Nóg ʼn ondersoek volg ná psigiatriese pasiënte sterf

Hospitaal

Foto: pixabay.com

Pres. Jacob Zuma het vandeesweek ʼn spesiale ondersoekeenheid beveel om ondersoek in te stel na die rol van die Gautengse departement van gesondheid nadat meer as 100 psigiatriese pasiënte verlede jaar in die sorg van nieregeringsorganisasies dood is.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het in September verlede jaar opdrag gegee dat ʼn ondersoek gedoen word nadat Mahlangu die Gautengse wetgewer oor die sterftes ingelig het.

Minstens 36 psigiatriese pasiënte is in die sorg van nieregeringsorganisasies dood nadat hulle van Life Healthcare na die NRO’s oorgeplaas is toe die provinsiale departement van gesondheid sy kontrak met die maatskappy, wat na 2 000 pasiënte omgesien het, gekanselleer het.

Motsoaledi het in Mei vanjaar in sy begrotingstoespraak gesê die meeste pasiënte het gesterf weens dehidrasie, hongersnood en hipotermie.

Hy het ook gesê dat hy nuwe riglyne vir die lisensiëring en regulering van gemeenskapsgebaseerde fasiliteite goedgekeur het wat werk met mense met verstandelike en intellektuele gestremdhede.

Die parlement het egter vandeesweek in ʼn verklaring gesê die spesiale ondersoektaakspan sal uiteindelik antwoorde oor dié sterftes moet kry en die skuldiges aan die pen laat ry, en daarom by die Gautengse gesondheidsdepartement begin. Die ondersoekeenheid sal onder meer na die Life Healthcare se verkryging van die NRO’s kyk, en ook moet bepaal of die betalings aan dié organisasies “nie regverdig, deursigtig, billik en in stryd met toepaslike wetgewing” was nie.

Die ondersoekspan ondersoek ook die NRO’s en hul rol in die sterftes, ernstige wanadministrasie in verband met die sake van die departement van gesondheid, onbehoorlike of onregmatige optrede deur amptenare of werknemers van die departement en wanbesteding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johnny_walker ·

n kultuur wat bekend is dat hy nie dissipline onder sy mense kan toepas of behoorlik kan straf vir oortredings nie , so wie dink zuma flous hy nou eintlik ?

snoefie ·

nog n ondersoek beteken nog n paar kaders gaan vet bevoordeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.