Nóg ʼn NW-plaas met verwaarloosde diere gevind

Argieffoto.

Argieffoto.

Varke is verwaarloos en het gevrek op ʼn plaas wat aan die staat behoort, buite Hartbeesfontein in Noordwes, het die DA Donderdag gesê.

“Maritha Coetzee, ʼn DA-raadslid van die Matlosana-munisipaliteit, het inligting ontvang dat die varke vir ʼn geruime tyd sonder kos en water is,” het Chris Hattingh, die provinsiale leier van die DA, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Hattingh het twee varke reeds gevrek en die oorblywende drie het aan hulle begin vreet. “Coetzee voer die varke sedert Sondag kos en water deur ʼn gat in die muur. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vandeesweek die diere verwyder nadat hulle ʼn hofbevel bekom het.”

Hattingh het gesê die plaas Moria, word deur die Matlosana-munisipaliteit bestuur. Die munisipaliteit gebruik die plaas glo vir plaaslike ekonomiese ontwikkelingsprojekte. “Miljoene rande is al op die plaas spandeer, maar elke projek was onsuksesvol.”

Die plaas is oorkant ʼn ander plaas geleë wat vir provinsiale landbouprojekte gebruik word. Die NDBV moes voorheen 28 stoetbeeste weens wanvoeding op dié plaas van kant maak. “Dit is duidelik dat amateurboere aan hul eie lot oorgelaat word sonder behoorlike opleiding, ondersteuning of waarneming. Die DA gaan daarop aandring om meer betrokke te wees by die provinsie se landbouprojekte,” het Hattingh bygevoeg.

Die Sunday Independant het op 6 Julie berig dat verwaarloosde diere op Thandi Modise, die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en voormalige premier van Noordwes, se Modderfontein-plaas naby Potchefstroom gevind is.

Volgens die koerant was die varke glo besig om te verhonger en mekaar te vreet. Die oorblywende 85 varke op die plaas het 58 gevrekte varke begin vreet en het glo hul eie urine gedrink. Skape, ganse, bokke en eende het ook op die plaas gevrek.

Die diere was glo moontlik al langer as twee weke sonder kos. Daar was geen plaasarbeiders of elektrisiteit op die plaas nie en die waterpompe was gebreek.

Die DBV het toe gesê hy sal kriminele aanklagtes aanhangig maak teen die wat vir die verwaarlosing verantwoordelik is.

Lees ook:
Modise-raadgewer ontken boere bied hulp aan
Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elizabeth ·

Hierdie, tesame met kindermishandeling en mishandeling van oumense maak my SO woedend ek het nie woorde nie. Dan was daar nou die dag op Robinson Regstreeks die vrou van EFF wat niemand ‘n kans gee om te praat en net aanhoudend sê hoe wittes grond “gesteel” het… Maar oor en oor word bewys dat hulle nie ‘n FLENTER omgee vir diere of die grond wat hulle wel dan kry nie.

HEVW ·

n Masale tragedie het SA getref, en omkeer is daar nie. Die begrip verantwoordelikheid ontbreek totaal in hul sisteem.

Santjie ·

Apartheid gaan alweer die skuld kry.
Wanneer gaan hulle besef boerdery is in jou bloed. Jy kan al die hulp en ondersteuning in die wêreld kry, as jy dit nie in jou bloed het nie, gaan dit misluk.

vuilbaard ·

Jy hoef nie ‘n boer (of selfs ‘n “amateur boer” – watse ding is dit ?) te wees om te weet dat ENIGE dier, net soos ENIGE mens, kos en water nodig het om te kan lewe nie!
Die probleem is eenvoudig dat niemand agter hierdie “wannabe boere” staan om hulle dag na dag (die selfde ding) te moet aansê wat om te doen nie EN om dat te kyk dat dit wel gedoen word!

Rentia Pienaar ·

Die gees van die verwoester. Gaan maar terug Skrif toe en lees gerus wat daar staan. Dis nou sy oomblik wat my Hemelse Vader hom toelaat. My Volk moet teruggaan knieë toe.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ons gaan nog baie sulke gevalle in SA sien Lewendige diere moet ook elke dag eet en drink en dit kan nie in sekeres de koppe insink nie Wanneer die paw paw die fan strike lewe hulle in ontkenning en blameer apartheid en rassisme. Hou hierdie spasie nog vir lank dop.

EMK ·

Mens sou dink na die Thandi Modise debakel sou hul wakker skrik en iemand uitstuur plaas toe om darem net te gaan KYK of alles reg loop, maar nee wat….

tommie ·

Jy het nie miljoene nodig om pligsgetrou jou diere te voed nie. En geen geld kan logika of insig koop nie. Dit is een rede hoekom boere moet netwerk. Maar nee kom ons moor die ware voedsel produsente uit en vejaag al wat wil belê in hierdie wonderlike land. Oupa het altyd gesê ons gaan baklei vir water en kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.