Nóg ʼn plaasaanval in Limpopo

windpomp_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Polisiebeamptes en boere van die omgewing was Donderdag laataand steeds op die spoor van twee aanvallers wat op ʼn plaas in die Roedtan-omgewing in Limpopo toegeslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het laat Donderdag gesê voorlopige inligting dui daarop dat ʼn 35-jarige man deur twee aanvallers oorval is toe hy by die plaas aangekom het. Een van die aanvallers was met ʼn mes gewapen en die ander met ʼn vuurwapen.

“Die verdagtes het die man met tou vasgemaak en in die huis ingekom. Die slagoffer kon daarin slaag om homself los te wikkel en het terugbaklei en hy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is na ʼn hospitaal gehaas,” het Ngoepe gesê.

Dit is nie duidelik hoe ernstig die man beseer is nie.

Lede van die polisie, beamptes van Heritage Protection Group (HPG) en plaaslike boere het die spoor van die verdagtes gevolg in ʼn poging om hulle vas te trek.

Dié aanval kom net ʼn dag nadat Jasper von Kleist (57), ʼn voorman op ʼn plaas in die Tom Burke-omgewing, noord van Lephalale (Ellisras), Woensdagaand doodgeskiet is. Von Kleist se vriendin, Sonja Joubert (55), is tydens die aanval in haar arm gewond, terwyl die plaaseienaar, Nico Solomon, se 34-jarige seun, Charlie, ook tydens die aanval gewond is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danien

Nog n plaas aanval, nog n poging tot moord. Hierdie man moet vir die res van sy lewe met die letsels loop van moordenaars. Hy is geestelik en liggaamlik geskend. Wat meneer die VF+ gaan al jou jare van onderhandeling en mooi praatjies in die parlement doen en help. Die mense ken net een taal en dit is moord. Nou is hier vele wat in ander berigte skryf van pak jou goed en trek. Het daai wat wil pak en trek al gedink hoeveel ander is daar wat nie kan pak en trek omdat hulle nie daartoe in staat is.… Lees meer »

Elsa

Elke onsinnige moord moet noet na ramaphosa gestuur word, dat hy aandag kan gee en Suid Afrika eerste stel en veilig kry, los ander lande en handel en ondertekeninge uit en versorg jou eie land mnr ramaphosa, beskerming vir boere en gee nou minder aandag aan zuma , dit kan wag, want sit sloer mos al jare….? reg en geregtigheid
en prioriteite moet nou AANDAG kry …nie more of oormore nie NOU van dag….

Kosie

Die regering wil van almal deelname he om grond te verdeel. Wat van geen deelname todat die plaas moorde stop?

Hanna

Ramsphosa gaan absoluut NIKS aan hierdie saak doen nie, want die EFF steun is vir hom net te belangrik. En dan is dit ook n maklike manier om boere van hul grond af te kry… Ons sal op die buiteland se simpatie moet staatmaak. Stuur elke artikel die wereld in!

Eish

Dit is anargie, was nog altyd en sal altyd wees.
Boere sal eenvoudig moet anders dink oor paraatheid of uitwissing in die gesig staar.