Nóg ʼn ongeluk by kruising eis 7

'n Foto van die toneel. Foto: @thesickleaves / Twitter

‘n Foto van die toneel. Foto: @thesickleaves / Twitter

Sewe mense is Vrydagoggend op die R40 naby Rockydrift in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga dood en een is kritiek beseer nadat ʼn minibustaxi omgeslaan en verskeie kere gerol het. Tien toeriste is Donderdag by dieselfde kruising ernstig beseer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die wrak van die taxi het sowat 10 meter van die pad af in die veld tot stilstand gekom. “Sewe mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê. Agt mense het verskeie beserings opgedoen.

“Een vrou is kritiek beseer en sy is met ʼn helikopter na die Rob Ferreira-hospitaal geneem. Die ander pasiënte is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na die hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Altesaam 17 mense, insluitend 10 toeriste van Amerika, Nederland, Kanada, Duitsland en Switserland, is Donderdag by dieselfde kruising beseer in ʼn botsing tussen twee minibusse, ʼn motor en ʼn vragmotor. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petrus Swanepoel ·

Baie tragies, die R40 wat in die berig na verwys word is die hoof roete tussen Nelspruit en Witrivier, dit is ‘n dubbel baan in albei rigtings en nog ekstra bane by die opderandes, die toestand van die pad is uitstekend met goeie werkende verkeersligte, wets toepassing word gereeld toegepas met spoedlokvalle en visuele teenwoordigheid van wetstoepassers. Die spoed beperking op die pad wissel van 60km/h tot 80km/h wat korrek is met ontwerp en omgewing van die pad.
Die pad dra heelwat verkeer met spitstye soggens en saans waar Minibus Taxi’s die meerderheid gebruikers word. Hierdie Taxi’s het geen respek vir verkeerswette, verminder spoed waar die spoed lokval is en jaag die res van die tyd, al sukkelind teen die opdreande en houtkas teen die afdraende, by die twee baan verkeerslig maak hy ‘n 3de baan en kruip oor die kruising voordat die lig na groen verander, druk voor die ander padgebruikers in. Nou wonder mens net, hoekom word die wette nie toegepas op die Taxi’s deur die owerhede….dalk is hulle die eienaars van die Taxi’s

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.