Nóg ʼn plaasaanval buite Stellenbosch

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie is op die spoor van vier verdagtes wat Dinsdagoggend ’n vrou en haar twee kinders in hul huis op ’n plaas in die Klapmuts-omgewing buite Stellenbosch oorval het.

Johandre van Zyl, AfriForum se streekshoof van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê vier aanvallers het vanoggend omstreeks 06:30 ʼn venster van die plaashuis gebreek om toegang tot die huis te verkry, kort nadat die vrou se man vroegoggend uit die huis is.

Die vrou en kinders is deur die aanvallers oorval en die vrou is met ʼn voorwerp oor haar kop geslaan. Die kinders is ongedeerd.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig.

Traut het gesê die aanvallers het die inwoners gedreig waarna hulle met ’n vuurwapen op die vlug geslaan het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici vanoggend na die plaas ontbied waar die vrou en kinders in die huis aangetref is. Die polisie was reeds op die toneel.

Hoewel die kinders geen beserings in die voorval opgedoen het nie, het die vrou wel ’n wond aan haar kop gehad. Die wond is op die toneel behandel voordat die vrou na ’n private hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling. Haar toestand word as stabiel bestempel.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie, het Traut gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Die voorval volg kort nadat die wynboer Stefan Smit (62) van die Louiesenhof-wynlandgoed Sondag op sy plaas buite Stellenbosch vermoor is. Smit is in sy huis doodgeskiet nadat vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het.

Verlede maand is nog ʼn Wes-Kaapse boer, Tool Wessels, dood toe hy en sy vrou op hul plaas, Kapteinsdrift, naby Bonnievale aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Tino ·

Eks reg om te skiet skiet skiet maar kan jy die nagmerrie indink met die vervolging en hoe jy as blanke aan die pen gaan ry oor dat jy nou ‘n ongelowige om die lewe gebring het oor jou wapen wettig is?

Emma ·

Ook vier aanvallers miskien nog dieselfde asasen Stellenbosch se moord en ek wonder of dit nie buitelanders is nie. Soek net vuurwapens om nog n moord te pleeg almal moet nou paraat wees. En nie dink dit kan met iemand anders gebeur nie

Pieter ·

Hier is organisasies wat moeilikheid stook op Bolandse plase.

nic ·

Ramaposa word wakker ons boere wit en swart word elke dag uit gemoor maar jy eet elke dag hulle voedsel maar jy swyg steeds

Dan ·

Die voorvalle is LANKAL nie meer “roof” nie. Afgesien van die bloeddorstigheid van hul kamtige ‘rooftogte’.. Hulle weet boere bewapen hulleself ter wille van veiligheid omdat ‘ander nie hul plek ken nie’.. Nietemin, ‘soft targets’ vir bekomming van ‘n wapen/s. Ons moet onsself beter inrig, menende, kry jou PVA in plek, dat hulle nie aan jou, jou gesin en jou wapen/s kan raak nie. Tyd vir buite die boks dink is HIER. Veilig wees.

Willehond ·

Huisroof???? Aaag asseblief!!! Poging tot moord met verswarende omstandighede klink baie beter! Maar nou ja, net n droom in die gatland van ons!

Maralize Bester ·

Die regering sien nie hierdie voorvalle in ‘n ernstige lig nie. Ek voel dat daar net een manier is om daadwerklike resultate te kry en dit is om op te hou belasting betaal. Dit is immers die belasting van die land wat die polisie en ministers se salarisse betaal. Ek voel alle Suid Afrkaners het die reg om beskerm te word teen sulke afgryslike dade. Hulle kan begin deur alle lede in die SAPS af te dank met kriminele rekords. Die geld wat vermors word in die weermag eerder aan te wend om weer ‘n kommandokorps op die been te bring, aangesien boeregemeenskappe en burgerlikkes deeadae meer paraat is as die SAPS. Ons hoef nie die gereg in eie hande te neem nie, ons moet net ‘n slag saamstaan en voet neersit. Ek wonder hoeveel sinnelose moorde gepleeg gaan word en hoeveel keer ek daarna nog gaan lees ” Ons moet iets doen dit kan nie so aangaan nie”

Chris du Preez ·

Daai box van die blf erken openlik hulle gaan op plase in Stellenbosh omgewing toeslaan, en wat word aan hom gedoen?,

Kobus ·

Julle boere slaap!! Die oorlog het reeds begin. ‘n wapen beteken niks as dit nie op jou gedra word nie. Skiet eerste ek kry kla die goed is erger diere en voel niks vir n lewe nie so hoekom moet jy iets voel vir hulle ? Maak dood en kry klaar hou op speel met tyd. Maar nou ja elke wit mens se probleem in SA ons hou daar van om te kla en niemand doen niks nie. Suip, rugby en boere wors dis mos al wat tel binnekort kom vrek ook by agv eie skuld. WAKE UP its a warzone you’re living in!!

Maralize Bester ·

Die regering sien nie hierdie voorvalle in ‘n ernstige lig nie. Ek voel dat daar net een manier is om daadwerklike resultate te kry en dit is om op te hou belasting betaal. Dit is immers die belasting van die land wat die polisie en ministers se salarisse betaal. Ja ek dink dit is nodig dat ons onsself moet beveilig, maar ek voel alle Suid Afrkaners het die reg om beskerm te word teen sulke afgryslike dade. Hulle kan begin deur alle lede in die SAPS af te dank met kriminele rekords. Geen persoon dan ook weer aan te stel met ‘n kriminele rekord nie, en dan te begin bou aan ‘n nuwe polisiemag . Die geld wat vermors word in die weermag eerder aan te wend om weer ‘n kommandokorps op die been te bring, aangesien boeregemeenskappe en burgerlikkes deeadae meer paraat is as die SAPS. Ons hoef nie die gereg in eie hande te neem nie, ons moet net ‘n slag saamstaan en voet neersit. Ek wonder hoeveel sinnelose moorde nog gepleeg gaan word en hoeveel keer ek daarna nog gaan lees ” Ons moet iets doen dit kan nie so aangaan nie”

Lourens ·

Sonder buitelandse druk gaan niks verander nie. Ins is kannonvoer vir die regering.

ExPat ·

Nie korrek – buiteland gaan julle nie help nie. Hulle dink julle verdien dit.
Oplossing is maklik. Alle boere moet saamstaan, dadelik ophou produseer. Bring die land tot op die nippertjie van hongersnood. julle moet aandring – Staat moet die weermag inroep, paar gewapende troepe op elke plaas sit.
Maar saamstaan is mos moeilik. So dit sal net erger gaan.

Stelling ·

Ek twyfel werklik of dinge in ons land ooit weer sal regkom. Dis so hartseer om te sien hoe my mense seergemaak word! Wat doen n mens? Ons kan almal sien dat die regering werklik vergeet het van die minderheid. Elke tweede gesprek is oor jong mense wat die land wil verlaat. Ons almal weet internasionale hulp gaan nie realiseer nie. Ek is gelowig en ja mense se ons moet bid, maar God help die wat homself help! Alle stappe is al aangewend… Regerings is genader, maar steeds hou dit aan. Suid Afrika is nie meer n plek vir woon nie, tensy jy kanse wil waag op jou en jou geliefdes se lewe. Ek dink ons moet eerder werk aan buiteland se hulp tot hervestiging. Sterkte en voorspoed aan almal, ons gaan dit nodig kry.

Kallimaari ·

@Stelling “God help die wat homself help!”

Dit staan nêrens in die Bybel nie. Inteendeel, Jesus sê in die wêreld sal ons onderdrukking eervaar, maar ons moet moed hou, Hy het reeds die wêreld oorwin. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose magte. Hierdie is ‘n geestelike oorlog wat vleeslik geveg word. Satan gebruik maar net diegene wat deur voorvader aanbidding heimlik sy bose wil uitvoer. Nóu juis moet ons bid soos nog nooi vantevore sonder om tou op te gooi.

Nel ·

@Stelling: Nee dis bloot nie waar nie. Wys vir my waar daardie vers in die Bybel staan?
God het aan almal gawes en talente gegee om te gebruik, maar om op jouself en selfgeregtigheid te vertrou staan in die pad van God se werk. Jesus sê vir sy dissipels in Matt: 16:24 “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.´(Matteus 16:24)

ANC ·

Wanneer was die land dan reg? Jammer maar dit gaan al verewig so. Op die kaapse vlaktes sterf honderde elke dag. Misdaad moet aangespreek word. Punt. Hou op ras inbring.

Josua Keys ·

Christine hoekom sal hy sy houding verander, ons het teen hulle oorlog gemaak, selfs op die grense het hulle soos lafaards in die bos weggekruip en jou in ‘n “ambush” in gelok en so mense dood geskiet, dieselfde taktiek word in plaasmoorde gebruik, hy sê hy sal met die witte onderhandel en sodra jy in die kraal ingelok is sonder wapen jy weet wat gebeur dan. Cyril is geensins van plan om vir jou op te staan nie as hy regtig wou het hy dit lankal gedoen, ek kan jou belowe dit kan dadelik gestop word maar wat nodig is sal nie gebeur nie want ons weermag is onder verkeerde bevel, nie soos toe ons destyds swartmense beskerm het in die ou SAW nie nog ‘n bewys van rassisme teen witmense.
As dit die ou weermag was en swartmense was so vermoor was dit lankal stop gesit dit kan ek jou belowe. Maar die dag gaan kom wat hulle ons te ver gaan dryf dan gaan hier gaos in die land wees en onskuldige mense gaan daar onder ly en die keer gaan niemand ons stop nie want die wereld is duidelik bewus wat in die land aan die gang is en gaan nie sanksies roep sou ons die wapen opneem nie en dit is waarvoor hulle vra.

willem botha ·

Ons het nie eers n beskrywing van die aanvallers nie hoe sal ander boere weet vir wie om op die uitkyk te wees en so word die skuldiges indirek gehelp met nog aanvalle.

pieter ·

Iemand sit agter die plaas aanvalle kyk ma dit moet dringend aandag geniet di wat agter aanvalle sit

Hoekom nie? ·

Kan ‘n vonds nie gestig word spesifiek vir plaas sekuriteit nie? Ek is seker dat mense land-wyd dit sal ondersteun deur bydraes te maak. Kan iemand so iets op die been bring? Dit kan selfs winsgewend wees vir wie ook al dit sou wou bestuur of bedryf. Alle plase moet op die ou end so beskerm word. Dit sal ‘n groot projek wees, maar sal baie groei moontlike inhou.

LIEZL ·

Sorg dat jy jou eie sekuriteit maar opskerp…ons s’n het derduisende rande gekos, self betaal. Nie dat ons juis die geld het nie, ons het dit maar afgeknyp. Maar ek slaap lekker in die aande op ons plaas. Niemand anders is daar om jou te help nie, ons moet onsself help.

Nagsig ·

Goeie plan! Stig stil stil ons eie weermag of veiligheidsdienste! Betaal vir inligting! Die plaasaanvallers word dalk ook betaal deur sekere politieke partye. Jou veiligheid gaan nou geld kos . Ou weermag – en polisielede het al die kennis, gebruik die ouens! Lafaards hou nie daarvan as daar teruggeskiet word nie!

James ·

So gaan daar elke dag n paar wees totdat daar net n paar oorbly dan is die kossies ook klaar.

Jerry B ·

Het die boere of slagoffers nie wapens om hulle self te verdedig nie?? Regtig dit kan nie so aangaan nie.

Logika ·

Nog dooie onskuldige mense, verdere haat teenoor die boere, en geen vordering ten opsigte daarvan om die kern van die euwel aan te spreek nie…

Johhnie ·

Die tyd het lankal gekom dat jy reg in eie hande moet neem. Ons vat heeltemal te veel van die klomp narre wat hulle self polisie noem. Inkluis die hoofnar met sy hoed en ons president.. Hou op naief wees, wees paraat. Wees eerste gereed, dis jy of hy . Geen alternatief

Anoniem ·

Die Bosoorlog het so begin soos wat die aanvalle nou sporadies voorkom ! President Ramaphosa GRYP asb in terwyl Jy nog KAN In ‘n maand of 6 is dié ‘n volskaalse oorlog ! Gaan lees die Geskiedenis

Anoniem ·

Die Bosoorlog het so begin soos wat die aanvalle nou sporadies voorkom ! President Ramaphosa GRYP asb in terwyl Jy nog KAN In ‘n maand of 6 is dié ‘n volskaalse oorlog ! Gaan lees die Geskiedenis

Liezl ·

Jy hoef nie uit te roep na Ramaphosa nie….hy sit nie om dieselfde vuur as jy nie en sal nooit nie. Dit is nie ‘n kommer vir hom nie, dis eerder verblydend vir hom.

Anoniem ·

Die Moi Moi in Kenia het die oorlog so begin !

LEES MAAR NET DIE GEKIEDENIS

ALLES IS BESIG OM HOMSELF TE HERHAAL

Manie van Worcester ·

ek dink was mau mau. Ekt saam met iemand gewerk wat betyds gevlug het. Geen grap en dit kom nou vinnig nader hier

Naude Venter ·

Daar was ook n gewapende roof helder oordag in Somerset-Wes.Ma en kinders by die huis????

Stefan Kruger ·

Hierdie is die regering se onteieningsplan sonder vergoeding in aksie… wit boere wil nie meer op hul plase bly omdat dit te onveilig is, maar niemand wil dit koop nie. Hul verlaat dus die plaas en swartes trek in.

Jacs ·

REGTIG…. Gryp in Ramaphosa…. Jy het duidelik nie daaroor regtig gedink nie, het jy????

Vintcent ·

As Cyril ‘n man was, sou hy opdaag by ‘n vergadering met boere. Ek is seker daar sal ernstige vrae gevra word.

Judie ·

Ek wil voorstel dat daar weer optogte in elke dorp en stad gereel word . Dat almal daardie dag swart dra. Dat alle mediahuise nasionale en internasionale – uitgenooi word sodat die wereld kan kennis neem van wat aangaan. Optogte moet voetgangers trekkers vragmotors insluit.

Jannie van Niekerk ·

Die polisie moet nou ophou om fisiese werklike en wrede plaasaanvalle af te maak as “huisroof”. ‘n Plaasaanval bly ‘n plaasaanval en word deur die BLF en EFF aangehits veral in die Weskaap. Die ANC het mos op ‘n stadium gesê hulle gaan die Weskaap onregeerbaar maak totdat hulle weer aan bewind is. Dit wil vir my voorkom of hulle daadwerklik daarmee begin het aangesien nog die President, nog die Minister van Polisie enige kritiek uitgespreek het oor plaasmoorde en aanvalle. Dit wil sê hulle keur dit stilswyend goed, want daar word nie teen die BLF en EFF opgetree wat hierdie tipe aanvalle en moorde propageer nie.

Stelling ·

In plaas daarvan om fondse te stig vir n petroljoggie wat n goeie daad gedoen het, stig liewer fondse vir ons boere om te help om hul sekuriteit op te gradeer!

Susan ·

Geagte Mnr President , het jy al die gesegde gehoor wat sê: “leë blikke maak die meeste geraas?”
Eish ons is gatvol vir al die leë blikke wat so raas ????

Elna ·

Ons almal kan maar se wat ons wil op die kommentare. Almal van ons weet dis nou oorlog tyd. Ons sal regtig moet saam staan en as een man staan die onmin tussen ons begrawe en vergeet anders gaan ons wit volk dit nooit oorleef.

Willie ·

Ek se nie die SAPD sal hulle vang nie, maar as julle dalk vang. Hoor bietjie sit hieragter? Dis net n wenk…

Sam Brookes ·

Ek staan by my gunsteling gesegde: Si vis pacem, para bellum (If you want peace, prepare for war). En ek stem saam met ‘n vorige inskrywing: ‘n vuurwapen wat nie op jou persoon gedra word nie, is niks werd nie. Boere en hul gesinne kan baie meer doen om elke oomblik van die dag paraat te wees.
Hoekom stig iemand nie ‘n sekuriteitsmaatskappy, waarin enigiemand aandele kan koop nie, wat sekuriteit aan boere voorsien nie? In Kenia word elke blanke se huis opgepas deur sekuriteitswagte wat Askari genoem word en Kenia is nie so erg deur misdaad geraak soos ons nie. Die tyd hiervoor het in Suid-Afrika aangebreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.