Nóg ʼn oorwinning vir Ramaphosa in stryd met OB

Die hooggeregshof in Pretoria het wéér ten gunste van pres. Cyril Ramaphosa beslis in ʼn saak tussen hom en die beleërde Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane.

Ramaphosa het ʼn dringende aansoek in die hof gebring om die remediërende stappe wat die OB in haar Bosasa-verslag beveel het, ter syde te laat stel.

Die aansoek hou verband met die OB se Bosasa-ondersoek, waar Mkhwebane bevind het die finansiering vir die CR17-veldtog, wat Ramaphosa se veldtog om president van die ANC te word bestuur het, was deurspek met bewerings van geldwassery.

Mkhwebane het in die verslag uiteengesit hoe ʼn skenking van R500 000 deur Bosasa (deesdae African Global Operations) se uitvoerende hoof, Gavin Watson, aan die CR17-trustrekening gedoen is. Sy het bevind die geld is deur verskeie tussengangers voordat dit in die CR17-veldtog se rekening beland het.

Mkhwebane het beveel dat Ramaphosa al die finansierders van die veldtog aan die parlement bekend moet maak.

Die president het daarna gevra dat Mkhwebane se verslag, waarin sy ook bevind het dat hy die uitvoerende etiekkode oortree het, dringend in die hof hersien moet word.

Vandag se bevinding laat hom nou toe om te wag met enige stappe, hangende die hof se hersiening van die verslag.

Verlede week het die hooggeregshof ook beslis dat Ramaphosa voldoen het aan die OB se opdrag dat remediërende stappe teen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, gedoen word, deur tugstappe hangende die hersieningsaansoek uit te stel.

Regter Lettie Molopa-Sethosa het Donderdag bevind die OB het nie ʼn spertyd vir die president gestel om teen Gordhan op te tree nie.

Die uitspraak laat Ramaphosa toe om te wag vir die uitslag van Gordhan se hersieningsaansoek oor die OB se verslag, voordat hy op gepaste optrede besluit.

Ramaphosa se regsverteenwoordigers het die hof vroeër gevra dat sekere inligting in die rekords van die Openbare Beskermer se ondersoek na hom nie openbaar gemaak word nie.

Dié versoek is hangende die beslissing oor óf die inligting wettig bekom is en óf dit wettig verkry is met betrekking tot die klagte wat ondersoek word. Die aansoek kom nadat Ramaphosa daarvan bewus gemaak is dat vertroulike bankbesonderhede van die donateurs en ontvangers van die CR17-veldtog aan die media gelek is.

Volgens Ramaphosa kom dit neer op ’n skending van die reg op privaatheid, en wat dit nog kommerwekkender maak, is dat dit duidelik blyk dat hierdie inligting van die begin af op ’n onwettige manier verkry is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Alex ·

En nog steeds sit sy haar stoel vol. Hoeveel geld moet ons arme belastingbetalers uithaal voor sy haar tassies pak? Asof ons nog iets oorhet na Eskom en NHI.

Merie perd ·

Alex, Hokaai. Ek praat nie goed wat hier aan die gang is nie. Niemand is verhewe bo die wet nie. Adv. Mkhwebane as die OPENBARE BESKERMER, moet tog die belasting betaler se regte beskerm? Hoekom moet die geagte president met iets onwettigs wegkom. Ek sal jou se hoekom, ons regdenkendes dink hy is ons enigste hoop om ons land weer op die regte pad te bring. Dis hoekom ons liewer NIE wil sien dat die Adv. reg is nie. Ek wil die stelling maak en se dat nie net is die hele anc en eff skuldig aan geldwassery nie, maar bonop is hulle moreel bangkrot.

Arno Scheepers ·

Ek vra weereens watter regter gaan TEEN cyril beslis?
As cyril dan so onskuldig is, hoekom gooi hy nie die state op die tafel vir almal nie. Dan kan ons mos sien wat is die waarheid!!
Maar NEE, cyril wil dit geheim hou….HOEKOM?
Jy het n magdom geraamtes in jou kas cyril. Onder jou gaan die land op n drafstap agteruit wees.

Pieter ·

Getroue belasting betalers soos ek en jy betaal daar voor ons het mos nie ore nie ons bly maar net betaal en hulle bly maar net ons belasting geld mors

Poot ·

Ons lees in die Woord van God…. “gee die keiser wat hom toekom”. My vraag is derhalwe “WAT kom die keiser toe”? Of moet ons maar net betaal, betaal, betaal. Ons betaal alreeds meer as net in Rand.

Phillie ·

Poot Jy het my nou net geskud tot in my geloofs fondasies
Gee aan die keiser wat hom toe kom
TOEKOM!!! NIE wat hy eis nie
SJOE

Peet ·

Enigste verskil tussen Zuma en Cyril is, Zuma het alles openlik gedoen. Lol

Johan ·

As ek die OB is, sal ek my magte en pligte nou deeglik bestudeer.

Abe ·

Peet,
Daar kan darrem geen so’n vergelyking getref word nie. Nooit nie.

Phillie ·

My persepsie presies! Waarom mag die OB nie op enige plek wat na dooie rot ruik nie krap sonder goedkeuring of magtiging nie
Was onder indruk dit is presies haar mandaat (gaan haal die “crooks” in hulle slymerige wegkruip plekke uit)
Onse cr het nêrens van harde werk bewys om billioner te word nie. Waar zum zum dom skelm was glo my is ons “redder cr” slim dkrlm

Oosie ·

As inligting uit die OB kantoor selektief gelek word om haar saak te probeer bevorder dui dit mos op blatante korrupsie. Dan is sy mos totaal onbevoeg om die amp te beklee.

Willehond ·

Wat steek, of probeer cyril wegsteek? Hy keer darem maar woes vir iemand wat “onskuldig” is. Wonder maar net.

shark ·

na 25 jaar kan hul nog steeds nie hul sake in orde kry nie, hul wou die land wat die” juweel” van Afrika was beheer maar kan nie en sal ook nooit kan nie, dit is skandalig, hartseer en onbeskryflik…..

Danie ·

As mnr president so lieg oor die R500 k.wat dink die land van die res waarvoor hy so keer.

JR ·

Arno ek stem laat Bosasa sê waarvoor hulle die geld aan Ramaphosa gegee het sonder om leuns te vertel hy is nie so onskuldig nie hoekom het hy gejok oor die geld in die eerste plek

Dionne Claassen ·

Ek verwelkom enige wetgewing wat enige politieke party en/of – persoon sal verplig om donateurs bekend te maak. Insgelyks sou ek graag wou sien dat enige party en/of persoon nie alleen alle skenkings / donasies, ongeag die waarde daarvan, moet bekend maak nie, maar ook volledig geouditeerde state van die aanwending van sodanige fondse.

Deloris ·

Shark…. Jy beskryf dit so so mooi…. Verseker stem ek saam met jou, en oor hoe ons land agter uit gaan….

Peet J ·

Dit is tog baie duidelik en verstaanbaar dat die inligting wat deur die OB aan die publiek openbaar gemaak is teenstrydig was ooreenkomstig die Grondwet, waarom nou al die teenkanting van die regering en vermorsing van belasting geld. Hoe die teenstrydigheid aangevoer was is nie van belang nie. Die publiek wag op uitsluitsel van die ANC.

James ·

Moeg vir julle interne baklei. Wat doen julle om die land te verbeter. Die hofsake en al die kan spandeer word om mense werk te laat skep…

Anoniem ·

Wat n grap hierdie 2 baklei onder mekaar en ons land val uit mekaar uit en wie betaal vir al hierdie hof sake serious?

Bokkom ·

Of die inligting nou wettig bekom is of nie – dis die waarheid!

Maljan ·

Wanneer sal die vrou besef dat al word die padda prins before, gaan haar houtjie, mal ema steeds nie president word nie. Die wêreld oor word skenkings gemaak aan politieke veldtogte. Wou mal ema die geld vir homself gehad het? FIRE HAAR!!!!! Ons betaal haar salaris ONS wil haar nie meer hê nie!

JD ·

Onse pres. Wil nie korupsie uitwis nie , hy wil dit self beheer!

JohanR ·

Lees onlangs iewers dat Cyril het ‘n R500000 koei bul gekoop. Hoop dit was nie met die Bosasa geld nie?

Johann cb ·

Tot ons eie President bewys al meer dat die howe die land regeer!

Jackie ·

Ons is mos n regs-staat. Dis die howe se plig om politieke onsekerhede, twisvrae en kriminele bedrywighede aan die kaak te stel. Dit lyk tans in ons land asof ‘aan die kaakstel’ dalk foutief gespel is????????

Jeremia ·

Pleks dat prioriteite vir ‘n slag bepaal word en die land na behore regeer word. Veral die ekonomie het ‘n dringende regrukaksie nodig. Dalk kan iemand dit onder sy aandag probeer bring.

Jackie ·

Ons is mos n regs-staat. Dis die howe se plig om politieke onsekerhede, twisvrae en kriminele bedrywighede aan die kaak te stel. Dit lyk tans in ons land asof ‘aan die kaakstel’ dalk foutief gespel is????????

hercu ·

na 25jaar is die land en rand op sy swakste ooit :-(

gelukkig bly Abba Vader in beheer en nie Cyril Rampokker of sy bende nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.