Nóg ʼn plaasaanval in die Vrystaat

windpomp_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

ʼn Egpaar is Sondag in die vroeë oggendure op hul plaas in die Reitz-distrik in die Vrystaat aangeval.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar is omstreeks 03:30 wakker gemaak deur vyf aanvallers wat reeds in die huis was. Die aanvallers het die egpaar vasgebind en die huis deursoek. Volgens Mohobeleli is vier vuurwapens en ʼn voertuig gesteel.

Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat, het die egpaar as Kobus en Marlise van Niekerk geïdentifiseer. Volgens Van Niekerk is Marlise tydens die beproewing met ʼn voorwerp oor die kop geslaan terwyl sy gedwing is om die kluis in die huis oop te sluit.

Die Van Niekerk-egpaar is ná die aanval na ʼn hospitaal in Bethlehem geneem.

Die egpaar se voertuig is later verlate op die N3 tussen Warden en Villiers aangetref. Die aanvallers is egter nog soek.

Maroela Media het vroeër berig dat die bebloede liggaam van Marie Venter Saterdag in haar huis in Reitz aangetref is nadat sy vermoor is. “Die twee aanvalle in die provinsie die afgelope naweek dien as bewys dat die regering faal om landelike veiligheid te verseker,” het Van Niekerk gesê.

“Die populistiese diskoers oor grond in Suid-Afrika dra by tot die gewelddadige klimaat wat heers in landelike gebiede. In hierdie twee afsonderlike aanvalle was inwoners die slagoffers van die herhalende leuens wat sommige politici oor grond, wit boere en bevoorregting van wit mense versprei.”

Van Niekerk het gesê die VF Plus sal weer die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat versoek om dringend met die party te vergader om landelike veiligheid te bespreek, aangesien hy nie op die party se vorige versoek gereageer het nie.

“Met toenemende druk vanuit die buiteland kan die ANC-regering nie anders nie as om te erken dat plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word, asook dienooreenkomstig optree deur spesialiseenhede op die been te bring om landelike veiligheid te verseker.”

Hy het sy waardering uitgespreek teenoor die polisie en die boere in die gemeenskap wat vanoggend vinnig op die plaasaanval gereageer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johan ·

Die enigste ding erger as n oorlog, is om dit te verloor.

Ons sal moet begin dink hieroor?

thinus ·

Ja Johan, ek dink al lankal daaroor. Jammer daar is min van ons wat kan dink.

Gerhard ·

Daar is nog iets erger as om ‘n oorlog te verloor, om oor te gee voor die oorlog begin het. Hoe kan jy verwag dat ‘n vyand jou moet respekteer as jy so lafhartig is.

Hanna Hoekom ·

“Kill the Boer, kill the farmer” en “One setler, one bullet” is mos net ou bevrydingsliedjies, reg? Die hof wonder nou nog daaroor… Nou ja, hier is die liedjies in aksie! Plaasmoorde moes lankal tot prioriteitsmisdaad geklassifiseer word. Gelukkig kom ons kos van Shoprite en die ander winkels af. Niks met boerdery te doen nie…

Natan ·

Die soort misdaad sal nie as prioriteitsmisdaad verklaar word nie. Die regering is hierby betrokke, die klimaat vir hierdie gebeure word deur hulle en ander partye bevorder. Lyk my COPE maak sinvolle uitsprake in hierdie verband.

Plaasaanvalle is volksmoord, veral omdat die minderheid geteiken word. Die ANC met hul kamstige menseregte. Die struggle teen apartheid is ‘n rookskerm/front, dit gaan primêr om die land te beroof van sy welvaart wat goed uitgeoefen is deur Zuma en kie. Daarby word sekere buitelandse en ou koloniale magte bevoordeel.

Slagoffer. ·

Hulle sal nie ophou om mense aan te val , maak nie saak watter ras. Solank jy op n plaas of afgelee plek bly. Die motief is moor roof en plunder, te vlug en die buit te verdeel. Dis al.Hulle wil nie intrek of verder boer nie. Dis te veel werk.Bloed vergiet van mens en dier is makliker.

Gemaskerde Sopbeen ·

Volgens artikel 184.2(b) van die SA Konstitusie het die Menseregte Komissie alles wat nodig is om mense wie se regte geskend is by te staan om restitusie en kompensasie te bekom. Aangesien ‘n vermoorde se naasbestaandes nie weer hulle geliegde kan terug kry nie, behoort die MRK hierdie mense by te staan om, in terme van restitusie en kompensasie, NOOIT weer enige vorm van belasting aan die regering te betaal nie. Die regering het hierdie mense gefaal in hulle EERSTE verpligting teenoor die bevolking, soos beskryf in die konstitusie, nl. veiligheid en sekuriteit. As die regering wil aanspraak maak op boedelbelasting, behoort hulle NET boedelbelasting te hef op die boedel van persone wat natuurlik tot sterwe kom. As jy vermoor word, verbeur die regering hulle “reg” op boedelbelasting. Tans maak hulle miljoene uit die boedels van vermoorde individue. Dis siek….

Sw ·

Goeie punt. As ons belastingbydrae goed genoeg is, moet ons veilig wees.

Herman ·

Al weer alle wapens in die kluis. Ons lewe in ‘n wettelose en dubbelstandaard samelewing. Hulle kom vir jou wapens. Steek van dit op ander plekke weg. Maak ‘n plan.

Driekie ·

Moord en roof van vuurwapens…dit is die hoofsaaklike motiewe. … Blankes word dus met hul eie wapens vermoor. Nege uit tien moordenaars word nie ‘aangekeer’ nie.. Maar eendag kom die groot oordeelsdag. !!

D P J ·

Om te voorkom dat skelems jou onverhouds betrap is dit wenlik om ‘n klein hondjie of twee in die huis die huis aan te hou.
Die hondjie óf twee waarsku inwooners lank voor die skelms in jou huis is.
Doen dan dienodige.

Lientjie ·

Ek stem volkome saam. Hou 2 klein wakker hondjies in die kamer en sluit die kamerdeur! Bring sterk sekuriteitsdeure ook aan by n kamer.

Vryheid ·

Ramaposa -Wie is dit? Hy voel niks vir die minderheid nie. Skrik tog net wakker.!!!

Rina du P lessis ·

As die strafwet ni verander gaan word ni sal dit erger word. Hondjies sal ni help nie. Asb moenie dat julle ouers so alleen woon nie. WEES meer paraat.

Andrea ·

Ons almal, stedeling en plaas/hoewebewoners, sal moet nuut dink oor hoe ons kan oorleef. Ons moet besef dat hierdie vlaag van geweld teen die blankes deur die regering of hul handperde georkestreer is, daarom doen hul niks daaraan nie. Om dus met die regering te vergader en dit en dat te bespreek, is n mors van tyd. Terwyl dit gebeur, word met nog mense vermoor. Ons sal dus en masse moet emigreer, of ons sal n kibbutz-sisteem van boer en bestaan moet begin implementeer. Onthou net, anders as Israeli’s op kibbutze, het ons nie n regering en n weermag wat vír ons is nie, en waarop ons kan staatmaak nie. Ons moet dus SELF sorg vir ons veiligheid. Laat ons dít bespreek met mekaar. Laat ons emigrasie bespreek met lande wat sou belangstel om groot getalle van ons in te neem. Ons sal of onsself moet verdedig en beveilig, of emigreer. Dis die enigste opsies. Gesprekke met die regering is sinneloos. As n leeu kom om my te vreet, gaan gesprekke met hom oor hoe ek my kan beveilig teen hom, my regtig nie help nie.

Koos ·

Oorsese lande het reeds te veel immigrante/asielsoekers wat instroom. Wat laat jou dink daar sal plek wees vir “rassistiese” wittes van SA af? En waar sal hulle werk kry?

Bokka ·

Ai slagoffer dit gaan nie oor roof en die buit te verdeel nie dit gaan daaroor om blankes uit te moor en te vernietig en ramaposa en malema en key lag daaroor hul kry tog te lekker.

John ·

Die baie aanvalle en die donderende stilte vanuit regeringsgeledere se hard en duidelik dat hulle niks voel vir die slagoffers nie en die ‘nuwe’ geskiedenishandleidings sal dit aanmoedig/goedpraat. Enige gesprek met die De Klerk-dwase moet nie weer gevoer word nie; mense wat kamma grootskaalse aanvalle sou verhoed met regeringsverandering. Sowaar! En die SAUK saai in Afrikaans grootse huldeblyke uit met ‘n aanmoediging om ons harte te deursoek of ons nie iewers tog ietsie so suiwer en eerbaar soos dit wat sy edele die 1e ANC-staatspesident in oormaat gehad het, kan opspoor nie… iemand wat na bewering glo nie die Christelike geloof aangehang het nie… soos Mosjesh wat nooit deur die sendelinge gekersten kon word nie. Bladsye en bladsye word geskryf oor hartseergebeure op boereplase. Hoeveel jare gaan dit nog voortduur… en wanneer sal ons soos die Indiers nou die dag ons woede laat oorkook of kook ons maar gelate voort in CR se groot pot?

Andrea ·

@Koos
Ek dink as daar werklik navorsing gedoen word, en na alle moontlikhede gekyk word, sal mens dalk verbaas wees. Mens moet buite die boks dink, want om aan te hou binne die boks rond dool v hoek tot hoek, het nog geen oplossings gebring nie.

Cj ·

Dieselfde geld vir ons plattelandse dorpies! Geweldadige en gruwelike huisaanvalle. (Sodanig ge-etiketeer as “gewapende huisrowe”) neem skrikwekkend toe in die platteland en selfs stede! Nerens is ons mense (en veral bejaardes) meer veilig nie. So kan dit net nie aangaan nie! Duidelik opereer hierdie gruwelplegers nou op twee fronte: landelike gebiede (kleinhoewes en plase) en bewoonde gebiede (stede en dorpe). Wat anders is dit as goedgeorganiseerde geweldpleging teen minderheidsgroepe! Is die wetstoepassers dan blind? Watwou pronkstatistieke oor afnames in plaasaanvalle! Mag God met hierdie gruwelplegers afreken!

Oom Kalahari ·

As jy jou oe vanaand toemaak en bid vir almal en hul veiligheid dan hoop jy in jou hart dat more as die son opkom jy nie weer gaan hoor dat een van jou eie vermoor is nie.
Ons almal sit genadeloos elke dag en wag wanneer dit ons beurt gaan wees. Vir amper 25jr het almal probeer werk aan om mekaar te begryp, ondersteun, op te lei, hande uit te reik op alle maniere en te vergoed, maar al hierdie pogings word ongedaan gemaak en jou mense word daagliks uitgemoor terwyl jy in stilswye sit en bid vir veranderinge en vra jouself hoelank nog.

PJC ·

Ek dink nog steeds iemand moet ń eenheid skep met die nodige kennis wat plase besoek en dan swak plekke in hulle veiligheidsopset uitwys en raat gee oor hoe om hulle self behoorlik te beveilig. Hierdie aanvallers raak by die dag meer arrogant en wreedaardig en boere en hoewe bewoners sal voortdurend moet aanpas. Dalk kan daar ook ń fonds gestig word om mense te help wat nie behoorlike beveiliging kan bekostig nie.

thinus ·

Ja Andrea dit sal nie meer help om met die dief en moordenaar te onderhandel om van sy weë af te wyk nie. Daar is nie meer tyd vir nog navorsing nie – daar is daagliks bewyse. As ‘n volk vernietig word omdat daar te veel ” gewone ” misdaad is, is dit tyd vir ongewone optrede!
Die eenheid of beweging wat gestig moet word om hierdie volk te red, moet Afrikaner Nasie Trots heet, want ons is beter as lafhartige struikrowers en nag sluipmoordenaars.

Anner Anton ·

Ou mensies moet nie meer alleen leef veral nie op klein dorpies nie. Hulle moet familie toe of plekke waar hulle veilig is. Huis hulp ens moet verkry word van n sentrale beheer deur ons gemeenskap wat deur die gemeenskap gekeur word en van ons gemeenskap kom. Alle dienste moet uit die gemeenskap gewerf word. Veiligheid moet beheer en voorsien word uit die gemeenskap. Ensovoorts. Tyd is nou dat Afrikaner dus baie nader aan mekaar moet beweeg en leef. Duideliker kan dit nie meer wees nie. Ons hele geskiedenis is vol lesse hoe om dit te doen. Dit kan gedoen word sonder om n teiken van onsself te maak. Weerstand, oorlewing ,denkend georganiseerd dinamies, kragtig en soepel soos water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.