Nóg ʼn plaasaanval in Bronkhorstspruit-omgewing

Argieffoto

Argieffoto

Skaars ʼn dag nadat ʼn groep gewapende mans ʼn egpaar op ʼn kleinhoewe buite Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, beroof het, is nog ʼn egpaar Vrydag in die vroeë oggendure in die omgewing aangeval.

Volgens Vasti van der Merwe, voorsitter van die Bronkhorstspruit Sektor 3-gemeenskappolisiëringsforum (GPF) en AfriForum-sekretaris, het ʼn onbekende aantal mans omstreeks 02:30 op Herman en Herta Lindt, albei in hul 60’s, se kommersiële plaas in die omgewing toegeslaan.

“Die groep het toegang tot die egpaar se huis verkry en hulle aangehou. Hulle het in die egpaar se voertuig, ʼn grys Toyota Fortuner, van die toneel gevlug met kontant en selfone,” het Van der Merwe gesê.

Die egpaar is nie tydens die voorval beseer nie.

Kapt. Sarah Mcira, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê die egpaar se voertuig is reeds in Verena in Mpumalanga opgespoor.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig nog ʼn egpaar is Woensdagnag op ʼn kleinhoewe in die Vaalbank-omgewing beroof.

Vier gewapende mans het toegang tot die kleinhoewe verkry en is eerste na die huis waar die gesin se huishulp woon. Dié huis is losstaande van die dubbelverdiepinghoofhuis. Die verdagtes het die vrou aangerand voordat hulle na die hoofhuis is waar hulle ʼn plasma-TV-stel en ʼn DVD-speler gesteel het voordat hulle te voet gevlug het. Die huishulp het geringe beserings opgedoen. Niemand in die hoofhuis is beseer nie.

Die Bronkhorstspruit-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mcira het gesê die polisie stel ondersoek in om vas te stel of die twee voorvalle verband hou.

Van der Merwe het ʼn beroep op plaas- en kleinhoewebewoners gedoen om by hul veiligheidsnetwerk betrokke te raak. “AfriForum het verskeie strukture daargestel om die gemeenskap te beveilig. Hoe meer mense by dié strukture betrokke raak, hoe beter kan daar tydens noodgevalle opgetree word. Die veiligheidsnetwerk werk nou saam met die GPF en die polisie en kan belangrike inligting blitsvinnig op 11 WhatsApp-groepe versprei wat ʼn groot gebied dek,” het sy gesê.

Vir meer inligting bel Van der Merwe by 083 225 8777.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Koos ·

Ek het dit al baie gevra en ek gaan dit weer vra gee asb die feite sodat die mense op hulle hoede kan wees was die aanvallers wit mans,Chinese,pakestaniers swart mans Indiër mans ons wil weet.

Wat-ek-lees ·

Al wat ek weet Koos is dat hulle in die nag loop want dan pas hulle mooi in.

Gesiggie ·

Plaas aanvalle, dit verbeter nie, dit word net erger….party is gelukkig om nie beseer te word, ander is weer nie so gelukkig… hul lewens word geneem… hul word gemartel, hul lewe word verwoes deur Trauma…Ek stem saam alle mense op plase , word betrokke by n veiligheids forum.. dit mag dalk bietjie help, daar mag dalk vinniger opgetree word, om die misdadigers vas te trek, om jul lewe te spaar… dit raak te maklik vir die makers om te roof/te verwoes… en weg te kom met dit… Sterkte aan die Gesin mag jul gou van die trauma herstel…

jaco ·

En dan moet ons mense wat die omgewing op plase bly…maande wag vir ons vuurwapen lisensies…sonder enige samewerking van die SAPD

Cherokee ·

‘Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.’ – Verkeerd, ‘n saak van terrorisme moet ondersoek word. Hulle steel ‘n paar dingetjies en neem die eienaar se voertuig vir ‘n toetsrit en verdwyn. Byna al die voertuie word weer in dieselfde omgewing gevind. Die plaasaanvalle skakel met die eise vir grond en is ‘n berekende inboeseming van vrees by die plaasmense. Intussen stem àl die DA-stemmers steeds vir grondonteiening en hulle beoog om die steun daaragter te versterk tydens die komende verkiesing. As jy DA stem op die 3rde Augustus verskaf jy steun vir grondhervorming en daar is ‘n defnitiewe skakel tussen dìt en plaasaanvalle.

Cherokee ·

Opsommend gesproke is ‘n DA-kieser dus ‘n plaasaanvaller want daar word politieke en konstitusionele aanvalle teen plaaseienaars geloods.

Blom ·

Ek kan jou verseker Cherokee, DA sal ek nie stem nie, hulle is anc met ‘n masker.

Cherokee ·

Dankie Blom, Kooos, JB en ander. Veg asseblief voort om meer mense bewus te maak.

Joann ·

Ek stem. DA sal my kruisie nie kry nie. Koos jy weet wat die antw.is. Hul dwaal soos skilpaaie.

onthou ·

As diè PARTY waarvoor jy beplan om 3Aug te stem NIE NOU reageer of PRAAT soos wat jy wil HÈ hy MOET dan sal DA defnitief NIE verander NA jy klaar gestem het nie.

Piet ·

Ek dink hulle moet die DA ontbind en die Nuwe DA stig, dan vra hulle vir Kort broek of hy nie sal staan vir die nuwe leierskap nie. Al die ou NP’s sal vir hulle stem!

HEVW ·

n Beroep word gedoen dat mense by die veiligheidsnetwerk sal inskakel. Afri forum het reeds hier hul kant gebring. Daar word gese hoe meer mense inskakel hoe meer effektief die stelsel sal wees. Hoeveel 1000 mens het al gedink dit sal nooit met ons gebeur nie en hul lewe verloor. Hoeveel voorbeelde moet dit nog demonstreer.

Katrien ·

Word wakker mense.ons is nie geliefd en welkom meer in die land nie.so jammer want waar sal ons gaan

Johannes Meintjes ·

‘n Oortuigende nasionale vlak van GPF samewerking wat ook pro-aktiewe en nie net reaktiewe polisieering vervat, bly ooglopend gebrekkig. Dat daar wel ook ander geregistreerde en besorgde instansies met bv. oud SAW en Kommando-ondervinding is wat tot GPF inisiaitiewe en kundigheid meewerk, is ook wel ‘n feit. Die effektiwiteit van die GPF word egter vanuit my medewerkende ondervinding ernstig bevraagteken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.