Nóg ʼn mosie van wantroue teen Zuma aangehoor

Argieffoto

Argieffoto

LP’s sal Donderdag weereens ʼn geleentheid kry om pres. Jacob Zuma uit die kussings te lig wanneer ʼn mosie van wantroue teen hom vir ʼn tweede keer in die parlement gedebatteer sal word.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Dinsdag gesê die party het uiteindelik skriftelike bevestiging van Baleka Mbete, die speaker van die nasionale vergadering, gekry dat die mosie Donderdag aangehoor sal word. Die DA het 20 dae gelede die mosie ingedien.

Sedertdien is die openbare beskermer (OB) se langverwagte staatskaping-verslag bekendgestel waarin daar bevind word dat Zuma moontlik die uitvoerende etiekkode oortree het. “Zuma het verwoesting in ons jong demokrasie gesaai en veroorsaak dat ons land agteruitgegaan het,” het Maimane gesê.

“Altesaam 783 aanklagte van korrupsie, Nkandla, die Al-Basjir-sage, die Guptas, staatskaping, die lys is eindeloos.” Maimane het beklemtoon dat talle ANC-veterane ook nou hul stemme by die burgerlike samelewing, kerkleiers, NRO’s, opposisiepartye en die sakegemeenskap gevoeg het om te versoek dat Zuma die trekpas kry.

“Dit is nie ʼn DA-mosie nie. Dit is nie ʼn ANC-mosie nie. Dit is ʼn onpartydige mosie wat al 400 lede van die parlement die geleentheid gee om óf namens die mense van die land te praat óf om Zuma en sy korrupsie te beskerm. Die president is deur die parlement verkies en moet daarom deur die parlement verwyder word,” het Maimane gesê.

“Suid-Afrika het verenig op ʼn manier wat ons nog nooit voorheen in ons demokrasie gesien het nie, om toe te sien dat Zuma en sy kring van korrupte makkers eens en vir altyd verwyder word. Donderdag moet ons die enigste platform gebruik wat grondwetlik tot ons beskikking is om die president te verwyder.”

Opposisiepartye is in Maart vanjaar tydens ʼn mosie van wantroue teen Zuma in die parlement gemaklik uitgestem. Altesaam 225 LP’s het teen die mosie gestem, 99 het daarvoor gestem en 22 LP’s het buite stemming gebly. Die DA het die mosie van wantroue teen Zuma ingestel ná die sogenaamde Nene-gate-fiasko.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

m ·

Almal moet nou net saamstaan oor die sinnelose en wrede moorde in hierdie land…

Schalk ·

DA julle bedoel goed maar Zuma word beskerm deur ander wat ook gaan val as hy onttroon word.

Johann ·

Laat hul per geheime stembriewe stem dan sal ons die ANC lede se werklike gevoel toets. In n oop stemming is die ANC-lede te skaam om teen Zuma te stem.

LOUIS ·

Ongelukkig ken ons klaar al die uitslag. Moet nie opgewonde raak nie. Die ANC staan bankvas agter hom en ‘n mosie van wantroue sal die ANC op die stadium skade aanrig. So eintlik gaan dit ‘n sleg se mosie wees maar sy vel is so dik dat hy deur die sleg se mosie gaan slaap

Johan ·

Die ANC en sy comrades is uniek- Another National Crisis – maar sit gaan ons sit met Zuma

Johann ·

Hoe graag ek ook al in totale naíewe hoop vashou aan wat reg is…wat is die kana dat die ANC n terwille van …ten koste van waarheid sal toepas? Nog NOOIT het die ANC eers erken dat Jacob Zuma die party onherroeplike skade berokken nie. Wat nog op n openbare platvorm soos die partement. So: Zuma gaan weer n geleentheid kry om of te sit en slaap uit totale disrespek…of sy siek greinslag giggel.te laat dawer. SIEK!

John ·

… die kanse is veel groter dat ons afgegradeer gaan word…

A ·

Ag asseblief!! Suid Afrikaners het nie ‘n vae benul wat saamstaan beteken nie. Hulle kan nie eens in ‘n krisis saamstaan soos water besparings nie. Daar is geen hoop vir die land oor nie. Elkeen weet beter as die volgende een of het ‘n beter opinie of oplossing. Soos ek gesê het – geen hoop vir hierdie land nie. Ons gaan erger as Zimbabwe wees.

Sally ·

Vergeet dit. ANC sal nie tern Zuma stem nie anders verloor 90% van hulle, hulle cozy jobs. Sal n ander manier moet jry om van hom ontslae te raak. Mosie is uit.

A ·

Liewe Maria, ek stem. Maar ons het HOM uit alles gehaal – skole, kerke, regering, huisgesinne, howe ens….. Wat verwag ons dan? Dan ons moet saamstaan en ‘n verskil maak. Nee, ongelukkig nie. Want dit impliseer dat ONS iets kan doen. Maar soos jy sê – ons wik, God beskik.

snoefie ·

teen die leier van die destydse geheime en militere vleuel van die anc stem? eh ah ah. dan sal ons stories hoor oor hoekom et, wit wolf, Eugene De kick, saw, sap ens tereggestaan het op dade wat hulle nie gepleeg het of betaal was om te pleeg deur ander partye as die liewe ontslape NP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.