Nóg ʼn mosie van wantroue teen Ramaphosa

Vuyolwethu Zungula, leier van die ATM. (Foto: ATM)xDie parlement het ʼn nuwe mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa, wat met ʼn geheime stemming gehou word, van die ATM ontvang.

Die parlement het ʼn nuwe mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa, wat met ʼn geheime stemming gehou word, van die ATM ontvang.

Die appèlhof het verlede week ʼn bevel van die Wes-Kaapse hooggeregshof ter syde gestel waarin die ATM se versoek dat die stemming in die geheim gehou mag word, van die hand gewys is.

Die hof het beveel dat speaker Thandi Modise se vorige besluit ter syde gestel en hersien moet word. Luidens die uitspraak het Modise nie verstaan dat die ATM nie ʼn geheime stemmery hoef te regverdig nie, maar dat sy verskeie kwessies moet oorweeg sodat LP’s hul plig sonder vrees vir weerwraak kan doen.

Die appèlhof het voorts bevind die magte van die speaker behoort nie aan haar nie, maar aan die mense van Suid-Afrika. Dit kan dus nie arbitrêr uitgeoefen word nie, maar moet redelik wees.

Volgens die ATM noodsaak verskeie van Ramaphosa se mislukkings die mosie van wantroue. Dit sluit in rekordhoë vlakke van werkloosheid, beurtkrag, rekordvlakke van onreëlmatige besteding, korrupsie met persoonlike beskermingstoerusting in die stryd teen Covid-19, die ineenstorting van talle staatsbeheerde ondernemings, irrasionele inperkingsregulasies, en die misleiding van Suid-Afrika oor verpligte inenting.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê die ATM se motivering vir ʼn geheime stemming tref ʼn vergelyking met die kwessies wat in 2017 geheers het, toe die Konstitusionele Hof sy uitspraak oor die UDM se oproep vir ʼn geheime stemming gelewer het. Die hof het destyds beslis ʼn geheime stemming is nodig wanneer die heersende atmosfeer “toksies of uiters gespanne” is.

“Die ATM voer in sy voorlegging aan die speaker aan ʼn geslote stemming is die enigste rasionele moontlikheid in die huidige omstandighede.”

Mothapo sê die speaker oorweeg die ATM se motivering vir ʼn geheime stemming opnuut.

“Sy sal besluit en haar besluit mettertyd bekend maak. Verlede week se uitspraak van die appèlhof bekragtig die magte van die speaker om te besluit oor die beste manier of prosedure vir lede van die nasionale vergadering om te stem soos sy goeddink en gerig deur die heersende agtergrond.”

Die ATM het twee setels in die parlement en het in Februarie verlede jaar al gevra dat die mosie van wantroue teen Ramaphosa by wyse van ʼn geheime stemming gedoen word. Die party sê Ramaphosa het sedertdien nog niks gedoen om hom van plan te laat verander nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kokerboom ·

Geen probleem met voorgestelde mosie maar vraag bly wie anders is tans daar wat werk kan doen? Vooruitsigte is “scary”

Cabytheron ·

Maak nie saak wie oorvat nie! Ons land is klaar deur die ANC se alie getrek! Ten minste sal daar rekenskap gedoen word.
Ramaphosa is nou die die ideale leier nie!

Herman ·

nog n korrupte persoon. Hulle sal seker nou druk vir n vroumens.

Cabytheron ·

Mooi so ATM! Presies waarom ek ook ‘n klag teen die president wil lê!

Chris dupreez ·

So jy wil ook hê dat Zuma en sy pêlle weer die land regeer.

Swerwer ·

Waarom ‘n geheime stemming. Is hul te lamsakkig om te erken dat hul wil oorvat omdat die
President hul dalk teegaan teen al die bedrog wat gepleeg is en nogsteeds gepleeg word.
Dit moet beslis Zuma aanhagers wees dit is hoekom.

Nie Verbaas ·

Wys my een van die groot visse wat agter tralies is. CR n klug met sy opruiming teen korrupsie. Net klein vissies se sake word gou verwerk.

Samuel ·

Ek het ook geen vertroue in NDZ se mondstuk nie, maar wie gaan by hom oorneem? NDZ of Mabuza? Altwee ewe gevaarlik.

RB ·

Kan daar nie sommer n mosie van wantroue teen die regering van die dag gebring word nie?

Behalwe kaders en kiesers wat nie van beter weet, is daar niemand wat hulle vertrou nie.

Bitter min demokratiese regerings verstaan hul pligte: jy is daar in diens van die burgers! Hulle betaal jou salaris. Jy wèrk vir hulle.
Stel jou voor as ‘n verkose regering met hierdie insig en gesindheid hul posisies beklee . . .

Nie Verbaas ·

Ekskuus tog, dien n mosie van wantroue in teen die hele ANC regering.

Elinette ·

Okay, okay …. Ramaparra moet miskien verantwoordelik gehou word vir baie goed, maar BEURTKRAG is nie een daarvan nie – dis nie HY wat maspale en kabels gaan afsaag/sny nie!!!! Dis julle eie mense, “our people”!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.