Nóg ʼn plaasaanval in Limpopo

windpomp_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Polisiebeamptes en boere van die omgewing was Donderdag laataand steeds op die spoor van twee aanvallers wat op ʼn plaas in die Roedtan-omgewing in Limpopo toegeslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het laat Donderdag gesê voorlopige inligting dui daarop dat ʼn 35-jarige man deur twee aanvallers oorval is toe hy by die plaas aangekom het. Een van die aanvallers was met ʼn mes gewapen en die ander met ʼn vuurwapen.

“Die verdagtes het die man met tou vasgemaak en in die huis ingekom. Die slagoffer kon daarin slaag om homself los te wikkel en het terugbaklei en hy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is na ʼn hospitaal gehaas,” het Ngoepe gesê.

Dit is nie duidelik hoe ernstig die man beseer is nie.

Lede van die polisie, beamptes van Heritage Protection Group (HPG) en plaaslike boere het die spoor van die verdagtes gevolg in ʼn poging om hulle vas te trek.

Dié aanval kom net ʼn dag nadat Jasper von Kleist (57), ʼn voorman op ʼn plaas in die Tom Burke-omgewing, noord van Lephalale (Ellisras), Woensdagaand doodgeskiet is. Von Kleist se vriendin, Sonja Joubert (55), is tydens die aanval in haar arm gewond, terwyl die plaaseienaar, Nico Solomon, se 34-jarige seun, Charlie, ook tydens die aanval gewond is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anoniem ·

Nog n plaas aanval, nog n poging tot moord. Hierdie man moet vir die res van sy lewe met die letsels loop van moordenaars. Hy is geestelik en liggaamlik geskend. Wat meneer die VF+ gaan al jou jare van onderhandeling en mooi praatjies in die parlement doen en help. Die mense ken net een taal en dit is moord. Nou is hier vele wat in ander berigte skryf van pak jou goed en trek. Het daai wat wil pak en trek al gedink hoeveel ander is daar wat nie kan pak en trek omdat hulle nie daartoe in staat is. Maar dit is hoe die Afrikaner mos is draai sy rug op sy eie en hardloop weg. Ek wil dit waag om te se as daar dan iemand is wat landuit gaan om op n ander plek te gaan boer, ek is nie n boer nie maar n tegniese man van 60 neem my en my vrou dan saam en as jy nie wil nie bly dan en baklei saam met ons want jou voorgeslagte se bloed le alreeds in hierdie land van ons en so sal jy met trots en lojaliteit jou Afrikaner volk kan ondersteun. Onthou net God laat met trompet geknal mure omval en ek en jy is Sy kind en jy sal nooit alleen wees al gaan jy dood deur spies of panga, gaan dan dood met n psalm in jou hart.

Onvolhoubaar ·

Om so voort te gaan en dink dinge gaan verbeter is naief want dit gaan aanhout tot ons almal uit die land gewerk is. Gesprekvoering vir eie tuisland kan die oplossing wees.

Elsa ·

Elke onsinnige moord moet noet na ramaphosa gestuur word, dat hy aandag kan gee en Suid Afrika eerste stel en veilig kry, los ander lande en handel en ondertekeninge uit en versorg jou eie land mnr ramaphosa, beskerming vir boere en gee nou minder aandag aan zuma , dit kan wag, want sit sloer mos al jare….? reg en geregtigheid
en prioriteite moet nou AANDAG kry …nie more of oormore nie NOU van dag….

Kosie ·

Die regering wil van almal deelname he om grond te verdeel. Wat van geen deelname todat die plaas moorde stop?

Hanna ·

Ramsphosa gaan absoluut NIKS aan hierdie saak doen nie, want die EFF steun is vir hom net te belangrik. En dan is dit ook n maklike manier om boere van hul grond af te kry… Ons sal op die buiteland se simpatie moet staatmaak. Stuur elke artikel die wereld in!

Jannie ·

Niemand gaan ons help nie ons is op ons eie, wees op jul hoede en beskou enige iets vreemds as ernstig. Kry vir julself aksie-planne in plek en verskerp kontak met jul buurplase, jou bure moet jou roetine ken en dadelik weet as iets abnormaal in jou omgewing aangaan.

Eish ·

Dit is anargie, was nog altyd en sal altyd wees.
Boere sal eenvoudig moet anders dink oor paraatheid of uitwissing in die gesig staar.

Marius ·

Asseblief familie as julle kan al is dit hoe erg neem fotos of kry dit van die polisie en stuur dit die land en wereld vol skryf beteken niks fotos vertel alles.

Leon ·

Ek stem saam. Elke slagoffer van die tipe geweld moet die saak nommer en foto’s die wereld instuur. Die internasionale gemeenskap is besig om notisie te neem. Ons het te lank aanvaar dat almal in die land dieselfde deur die regering behandel word. Ons gaan nie hulp van regering kry deur te hoop of te smeek nie. Ons moet nou ons stem laat hoor tot in elke uithoek van die aarde. Plaas druk op die regering op elke moontlike manier.

RM ·

Ek dink die foto’s help baie. Die optogte het gehelp en die witkruise help om die aantal moorde te bewys. Dit is nie lekker vir enige mens om daarna te kyk nie, maar mense wat nie hier groot geword het nie, kan die wreedheid van Afrika skaars begryp. Ek wys dit vir Amerikaaners en dit skok hulle bleek, party word sommer naar. Hulle kan nie glo dat sulke wreede moorde elke dag kan plaasvind nie en dat hele families uitgewis word nie. Hulle se^ ook CR is nie ons President nie. ‘n President draai nie sy rug op wetenlose moord nie. Se^ wat jy wil, dit voel soos ‘n volksmoord.

Werner ·

Stem Ferdi ons sal besef ons is in oorlog gewikkel nie eers meer lae intensiteid hy eskaleer met stink spoed ons moet plaaswagte meer profesioneel oplei dat ons gebiedde hard kan word inligting netwerke moet op die been gebring word sodat ons vooraf kan weet wanneer n aanval kan plaasvind so kan ons onself beveilig

Nita ·

Australie help! Vlaandere help! Buiteland help asseblief stel boikotte in teen SA totdat die wetteloosheid drasties verminder en ook sommer totdat die doodstraf weer ingestel word.

Herman ·

Plaasmoorde het nou momentum aangeneem en gaan aanhou tot boere trek of tot almal uitgewis is. Dan kom hulle stede toe en vat jou tweede eiendom ensovoorts

Lolla ·

Elke liewe dag….. Nog nog nog en nog moorde en aanvalle op wit mense van alle ouderdomme. Wonder net, as ek n boer was, het ek n uitnodigging gestuur aan alle nabye dorpe se wit inwoners wat huurders is, om op my plaas in te trek sonder om huur te betaal, maar bydra lewer met krag en water. Begin om saam in groter getalle mekaar te beveilig. Selfs dorp en stads mense word aangeval en gemoor. Op die plaas, sal veiligheid stappe en wagte(wit) meer bekostigbaar wees as almal saam aan fooi betaal. Wat kan n mens nog doen?

Casper Labuschagne ·

Dit is al probeer, ten minste in hierdie dorp. Maar ongelukkig is die mense wat intrek juis diegene met sosio-ekonomies probleme en in ‘n japtrap sit die plaasboer met de facto plakkers op sy plaas wat hy nie kan of mag uitsit nie – bloot net die ras verskil hier. Baie plaasboere het maar besluit dit is goedkoper en minder probleme om 24/7 gewapende wagte op die plaas te hê.

Casper Labuschagne ·

Vyf paragrawe op die enigste nuusblad in die wêreld wat hoegenaamd oor plaasaanvalle berig doen, is wat ‘n plaasaanval werd is. ‘n Enkele paragraaf en ‘n beriggie gister vir die voorman wat Woensdag gesterf het. Maar ‘n huisgesin is erg getraumatiseerd en die letsels aan hul lewens sal dalk eers oor dekades genees. En vir elke plaasaanval naby jou word die hele gemeenskap geruk. Ons het nie een ‘n oplossing hiervoor nie, en sou ons nie wegkyk en dit wegpak nie, sal ons leef in ‘n staat van paniek – dit is ons gruwelike waarheid.

Mense betoon simpatie, en hulle bedoel dit uit hul harte. Maar netnou is daar nog ‘n berig, en nog een en môre kan ek nie eers meer onthou vir watter plaasaanvalle ek gesê het, “Innige simpatie met jou en jou gesin” nie – ‘n handvol woordjies wat so algemeen geword het dat die betekenis so verdun is deur oor en oor te gebruik, dat dit nie eers in my kop vassteek nie.

Gister kyk ek, verhaas teen 1.67% spoed, na Malema se toespraak op ‘n dag wat slegs Menseregtedag in naam is maar eintlik al Vergeldingsdag of Moorddag geword het. Ek dink daaraan dat daar ‘n ontsaglike skok vir ons mense voorlê, net-net om die draai, want die wegpak van dinge wat hulle tot in hul siel sal ontstel het ‘n epidemiese toestand van ontkenning geword. Maar die waarheid kan nooit weggesteek word nie – ‘n gruwel wag vir ons, elkeen van ons.

Lolla ·

Soos jy n reenjas aantrek om buite in die reen te wandel, so dink ek kan ons boere patroon vaste vests of iets soortgelyk begin op n permanente basis dra om ten minste “vital” organe te beskerm in die geval van n aanval. Jou vest, dagger mes, en vuurwapen loop hand aan hand ten alle tye. Het boere nog swepe vandag se dae?

Rynhardt ·

Die afrikaner bly in ontkenning leef.Ramaphosa en EFF onderseteun grondonteiening sonder vergoeding,hulle gaan nie boere help nie,ongeag plaasaanvalle wat toeneem!Daar was lankal oor al hierdie dinge besluit om die boere heeltenal te neutraliseer!Anc glo dat hy gaan met onteiening die steun van die massas geniet en sodoende floreer mag en korrupsie vir hom.Malema glo weer hy gaan al die mag bekom en president word.Die uiteinde van die saak is twee groepe wat gaan bots!Die afrikaners sukkel nog steeds om die Anc en SA politiek te lees m.b.t.plaasaanvalle en grondonteiening.Hopelik gee dit vir jou perspektief op dinge!?????

Vermeendes ·

Waneer het hierdie trotse volk so hulpbehoewend geword om te bedel vir meegevoel.
Staan op en maak jou rug styf, dit is immers waarvoor ons gestem het in 92.
Skryf nog briefies, en teken nog n petiesie, gaan bedel vir hulp by jou moordenaars.
Julle weet wqt die antwoord is mense.

Gereed ·

Ek is 62, maar ek sê vir julle ek sit gereed met my tassie gepak neffens die voordeur: as ek HOOR van ‘n land wat amnestie sal gee aan witmense ongeag die ouderdom – is ek met skreeuende bande hier weg.

Hier is niks meer in hierdie moordenaars nes wat my terughou nie.

Bert ·

Waarvoor wag Afriforum? In hierdie tye is dit nou ryp om die kwessie van selfbeskikking na vore te bring. As Lesotho en Swaziland eie state het, waarom ook nie ons nie? Daardie state se mense werk in SA en is tog burgers van ander lande? Afriforum se hoofmissie moet nou ‘selfbeskikking in ons generasie’ wees. Neem volbladadvertensies uit waarin ‘n referendum georganiseer word met die vraag” ‘ondersteun jy die idee van onderhandelinge oor ‘n toekomstige Afrikaner-staat…’. Die bewese steun vir so ‘n projek is daar, met gemaklik 800 000 Afrikaners wat so iets sal ondersteun. Niemand kan sommer net so ontkoppel vanuit die SA ekonomie nie, maar ons kan so iets bou binne ‘n generasie. Waarvoor wag Afriforum? Todat alles in duie gestort het? So ‘n staat kan hierdie generasie se grootste nalatenskap wees aan die volgende ene. Dit kan ons weer hoop gee. En ons kan dan in vrede in Afrika en met ons bure uiteindelik lewe. Waarvoor wag Afriforum? Todat alles dalk in duie gestort het?

Liesl ·

Maroela Media, stuur asb. ons versoek na Afriforum.
Baie dankie.

Stem ·

JA, dit is ons enigstye hoop, daar is geen meer ander alternatief nie. Die laaste hoop was dat Ciril rasioneel sou wees maar hy is nie, en sy vyande nog minder, so ons MOET uit SA en ons eie land voor onderhandel, en gou ook, voor ons uitgedruk word.

Anna Theron ·

As jy wil he iemand moet vir jou hulp of raad gee, klop jy aan die verkeerde deur as jy Afriforum probeer. Jare agter die tyd, n irrelevante spul.

William ·

Net om al die gebeure te lees en op social media te sien maak mens verby kwaad maar jy moet goedgesind wees.waar gaan als stop en boere moet meer bedagsaam en oplet wat om jou aangaan en as jy bejaarde ouers het verskuif hulle na n veilige omgewing toe en knap jou veiligheid op ons is moeg vir plaas moorde nee man genoeg is genoeg ek bid net dat elke persoon wat geraak word ons Skepper elkeen sal bewaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.