Nóg ʼn motorreus in die sop oor vervalste data

Argieffoto

Die internasionale motorvervaardiger Nissan het dié week erken dat hy data oor sy brandstofverbruik en uitlaatgasse “doelbewus verander” het om dié koopopsie meer aantreklik op papier te maak.

Nissan het in ʼn verklaring gesê die vervalsing van data is ontdek nadat die vervaardiger hom oopgestel het vir vrywillige toetse van sommige van sy bedrywighede. Dit is nog nié bekend hoeveel voertuie deur die vervalste data geraak word nie.

Die vervaardiger het gesê die toetse van uitlaatgasse en brandstofverbruik het “afgewyk van die voorgeskrewe toetsomgewing”. Daarbenewens is inspeksieverslae opgestel “gebaseer op gewysigde meetwaardes”.

Nissan het intussen om verskoning gevra en gesê hy het ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur. “Nissan verstaan die besorgdheid wat belanghebbendes ervaar ná verlede jaar se skandaal oor die laaste voertuiginspeksieproses. Proaktiewe inisiatiewe om die herhaling van sulke kwessies te voorkom, het gelei tot die ontdekking van hierdie wangedrag – en die vervalsing van data is vir ons ʼn groot jammerte,” lui die verklaring.

Dit is nog onduidelik watter motors in die jongste skandaal geraak word. Dít kom kort nadat Nissan in Oktober verlede jaar nagenoeg 1,2 miljoen voertuie herroep het nadat die finale inspeksie van dié motors glo deur leerlinginspekteurs gedoen is wat nié behoorlike magtiging het om ʼn voertuig vir die verkopemark goed te keur nie. Die vervaardiger is daaraan skuldig bevind dat hy plaaslike wette, wat juis die inspeksie van ongematigdes verhoed, jare lank oortree het.

Motorvervaardigers wêreldwyd is onder die loep sedert dit aan die lig gekom het dat Volkswagen motors met onwettige sagteware verkoop het wat geprogrammeer is om uitlaatgasbeheerkontroles aan te skakel tydens laboratoriumtoetse en dit weer af te skakel wanneer die motor bestuur word.

Ondersoekbeamptes het destyds bepaal dat die voertuie meer as 40 keer die wetlike beperking op stikstofoksied uitlaat, wat tot asemhalingsprobleme vir mense kon lei. Die motorvervaardiger het in 2017 ʼn plan aangekondig waar hy meeste van die dieselvoertuie sou herstel wat betrokke was in die skandaal.

Bykomende bronne: Forbes, Euronews

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hessie ·

Wat kan ek doen. My afgetrede buurman het ‘n groot diesel monstrositeit en nêrens om te gaan nie. Dan trek hy die ding uit die garage in die oggend en laat hom luier vir ‘n half uur na 45 minute. Vanaand trek hy weer die ding terug in die garage in en laat hom weer vir ‘n uur luier. Voëltjies val dood uit die lug uit van die besoedeling en die geraas van die luierende enjin besoedel my ore.

Vraagteken ·

Hessie, ek voel jou. Al die mense koop hierdie diesel voertuie, en dan hoor hulle iewers hulle moet hom laat luier om die leeftyd van die aanjaer (turbo) te verleng. Die feit van die saak, dit maak nie so ‘n groot verskil op die leeftyd van die voertuig nie.

Mense wat diesel voertuie koop is eintlik selfsugtig. Hulle is bereid om geld te spaar ten koste van die gerief van ander. Diesel is nie so skoon soos wat hulle dink nie, en as jy die wiskunde doen dan sal jy vinnig agterkom hy kos amper dieselfde as jou petrol engine oor die voertuig se lewensiklus! Terloops, in Europa is lande besig om van hierdie diesel engines ontslae te raak. Oor 5-10 jaar gaan die diesels in SA ook baie minder wees.

Hessie ·

Dankie ek verstaan nou hoe dink die man. Ek sal dit so vir hom oordra as hy weer oor die muur loer om te kyk wat gaan in my jaart aan.

Oeps ·

Watter besigheid, staats instansies ens pleeg nie bedrog of verduister geld nie?
Is daar nog so ‘n plek? Eish mense.

Johann ·

Nissan julle het julle self al klaar vir jare lank bewys. dit is nie nodig om te lieg nie.

Tarina ·

Ons het ‘n Nissan NP200 —–disaster!!!!!!! En praat nie eers oor die handelaar — erger.

Gatvol ·

Tarina,
Besit n NP200 sedert 2009. Nog nie eendag se probleme gehad nie.

SjN ·

Wil Nissan nie besef hul sal nooit die topverkoper wees om verskeie redes nie, help nie om data te vervals nie.

Happy Nissan ·

Ek het ‘n X-trail 1.6 dci en glo my hy is baie lig op diesel. Ek kry meer per km as wat ek met my polo gekry het. En ons het ‘n garage by ons wat 10ppm verkoop wat baie skoon diesel is. Moenie worry Nissan julle dienste en als is puik en ek en my vriende is nie van plan om van ons Nissan’s ontslae te raak nie.

Eish ·

So val die helde in diens van Mammon.
Volkswagen, Steinhoff, KPMG, die helhool se kankerbestuur, Nissan en die wat nog moet kom.
Voorwaar eindtye waarin ons leef.

M ·

Ek is mal oor my Micra met sy turbo en ek sal hom laat idle net wane ek wil, probeer julle wat so kerm met n koue turbo diesel kar ry …kry ook baie meer kilos per liter met diesel as wat ek met my petrol kar gkry het …

Koos de Meyer. ·

Nee wat Hesse jy oordryf. Vandag se diesel voertuie is dood stil. Die tegnologie het baie verander. Meer ekonomies op brandstof. Meer wringkrag en dit is nie ‘n mite dat die masjien langer gaan hou nie. Beslis minder onderhoud. Ek is ‘n diesel werktuigkundige en ek weet waarvan ek praat. Mense is onkundig en laat hulle uit oor dinge wat hulle niks van weet nie. Jammer.

Vraagteken ·

Koos, ja die turbo gaan langer hou. Maar hoe lank is dit voordat die injectors, dieselpomp, en selfs maar nogsteeds die turbo vervang moet word??? ‘N mens is baie gelukkig as jy 300 000km uit ‘n D-4D uitkry – en tog die 4.0 V6 doen maklik 400 000km. En wat dink jy is sterker; die V6 of die D-4?. Daardie V6 sal sirkels om die diesel ry. Terloops, hoekom hou turbo’s langer op petrol engines as op Diesels? Want die verdomde diesel hardloop so warm.

In teorie is ons veronderstel om halfde die prys van petrol te betaal. Jou energie per eenheid is meer met diesel as met petrol. As jy dit in ag neem, dan is die petrol engines baie meer efficient.

Laaste vraag, hoekom verwyder diesel mechanics nie die cylinder head as hulle die turbo vervang nie? Jy’s mos veronderstel om al daardie metaal elemente in die head te verwyder?

Marius Viviers ·

Ek glo almal is op die een of ander manier skuldig. Die VSA het met ‘n hekse jag op VW begin. Vervaardigers in die VSA is nog net nie uitgevang nie.

Koos de Meyer. ·

Vir die persoon wat dalk nie weet nie. Die engine moet luier om smering vir die turbo te gee. Dit is nie nodig vir ‘n half uur se luier nie maar dieselfde geld vir ‘n petrol engine met ‘n turbo. As hy nie ‘n turbo lube op het nie moet hy ‘n rukkie luier. Turbo lube is ‘n klein resvoir wat olie hou en as die engine afskakel gee hy nog smering vir die turbo. Ek sê maar net vir die mensies wat nie weet nie.

Marinus ·

Nissan vra omverskoning maar die verbruiker betaal ten duurste vir die motors en word belieg. Wat gaan Nissan doen om die verbruiker te vergoed?

Piet Pompies ·

Dit gaan alles oor lugbesoedeling en voorkoming daarvan, jy kan nie verklaar ‘n voertuig gee uitlaatgasse van XX ppm maar in werklikheid is dit meer. In SA is die tans van so ‘n aard dat jy carbon tax betaal as jy ‘n nuwe motor koop en die syfers van uitlating moet beskikbaar wees, party vervaardigers plak dit op die windskerm. In Europa en Amerika is die wette strenger, as ‘n nuwe voertuig nie voldoen aan die regte waarde van uitlaatgasse mag hy nie verkoop word. Nou pleeg van die vervaardigers bedrog en verkope deur te sit. In kort, dit is bedrog.

Jack Klok ·

Ek is nie verbaas dat hierdie tipes bedrog plaasvind nie, dit moes eitlik te wagte gewees het. Elke keer as regerings inmeng met die ekonomie vind mense metodes om dit te omseil. Neem nou maar die hemelhoë belastings op tabak, dis net water op die meule van sigaret smokkelaars. Die verbod op die verkoop van alkohol in die twintigerjare van die vorige eeu het die ontstaan van ‘n reuse dranksmokkelnetwerk en die Mafia veroorsaak.

Die faktore wat die keuse tussen petrol en diesel enjins bepaal is meer kompleks as net wie se uitlaatgasse skoner is of wie se brandstof verbruik ligter is nie. Dan sal jy ook nererens ‘n swaar vragmotorkry wat op petrol loop nie. In elk geval, die besoedelingsfaktor het net ‘n geldmaakstorie geword waarmee regerings nog meer geld uit die arme padgebruikers pers. Die oorspronklike rede is lankal vergete.

Corne ·

Ek ry self n nissan Q ja nissan sal dalk nie die top verkooper word nie maar vat dit so waarde vir geld en ondehoud is hulle die top verkoper gaan kyk biedjie wat kos jou blink motor se parte en dan vergelyl jy dit om n tot verkoper meskien moet mens die tot verkooper verander deur te se beste waarde vir geld verkopper hoefeel ry nog na hulle diensplan want meeste blink karte word ingeruil net voor 100 000km hoekom want dan kan mens net nie diens bekostig nie my pel se blink motor moet vindskermlemme kry wipers teen n koste van 1950 elk hoekom want dit n “agents only” geldmaak storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.