Nóg ʼn NW-verkeersbeampte vas oor omkoopgeld

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Kort nadat ʼn verkeersbeampte Woensdag deur ʼn teenkorrupsie-agent in Klerksdorp vasgetrek is, is ʼn tweede verkeersbeampte van Noordwes Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van motoriste geëis het.

Simon Zwane, ʼn woordvoerder van die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die verkeersinspekteur is deur ʼn lid van die padverkeersowerheid se teenkorrupsie-eenheid op die N12 tussen Wolmaransstad en Klerksdorp betrap. Die beampte het glo spoedkameras gebruik om motoriste te vang wat die spoedgrens oorskry en dan R100-omkoopgeld van hulle geëis om hulle sonder ʼn boete te laat gaan.

Hy is tans in polisieaanhouding en sal Maandag in die hof verskyn.

Volgens Zwane het die RTMC teenkorrupsie-aksies regoor die land van stapel gestuur in ʼn poging om nakoming van verkeersreëls te verbeter en wetteloosheid hok te slaan.

In Desember is ʼn lid van die Tshwane-metropolisie, Sebo Mathabatha, ook deur ʼn lid van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy glo ook omkoopgeld geëis het. Nog ʼn verkeersbeampte van die Emfuleni munisipaliteit, Oupa Mashiya, word tans in Vanderbijlpark verhoor nadat hy omkoopgeld van motoriste gevra het gedurende die Paasvakansie.

Zwane het die publiek aangemoedig om korrupsie en roekelose bestuur by 0861 400 800 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit kom redelik algemeen voor in NW provinsie gepaardgaande met n onbeskofte houding van die amptenaar veral as hy sien dat hy met ou mense te doene het.Diesulke persone vertel jou dat jy die spoedgrens oortree het maar as jy hulle vra om die lesing te sien dan se hulle jy kan maar ry nadat sy bluf nie gewerk het nie.

Wrakke ·

Die aller grootste wrakke beweeg tussen Koster en Derby rond, dan praat ou nie eens van die intou bakkies wat sonder lesensies onpadwaardig gereeld uitjaag na ongeluks tonele toe nie. Alkhol misbruik ook een van die euwels, onwettige imegrante n ander model van inkomste vir die sulkes. Noordwes is bekommer wekkend, vraag is waar en wie gaan die streep trek

JC ·

Wat help dit hulle word gevang volgende week is hulle terug op hulle pos hulle moet onmiddelik afbetaal word ma ha hoe meer jy aanjaag hoe beter pos kry jy

DPJ ·

Beslis provinsie met die hoogste korrupsie van verkeers beamptes.
Almal betaal te graag sonder om rug styf te maak. Loop die ekstra myl en roei korrupsie uit.
‘n R100 of R200 lyk vir motoris te aanloklik om nie in hof te verskyn nie.

P J ·

Pragtig, haal hulle uit. Daar is baie werklose en eerlikke mense wat daai werk kan doen.

Liewe lulu ·

En hulle boelie vrouens. Ek is afgetrek. Omkoopgeld is geeis. Toe ek nie kontant by my het nie, kry ek n boete wat se ek het nie my veiligheidsgordel gedra nie. Ek het my gordel aangehad. Het nou by Makro vir my n dash camera gekoop.

Duikerkie ·

DIs goed hulle vang die korrupte verkeersmanne maar die slegte nuus is dat hulle nie afgedank gaan word nie. Hulle word geskors (met volle vergoeding) solank die ondersoek duur. Indien hulle skuldig bevind gaan word, moet eers gekyk word om hulle te “rehabiliteer” alvorens hulle afgedank kan word. Jy raak nie deesdae sommer maklik van ‘n skelm ontslae nie. Daar is te veel wette wat hulle beskerm. Hulle moet eers hoevele skriftelike waarskuwings kry en verhore, ens,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.