Nog ʼn plaasaanval in die Vrystaat

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Boer is verskeie kere met ʼn mes gesteek tydens die vierde plaasaanval in net meer as ʼn week in die Vrystaat.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê die 52-jarige boer is omstreeks 06:30 Saterdag op sy plaas in die Tweespruit-omgewing aangeval.

“Hy het die honde hoor blaf en is na buite om te sien wat aangaan. Hy is na sy kantoor wat losstaande van die huis is. Die kantoor was nie gesluit nie en hy het ʼn man in die kantoor aangetref.”

Volgens Xuma het die man, wat nie bekend is aan die slagoffer nie, ʼn mes uitgepluk. Die boer is in die bors en twee keer in die rug gesteek. Die aanvallers het hierna met die boer se Land Rover gevlug. Hy het egter naby die toneel teen ʼn boom vasgery en verder te voet gevlug.

Xuma het gesê die boer sterk in ʼn stabiele toestand in ʼn hospitaal aan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer en motordiefstal.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte by 082 466 7899 of die Tweespruit-polisiestasie by 051 963 9301 bel.

Die jongste aanval volg ná twee plaasaanvalle op 20 April waartydens drie mense vermoor is. Pieter van der Berg (49) en sy huishulp Tsietso Matsabisa (57) is op ʼn plaas in die Wepener-distrik vermoor. Johannes du Randt, ʼn boer van Ladybrand, is dieselfde dag wreed op sy plaas vermoor.
ʼn 87-jarige boer van die Parys-distrik is op 19 Maart aangeval en met ʼn hamer geslaan. Hy is later die week aan sy beserings dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wapen ·

Dra jou vuurwapen deurentyd aan jou lyf!! Onthou dat jy maklik die volgende kan wees maar beslis nie die eerste.
Hierdie aanvalle begin nou werklik onrusbarend raak en daar is ook kere wat dit té maklik plaasvind. Is daar nóg van ons wat dink dat dit net met ander gebeur?
Sterkte aan die boer.

Jacqueline ·

Hy het die honde hoor blaf en onsersoek gaan instel. Keer op keer die selfde storie. Soos jy sê. Hou jou wapen te alle tye aan jou en as die honde ongewoon baie blaf, maak alarm by jou bure en wees reg as hulle jou huis betree. Elke persoon moet Tainted Heroes kyk. Laat my dink aan n trop wilde honde wat hulle slagoffer bietjie vir bietjie byt en stukkie vir stukkie lewendig opvreet.

annoniem ·

WANNEER GAAN ONS LEER OM NIE UIT TE GAAN AS DIE HONDE BLAF NIE…….BEL SOLANK DIE BURE, DIE POLISIE EN WIE OOKAL MAAR MOET NIE UIT DIE HUIS UIT GAAN NIE.

Kwaad ·

Is die boere nie bewus van die plaasaanvalle nie of dink hulle dit gebeur net met ander mense? Soos die meeste mense mos maar dink hulle gaan vir ewig lewe en net ander mense gaan dood! Die honde waarsku daar is iets aan die gang en steeds word daar sonder wapen in die nag uitgegaan om ondersoek in te stel! Kan maar net sowel ontslae raak van die honde en met oop deure en vensters slaap.

Bietjie bietjie ·

Maklik om dinge keyt te raak vd kantlyn .
Jy ken nie die omstandighede !
Wees bly die man leef !!!!

Werk Doen ·

Moet ons nou die SAPD se werk vir hulle doen, dit is nou al die hoeveelste keer dat hulle nommer verskein waarin hulle vra dat die publiek moet help opsporing doen

pieter ·

Wens so die mense wil eers mooi kyk voor hulle uit gaan as die honde blaf se net vir iemand binne in die huis as jy uit gaan dat hulle ogie hou moet nie net uit gaan nie mense hulle maak julle dood.

Ken2 ·

Jaaaaa jys reg. Dit is nie wys om net uit te loop om te gaan kyk wat buite aangaan nie! Bly binne die huis en wees gereed.

buks ·

As jy die grond gekoop het waarop jy bly dan is jy mos die baas van die plaas. As Gerrie die saak vat sit die slegte man baie lank.

Cherokee ·

‘n Klag behoort teen die polisie gelê te word wanneer opsigtelike poging tot moord afgewater word na ‘n aanrandingsklag.

Kosie ·

Dis eintlik die staatsaanklaer wat besluit waarvan die oortreder aangekla word op die ou end, nie die polisie nie.

Michael ·

Ek se weer hierdie sal slegs stop as die media elke dag berig dat twee of drie plaasaavalers is doodgeskiet wat ‘n boer op sy plaas aangeval het .Die boere word so maklik aangeval die aanvallers sien hulle as kitsbanke.

Muriel ·

aanranding..???? Vir my klink dit meer na POGING TOT MOORD!!!!

Oni ·

Dis poging tot moord! Daar was seker nie n versekering dat daar met die boer net gespeel gaan word en dan kry die boer perongeluk seer nie.

Frans ·

Die aanvalle in Wepener en Ladybrand was 20 April en nie 20 Maart soos in bogenoemde berig.

Nico Strydom ·

Dagsê Frans
Jammer vir die oorsig, die berig is gewysig.
Vriendelike groete

Anti Plaasaanval ·

Ai ek is al so woedend elke keer as ek hoor van n plaasaanval, ek wil net vergelding he, maar ja, ek al n paar jaar deel van die CPF en ek kan met alle eerlikheid se, dat daar regtig mense daarbuite is met n don’t care houding, nee ons kort nie radios nie, dis te duur (al het ons n afbetalings plan) nee ons wil nie betrokke raak nie, ons is veilig en behoort aan n veiligheids maatskappy, al is daar al bewys dat jou buurman vinniger by jou uitkom as die VMskappy, sou jy om hulp roep, radios word nie geantwoord nie, of net bloot in die kas gelos, tot die battery pap is. Maar as daar op vakansie gegaan word, en daar moet na die huis gekyk word, word die CPF vinnig nader gehark.Besef mense nie ons het mekaar nodig om veilig te wees nie, ek se nie ons moet in tronke bly nie, maar my magies, word deel van n plaaswag/buurtwag omgee groep of watookal, ek is seker as hy n geweer en radio by hom gehad het, sou hy vinnig bystand gehad het, kom nou mense kyk na jul self.

Johannes Meintjes ·

Betreurenswaardig! Het ons as Afrikaner landsburgers, landbouboere (want meeste name van aangevalde burgers klink vir my Afrikaans) en talle (nog nie samewerkende) organisasies nou al iets geleer m.b.t. persoonlike, gesin, huis, plaas, besigheid en area beveiliging, voorsorg, kommunikasie, planne tussen bure … Het elke plaasvoertuig ‘n “geheime” knoppie wat steel van voertuie belemmer? Het elke voertuig en mobiele foon ‘n opspoor meganisme? Is die Buurt of Plaaswag se Radio of kommunikasiebeheer wakker? Ja, die regering en die SAPD behoort ‘n veilige omgewing vir leefstyl en ekonomie in stand te hou, maar doen dit nie. Kom ons benut en volhard in die geleentheid om effektiewe alternatiewe strukture vir belastingbetaalers en burgerlike beveiliging te skep.

Blits ·

Wat vir my so snaaks is oor rassisme is dat as de swart mense n plaas aanval en n man of sy hele gesin dood maak dan is dit net n plaas aanval en nie rassisme nie, maar as n wit man n swarte dood maak dan word daar onmiddelik verwys na rassisme, hoekom word die rssisme nie geopper met plaas aanvale nie, selfs as n wit mens in die dorp dood gemaak word dan is dit nie rassisme nie maar gooi dit om na wit teen swart dan pop rassisme op soos n geweldige gevaarlike siekte, dalk is ek te dom om dit te verstaan

kenny ·

Mense hulle slaan ons nou suid na noord hulle wil kyk of gaan opstaan dit is hulle modus. Operandi

Maggied ·

Nog n aanval……… d keer in Eloff, Vrydag nag……. boer langs treinspoor met steek wonde gevind……. skroewedraaier was d wapen.

Dit raak verregaande en geen hulp word aan ons gebied nie. Waarheen is ons oppad en wat van ons kinders

Dirk01 ·

Aan anti-plaas aanval jy is so korrek dit is tipies hoe onse bevolking en buurman is.Niemand vertel hulle niks hulle raak ook nie betrokke nie en later spog hulle alty hoe hulle dit sien kom het, wat hulle jou ook nie vertel is dat hulle rye vol gestaan het om wapens in te handig want niemand vertel hulle niks nie .Nou bid hulle klip hard en beskuldig mede burgers van ongelowigheid want dis ons skuld ons bid nie genoeg .Saam staan??? ons kan nie eers saam weg hardloop nie . Dit is hoekom ek Afri forum lid is daar’s n weg spring plek en hulle beweeg in n rigting wat sin vol is .

SARIE VAN HEERDEN ·

Dirk01, ek lag met ‘n traan in die oog oor jou bewering: ” Ons saamstaan? Ons kan nie eens saam weghardloop nie”. Baie keer beskuldig ons slagoffers van aanvalle dat hul nie paraat was nie, allerhande beskuldigings, maar hierdie dinge gebeur so skielik dat jy onkant gevang word.Ek het met ‘n boek in die hand gesit en vir my man voorgelees wat om te doen en wat om nie te doen nie en toe ons ons kry toe het ons pistole teen die kop en besittings geneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.