Nóg ʼn persoon in KZN deur weerlig doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Dinsdag deur weerlig doodgeslaan naby Dundee in KwaZulu-Natal.

Robert McKenzie, woordvoerder vir die provinsiale nooddienste, het gesê die voorval het ongeveer 6 km buite Dundee gebeur op die pad na Greytown. Die man was glo 40 jaar oud. Meer besonderhede oor die oorledene was nie onmiddellik beskikbaar nie.

Volgens McKenzie is nog 15 mense in die Umzintati-distrik tydens ʼn donderstorm deur weerlig beseer en moes na nabygeleë hospitale gehaas word.

Hy het die publiek gemaan om binne te bly gedurende donderstorms en vensters en deure toe te hou.

Hierdie voorval kom slegs ʼn paar dae nadat ʼn 12-jarige seun in Howick ook deur weerlig doodgeslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.