Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag beslis die DA het die verkiesingsgedragskode oortree en moet om verskoning vra aan sy voormalige partylid, Patricia de Lille.
Die OVK het beslis die DA het oortree toe hy werwingsagente opdrag gegee het om as deel van sy verkiesingsveldtog vir kiesers te sê De Lille is afgedank weens korrupsie in die Kaapstadse stadsraad, nadat sy eintlik as burgemeester van Kaapstad en DA-lid bedank het.
De Lille, wat sedertdien die Good-party op die been gebring het om aan vanjaar se verkiesing deel te neem, het ʼn klag teen die DA by die OVK ingedien omdat die DA leuens oor haar versprei het. Hoewel die DA alreeds voor haar bedanking vir De Lille van korrupsie beskuldig het, kon die party nog nie dié bewerings staaf nie.
Die OVK het die DA opdrag gegee om hom daarvan te weerhou om enige verdere vals uitsprake oor De Lille te maak of te beweer dat sy afgedank is. Die party moet ook binne die volgende drie dae ʼn openbare verskoning aan De Lille uitreik.
Wat n grap… ook net is S.A.
DA het jy dit nou. Waaroor word DA nog gelieg? DA kom meer en meer bewyse na vore dat hulle maar sukkel met die waarheid. Daarom sê sommiges die DA is die ANC Light. Kan nie glo dat DA nog mense is wat vir hulle wil stem nie. DA moet maar oorweeg word om vir ń ander party te stem.
nog ‘n paar stemme meer verlore teen DA… koalisie gaan DA se voorland wees (iets wat hulle teen alle mag wil vermy want hulle hou nie van deel nie) Dit beteken hulle moet as koalisie saam ander partye sal moet stem oor sekere punte… wat gaan aandui waar hulle presies staan, alhoewel meeste van ons reeds weet hoe DA (agter die skerms mag wees)
Hy is te lig in die broek vir die gesoute mense.
So hulle beskuldig sonder feite, DA is net goed vir sleg sê.
DA gaan 9 Mei n ( eye opener) kry baie gewese ondersteuners gaan hul verlaat vir ander partye
Sirkus, clowns orals
Die goeie mense van die Good Party gaan nog saam met die DA die Wes-Kaap in koalisie regeer – wag en sien!!!!
Ag just let GO !
Nee wat insig ontbreek. Jy vat nie Auntie Pat aan met nonsense nie. Die score seker nou al 12 stroop@
Ag Antie Pat verdwyn net, jou rakleeftyd het al lankal verval
Tante ek is bevrees jy is reg, maar dit gaan n eye opener vir die mense ook beteken. Ek het vir jare gewoon in ANC beheerde provinsie, en glo my, dis erg. So maak julself maar gereed vir dieselfde tipe verval.
Die politieke huursoldaat/verkleurmannetjie/dinosaurus weier doodeenvoudig om van die toneel te verdwyn.Van die “one settler one bullet”VER links het sy gevorder tot die “Good Party”? Wat ‘n grap.Mens kan met reg wonder wie is sy eintlik? Of is sy maar net in die ding vir die “paycheck”?
Ek is nie ‘n DA (Duh Alliansie) ondersteuner nie, maar het nog veel, veel minder erg aan Druscilla de Ville.
Nee die mense hierbo maak ‘n fout. Die DA gaan nie baie stemme verloor nie, en de Lille se party gaan nie veel kry nie. En die DA sal heelwaarskynlik nie in enige koalisie hoef te gaan nie. Hulle behoort die Wes Kaap alleen te wen en sal in geen ander provinsie ‘n koalisie vennoot kry wat genoeg stemme het om hulle te help nie. Die koalisie met die EFF (logies)sal nie weer gebeur nie.
Los vir aunty Pat Sy ‘s nog vol boontjies
Stem saam met MW. Tannie Pat se boontjies is nie “backfire” boontjies nie. LOL
Hier kom ‘n ding in die Kaap. Die DA gaan nie regeer sonder ‘n koalisie met Good, VF+ en ACDP nie. Moontlik het die DA ook die hulp nodig van Cope en ander. Kom ons maak die groot drie skrik en stem vir ‘n klein party…ons land het klein partye nodig.
Die DA gaan haar nie omverskoning vra nie,want die DA was reeds besig om haar af te dank toe bedank sy self.