Nóg ʼn plaas brand; voertuie met klippe bestook

Argieffoto: Kent Williamson

Minstens een suikerrietplaas is aan die brand gesteek en talle polisie- en private voertuie met klippe bestook nadat lede van die gemeenskap in die eShowe-omgewing in KwaZulu-Natal Sondagmiddag vir ʼn tweede keer die strate ingevaar en amok gemaak het.

ʼn Groot deel van die betogings het naby die R66-kruising, wat eShowe met Melmoth, Ulundi en Empangeni verbind, plaasgevind.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie was genoop om die R66 en die R230, ʼn landelike pad in die omgewing, vir motoriste te sluit.

Gwala sê die betogings het Sondag omstreeks 17:00 begin toe betogers die suikerrietplaas aan die brand gesteek en ʼn bakkie gesteel het.

ʼn Anonieme polisiebron wat nie gemagtig is om met die media te praat nie het aan African News Agency gesê die optrede van die betogers was “vreemd”. “Dit blyk dat die betogers eis dat ʼn veiligheidsmaatskappy wat in ʼn vorige skietery betrokke was, sy deure moet sluit. Ons kan dit natuurlik nie doen nie,” het hy gesê.

Die jongste betogings kom minder as twee maande nadat lede van die gemeenskap ook vroeër ʼn 225 ha-suikerrietplaas met die woonhuis, werkerskwartiere en werkswinkels heeltemal afgebrand het. Die plaas behoort aan Fikile Qoboshiyane. Betogers was glo kwaad omdat ʼn 29-jarige lid van die gemeenskap, geïdentifiseer as Spamandla Xulu, op Qoboshiyane se plaas doodgeskiet is.

Xulu het glo onwettig op Qoboshiyane se plaas visgevang en geweier om die eiendom te verlaat toe Qoboshiyane hom versoek het om dit te doen. ʼn Veiligheidsmaatskappy is ontbied waarna ʼn konfrontasie tussen ʼn veiligheidswag en Xulu ontstaan het en hy doodgeskiet is. Die veiligheidswag is sedertdien in aanhouding en is borgtog geweier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Werner ·

Hoekom noem julle nie dat die huis ook totaal uit gebrand is nie

Spike ·

Die beste beskrywing vir die tipe SA dwase is. Hy staan vanoggend en wag vir die trein wat hy gister uitgebrand het.

Lana ·

Hy sit en wag vandag vir sy pap, maar hy het gister die boer vermoor.

CL ·

Die gehoorsame massas het nog nie gehoor van: “Be careful what you wish for” nie. Wanneer daar niks vir enige iemand oorbly, gaan hulle dan hulle opstokers se huise afbrand?

WilmA ·

Ons land gaan in n hongersnood gaan kan daar niks aan gegoen word nie hoe werk die wet dan ek is stom geslaan oor al die skokke

Theresa B ·

Ek wens net hierdie mense se oë wil oopgaan. Hulle vernietig alles. As daar niks vir die land se mense oor gaan wees nie, moet hulle nie wonder hoekom nie??!!

Piet Lourens ·

Minder werk geleenthede en minder kos. So word die land hervorm.

Elna Kupke ·

Baie blankes besluit om deesdae self huis skoon te maak. Op ‘n hoewe of plaas, moet hul eenvoudig net op kontrakbasis aangestel word en alle id’s asook die neem van hul vingerafdrukke is BAIE NB. As enige een weier om lg info te gee, weet maar jy gaan sit met ‘n probleem. Die tyd van jammer wees is verby, ons mense kry swaar hulle kan eerder gehelp word.

Einstein ·

Die meeste mense se IK is onder 80, en grens aan verstandelike vertraagheid. Wat verwag jy dan nou.

Liberaal ·

Liberale waardes bepaal dat enigiemand die reg moet he om te beweeg waar hy… of eerder sy (so jammer ek verwys na n manlike konsep sopas, hoie sleg begin my maandag oggend nou) vryheid moet he om die natuur se hulpbronne soos vis na hartelus te plunder. Wild, beeste, eiendom, net wat jy wil. Maar liberales waardes moet eers n ander hoed opsit om weer vir die omgewing op te kom, groen is ook belangrik, maar moet asseblief nie aan die twee konsepte tegelyk dink nie want silos, denke in silos, is ook belangrik, ons mag ook gladnie teen silos diskrimineer nie.

Elna Kupke ·

Baie blankes besluit om deesdae self huis skoon te maak. Op ‘n hoewe of plaas, moet hul eenvoudig net op kontrakbasis aangestel word en alle id’s asook die neem van hul vingerafdrukke is BAIE NB. As enige een weier om lg info te gee, weet maar jy gaan sit met ‘n probleem. Die tyd van jammer wees is verby, ons mense kry swaar hulle kan eerder gehelp word.

White Rhino ·

Jy kan nie ‘n dwaas leer nie – hy bly ‘n dwaas.

Alwyn Mouton ·

Hoekom is ons polisie deesdae net die draers van slegte nuus maar kan niks voorkom of beveg nie. Is dit ‘n erkenning van swakheid of wat?

Wilma ·

Laat die opstokers en meedoeners klippe kap om besig te bly. Hul klink verveeld op n Son middag wanneer moeggewerkte mense rus

Wonder ·

Klink eerder of die mense jaloers is op Fikile omdat hy suksesvol is. Nou gebruik hulle ‘n enige iets vir ‘n verskoning om hom skade aan te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.