Nóg ʼn Noord-Kaapse munisipaliteit betaal Eskom-skuld

Argieffoto: GCIS

Kragtoevoer is Donderdagmiddag na die Emthanjeni-munisipaliteit (Brits, De Aar, Hanover) herstel ná die munisipaliteit sy skuld aan Eskom betaal het.

Eskom het in ʼn verklaring bevestig die munisipaliteit se kragtoevoer is om 14:00 herstel.

Die munisipaliteit se kragtoevoer is Woensdag afgeskakel omdat die munisipaliteit ʼn bedrag van R90 543 096 aan Eskom geskuld het.

“Dit is jammer dat Eskom sulke drastiese maatreëls moet instel voor ʼn munisipaliteit Eskom betaal vir sy produkte en dienste, maar Eskom is dankbaar dat ʼn deel van sy regmatige inkomste oorbetaal is.”

Die opskorting van kragtoevoer na Tsantsabane- plaaslike munisipaliteit (Postmasburg) duur voort en sal voortduur tot die munisipaliteit ʼn aanvaarbare deel van sy skuld van R154 909 143 terugbetaal het.

Maroela Media het vroeër berig Eskom het die Kamiesberg- en Richtersveld-munisipaliteit in die Noord-Kaap se grootmaat-elektrisiteitstoevoer herstel nadat dié munisipaliteite ʼn “aanvaarbare deel” van hul kragrekening vereffen het.

Inwoners van Paulshoek, Kamieskroon, Spoegrivier, Garies, Klipfontein, Kheis en Port Nolloth se kragtoevoer is Woensdagaand herstel nadat dié dorpe en verskeie ander Woensdagoggend kragonderbrekings begin ervaar het weens vier wanbetalende munisipaliteite in die Noord-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

En wat moet ek nou doen wat my krag betaal maar deur Eskom afgesny word

Plaaskind ·

Willem, dis nou hoe dit is die nuwe Suid-Afrika, niemand gee om oor die eerlike en onskuldige mense nie, ons moet net verder vertrap word deur die sirkus regering.

Cheryl ·

So waar kom die geld nou skielik vandaan? En die inwoners moet die gelag betaal. As ek sover agterstallig was was ek al lankal toegesluit. Korrupte spul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.