Nóg ʼn ontsnapte gevangene aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Nog een van die sewe persone wat verlede week uit Groenpunt-gevangenis ontsnap het, is weer in hegtenis geneem. Een persoon is nog op vrye voet.

“Petros Kgatliso Mabela is Maandagaand in Vosloorus aangekeer,” het Logan Maistry, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, gesê. “Hy dien 24 jaar tronkstraf uit in die tronk in Vereeniging vir diefstal.”

Phillip Tivane, wat tot 35 jaar tronkstraf gevonnis is, is die enigste gevangene wat nog op vrye voet is.

Sewe gevangenes het Donderdag uit die tronk ontsnap. Een van hulle, Majafe Celso Romao, is dieselfde dag nog aangekeer, ure ná die voorval. “Hy was op pad na Sasolburg,” het Maistry gesê.

Vier ander gevangenes, Zandile Elvis Nkhabu, Teko Mphuthi, Kwazi Nkosi Ndlovu en Tfhediso Benjamin Mokoena is verlede week in Deneysville in die Vrystaat aangekeer. Hulle dien tronkstraf uit vir ʼn verskeidenheid van misdade insluitend inbraak, verkragtig, diefstal en poging tot moord.

Dit is nog nie duidelik hoe die groep ontsnap het nie.

“Die ondersoek duur voort,” het Maistry Maandag gesê. “Ons sal die bevindings van die ondersoek bekend maak sodra dit afgehandel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ek dink nie hulle sou sonder hulp van binne kon ontsnap nie.

Peet Schabort ·

Ongelukkig sit die korruptes aan weerskante van die tralies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.