Nog ʼn persoon sterf ná Vanderbijl-skietery

Nathan Hebler is buite die kitskosplek in Vanderbijlpark geskiet. Hy het later gesterf. (Foto: Facebook)

Nog ʼn persoon is dood toe ʼn man Dinsdagaand in Vanderbijlpark met sy goudkleurige BMW X5 rondgery en op inwoners losgebrand het.

Maroela Media het vroeër berig Nathan Hebler (18) is dood ná hy en sy pa, Johan, buite die Slap Chips-winkel in Frikkie Meyer-boulevard geskiet is. Johan is gewond en Nathan is vermoedelik soveel as drie keer raakgeskiet. Nathan het later in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het intussen gesê nog ʼn volwasse man het beserings opgedoen toe die skieter hom omgery het.

Die skieter het egter vroeër in Duckhamstraat ook ʼn skoot gevuur op twee mans. Een van dié mans, glo ʼn karwag by Checkers, het Woensdagoggend ook in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê die aanvaller is later by ʼn vulstasie in Sharpeville gekry waar hy sy eie lewe geneem het.

Die motief vir die skietery is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Dit is sooooo hartseer. Wat `n mooi seun en sy hele lewe voor hom gelê

Amanda

Weet Maroela wie was die skieter???? Ons sit in spanning en wag om sy naam in die koerante te sien!Alle simpatie aan die familie en vriende van die slagoffers, Die skieter sal verantwoording in die hemel moet doen.