaar’ deel nie. Wat van al die baba’s, en klein kindertjies wat met kanker gediagnoseer is? Watse ‘sonde’ het hulle gedoen om dit te verdien? Of verdien hul dit omdat hul ouers, of hul grootouers gesondig het? Hoe regverdig is dit dan?

Elke terminale siek persoon behoort die reg te hê om te kan kies of hul wil lewe, of sterf – Nadat hul vir behoorlike evaluasies en berading gegaan het natuurlik.

Toontjie ·

Ek stem saam met GM. Elke mens het die reg om menswaardig te sterf, al is dit nie almal beskore nie. Erkenning en eerbieding moet aan ons regstelsel gegee word dat aktiewe genadedood huidiglik onwettig is.

Abel ·

Ek kan verstaan as iemand baie siek is en seer het dat mens nie meer wil lewe nie……. maar genade dis moord, of dit nou selfdood, aborsie of genade dood is, dit bly MOORD en wat leer die Bybel vir ons van jy mag nie moord pleeg nie…. al hierdie siek dinge wat elke dag maar aanvaar word, dryf of mensdom al hoe verder weg van ons Skepper af!!

Stebastiaan ·

Dankie dr PE van der Dussen laat die mens leef volgens GOD se WET.

JE ·

Peet J, jou opinie en uitlatings is totaal en al belaglik. Spreek jou asb uit oor onderwerpe en siektes waarvan jy wel kennis dra. Ek glo nie jy besef wat jy kwytraak nie.

Sarel ·

Gevoelige en emosionele onderwerp waaroor nooit ooreenstemming bereik sal word nie. Die vraag kan wel na reg gevra word . Hoekom vervolg oor ” sterfteassisering” maar ” a borsie” word nie net toegelaat nie maar ” as ‘n reg beskou”

Heksie ·

Moeilike onderwerp, maar ek dink dit moet ter tafel gelê word in die parlement vir debat.
Sal eerste keer in ‘n lang tyd wees dat daar oor iets sinsvols gedebateer sal word.

Persoonlik dink ek, ek sou ook eerder wou sterf (genade dood) as om te ly.

Martha de Waal ·

Los die man in vrede – hy het die leiding verlos en hul in vrede laat gaan. Ek sal graag wil he hy moet dieselfde vir my doen as ek in soveel pyn en leiding is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.