Nóg ʼn motor stort by Voëlklip af

Die berugte krans by Voëlklip in Heroldsbaai. (Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)

Nóg ʼn motor het Saterdag by die berugte Voëlklipkrans in Heroldsbaai naby George in die Wes-Kaap afgestort.

Sers. Christopher Spies het Sondag aan Maroela Media gesê die polisie is besig met ʼn soek-en-reddingspoging nadat ʼn wit Mazda om en by 18:45 Saterdag by die krans afgestort het. “Meer inligting oor die voorval sal later bekendgemaak word.”

Dit is die tweede voorval in net twee maande en die vyfde voorval sedert Oktober 2019 toe Heidi Scheepers en haar twee jong kinders dood is toe die gesin se motor op dieselfde plek in die see gestort het. Die George-munisipaliteit het reeds meer as ʼn jaar gelede aan Maroela Media gesê hulle het reeds begin beraadslaag met belanghebbendes, onder wie die eienaar van die eiendom waarop Voëlklipkrans geleë is, om veiligheidsmaatreëls hier te verbeter. Daar het egter tot dusver klaarblyklik dadels van gekom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Vlooitjie ·

Dis verskriklik, en dinge sloer om die plek te beveilig omdat mense nie tot ‘n vergelyk kan kom daaroor nie omdat die gedeelte in privaat eiendom lê. Genade tog!

Nie Verbaas ·

En tot nou toe het nog niemand daaraan gedink om botsingversperrings daar aan te bring nie? Ongelooflik.

Colombo ·

Dit sal nie werk nie,Besoek die plek en kom tot ander insigte

Charles ·

Hoeveel mense wil die owerheid hê moet nog by Voëlklip sterf voordat hulle iets gaan doen? Die koste om ʼn veiligheidsreling, guard rail, op te sit is tog baie minder werd as die lewe van ʼn persoon of ʼn kind wie se hele lewe nog voorlê?

Daizee ·

Ons het na die laaste voorval ‘n paar weke terug verneem van plaaslike inwoners dat dié plek gesluit gaan word vir die publiek.

Casper ·

Ek is jammer as ek onsensitief klink maar so baie motors wat net daar afstort en dit is in alle gevalle vrouens en kinders.Dit is dus ‘n ideale plek vir selfmoord.Na die eerste insident van Heidi Scheepers kan mense mos besef dit is gevaarlik en wegbly.Hoekom is daar geen mans betrokke nie.Maak asseblief die plek ontoeganklik vir die publiek’n muur of sloot of staalversperrings.Wat gaan maak jy 18:45 daar.Dan moet jy by die huis wees.

Karel Kobus Kruger ·

Party mense kyk seker na die sonsondergang. n Muur gaan die uitsig belemmer.

Anti-Verkramp ·

Korrek. Ek onthou hoe ‘n inwoner van die plek hier gese het dat dit bykans onmoontlik is om per ongeluk daar af te ry.

sterk soos n beer ·

iets moet daaraan gedoen word. bou n muur of iets daar

LIEZL ·

Presies. Daar hoef noe veiligheidsmaatreëls aangebring te word nie. En iedereen wat daar ry, weet waarnatoe hulle ry. Dis n privaat eiendom, niemand mag daar wees nie

Karel Kobus Kruger ·

Mense moet net stadiger ry. Almal weet mos die plek is gevaarlik. Hoekom altyd alles wil toemaak? Dis nie die regering se werk om mense teen hulself te beskerm nie. Dis die persoon in die spieël se verantwoordelikheid.

JohanR ·

Wat gebeur hier by Voelklip : 1. Iemand wil self moord pleeg en gaan self oor. Dit kan jy nie keur nie maar jy kan die miskien verhoed deur verandering daar aan te bring. 2. Iemand skiet voorentoe instede om trurat te kies en gaan oor. 3. Iemand sit nie die handbriek aan, of waaneer die handbriek afgedruk is om te ry dan begin die motor voorentoe beweeg en die bestuurder paniek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.