Nóg ʼn ouditfirma verbreek Gupta-bande

Atul Gupta (Argieffoto)

Die ouditeursfirma SizweNtalubaGobodo (SNG) lewer nie meer sy dienste aan die omstrede Gupta-familie se Oakbay Resources en Energy Limited nie.

SNG het ook sy bande met mynmaatskappye wat deur die Guptas besit word, verbreek.  Oakbay Resources het verlede week ʼn hooggeregshofaansoek ingedien om te probeer verhoed dat die Bank of Baroda die Guptas se bankrekeninge sluit. Die aansoek is van die hand gewys.

Oakbay word daarvan beskuldig dat hy sy bande met pres. Jacob Zuma misbruik om onbehoorlike invloed oor amptenare uit te oefen om staatstenders te verkry.

Volgens SNG het sy raad dié besluit geneem ná deeglike assessering van hul verhouding met die maatskappy oor die afgelope 18 maande.

“Toe SNG Oakbay se oudits oorgeneem het, is die risiko daaraan verbonde geëvalueer in terme van professionele standaarde,” het SNG in ʼn verklaring gesê.

Volgens SNG het hulle ook in terme van die professionele gedragskode kontak gemaak met die uittredende ouditeur om vas te stel of daar enige redes was hoekom dit nie gepas sou wees om besigheid met hulle te doen nie.

“SNG het egter ná onlangse verwikkelinge besluit om te onttrek.”

KMPG het ook onttrek as ouditeure van maatskappye wat deur die Guptas besit word. Sasfin Capital en Barclays Africa het ook vroeër hul bande met Gupta-maatskappye verbreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fires ·

Kan ons net een dag deur gaan sonder om van die ouens to hoor!!!!! Daar kom in elk geval niks van dit nie. Ek meen die gekonkel saam met sy edele Zuma of is dit Zuptha!?

Koos B ·

Hoekom work Zuma se rekeninge nie ook gesluit nie dit is tog immers Gupta geld.

Vlikvlooi ·

Gee kans mense. Die vuurtjie begin klein. Gaan nog BAIE groter raak.

Boet Fasie ·

Hoeveel gaan SNG skenk vir liefdadigheid noudat hy sy verhouding met die Guptas verbreek het. Hoeveel kontrakte en geld het hulle op die soustrein ontvang- onthou jy kan nie net afklim as die blok benoud raak nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.