Nóg ʼn mynwerker sterf by Sibanye-myn

Argieffoto

Nóg ʼn mynwerker het by ʼn Sibanye-Stillwater-myn gesterf.

Sibanye het Dinsdag gesê die werker is by sy Khomanani-myn by Driefontein, wes van Johannesburg, dood. Die werker het glo voor ʼn skraper beland.

“Dít is nog ʼn hartseer voorval en al ons pogings is daarop gefokus om hierdie verwarrende toename in veiligheidsvoorvalle aan te pak,” het die maatskappy gesê.

Sibanye-Stillwater het hom onlangs erge kritiek op die hals gehaal oor die beweerde gebrek aan behoorlike veiligheidsmaatreëls by sy myne. Dít nadat vyf mynwerkers vroeër vandeesmaand dood is nadat hulle ʼn verlate werksgebied by Sibanye se Kloof Ikamva-skag naby Westonaria binnegegaan het. Die werkers het vermoedelik weens onvoldoende ventilasie gesterf.

ʼn Ondersoek deur Sibanye, die departement van minerale hulpbronne en ander rolspelers is van stapel gestuur om die voorval te ondersoek.

Die maatskappy se bedrywighede is nou verantwoordelik vir 21 van 45 mynsterftes in tien verskillende voorvalle sedert Februarie vanjaar.

Sibanye het gesê hy sal Vrydag ʼn veiligheidsberaad hou om die voorvalle te bespreek, asook te kyk hoe hy die verlies van lewens by sy myne kan voorkom en sy veiligheidsrekord herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marous ·

Drie raaie waarom die ongevalle kommisaris niks doen om die plek te sluit nie ……

Potties ·

Dalk moet hul die bestuur van die myn verander hul klink nie of hul die werk kan doen nie …….

bgj van der westhuizen ·

wel dit klink of dit n bee myn roep is die regering kyk net ander pad en is nie gepla nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.