Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag beslis die DA het die verkiesingsgedragskode oortree en moet om verskoning vra aan sy voormalige partylid, Patricia de Lille.
Die OVK het beslis die DA het oortree toe hy werwingsagente opdrag gegee het om as deel van sy verkiesingsveldtog vir kiesers te sê De Lille is afgedank weens korrupsie in die Kaapstadse stadsraad, nadat sy eintlik as burgemeester van Kaapstad en DA-lid bedank het.
De Lille, wat sedertdien die Good-party op die been gebring het om aan vanjaar se verkiesing deel te neem, het ʼn klag teen die DA by die OVK ingedien omdat die DA leuens oor haar versprei het. Hoewel die DA alreeds voor haar bedanking vir De Lille van korrupsie beskuldig het, kon die party nog nie dié bewerings staaf nie.
Die OVK het die DA opdrag gegee om hom daarvan te weerhou om enige verdere vals uitsprake oor De Lille te maak of te beweer dat sy afgedank is. Die party moet ook binne die volgende drie dae ʼn openbare verskoning aan De Lille uitreik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Wat n grap… ook net is S.A.
nog ‘n paar stemme meer verlore teen DA… koalisie gaan DA se voorland wees (iets wat hulle teen alle mag wil vermy want hulle hou nie van deel nie) Dit beteken hulle moet as koalisie saam ander partye sal moet stem oor sekere punte… wat gaan aandui waar hulle presies staan, alhoewel meeste van ons reeds weet hoe DA (agter die skerms mag wees)
Hy is te lig in die broek vir die gesoute mense.
So hulle beskuldig sonder feite, DA is net goed vir sleg sê.
DA gaan 9 Mei n ( eye opener) kry baie gewese ondersteuners gaan hul verlaat vir ander partye