Nog ʼn persoon in PTA spring glo na sy dood

'n Foto van die toneel: Foto: @QuintusRP / Twitter

‘n Foto van die toneel: Foto: @QuintusRP / Twitter

ʼn Persoon het Woensdag by die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria in Hatfield glo selfmoord gepleeg, minder as ʼn dag nadat ʼn veiligheidswag Dinsdagmiddag by die Menlyn-winkelsentrum ook in Pretoria na sy dood gespring het.

Die persoon, wie se ouderdom nog nie bekend is nie, het glo van die Geesteswetenskappe-gebou af gespring en op dak onderaan die gebou geland.

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie kan bevestig dat ‘n man vermoedelik van die gebou af gespring het. Die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek. Beamptes van die Tshwane-brandweer moes die man se liggaam van die dak af verwyder.

Maroela Media het gister berig die Brooklyn-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die veiligheidswag by die winkelsentrum na sy dood gespring het. Lees meer hier. (WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel.)

Polisievoertuie by die toneel by die kampus. Foto: @MarkoSvicevic1 / Twitter

Polisievoertuie by die toneel by die kampus. Foto: @MarkoSvicevic1 / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paplepel ·

Wow! Die “Silly Season” kom hierdie jaar vroeg. Dis gewoonlik in September wanneer mense se koppies uithaak. Mense, die lewe is nooit so erg dat jy nie nog ‘n dag kan aangaan nie. As jy dit nie so sien nie, vra hulp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.