Nóg ʼn Parow-polisieman vas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het gesê nog ʼn polisiebeampte van Parow is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

ʼn Totaal van 11 mense is in hegtenis geneem. Die sersant, nege konstabels en voormalige werknemer van die Parow-polisiestasie het glo omkoopgeld aanvaar en bewysstukke gesteel.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die elf verdagtes is deur die provinsiale teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

Lt.genl. Arno Lamoer, polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Dit stuur ʼn sterk boodskap aan alle polisiebeamptes dat slegte elemente in die polisiediens nie geduld sal word nie. Ons wil graag die gemeenskap van Parow verseker dat die inhegtenisnemings nie ʼn invloed sal hê op dienslewering nie. Daar is gebeurlikheidsmaatreëls in plek gestel om te verseker dat alle dienste by die polisiestasie gelewer sal word,” het Lamoer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

charmaine ·

Ek ervaar ‘n ligte flikkerinkie van hoop vir die teenkorrupsie eenheid om korrupte polisiebeamptes aan die kaak te stel

J Blom ·

Die paar goeie/eerbare polisie beamptes wat nog oor is,is nou so in die minderheid dat hul kwalik iets kan beteken. Kan net sowel polisiering oorgee aan ADT of n ander groot sekuriteitsmaatskappy. Dit is tog waar die meeste eks goeie polisiemanne hul nou bevind.

Drieks ·

Anc, kyk wat gebeur met politieke Bee aanstellings. Bee geskep vir misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.