Nóg ʼn plaasaanval in Noordwes

Argieffoto: Maroela Media

‘n Egpaar is Sondagaand op ʼn plaas naby Makwassie in Noordwes deur gewapende aanvallers oorval toe hulle die hek voor hul huis oopgemaak het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes met vuurwapens het die egpaar by die hek voor hul huis oorval en hulle in die huis ingedwing. Daar het ʼn derde aanvaller sy verskyning gemaak. Al drie aanvallers het klapmusse gedra.

Volgens Funani het die verdagtes geld geëis. Sy het gesê ʼn buurman het tydens die rooftog by die huis opgedaag en die aanvallers het hom erg aangerand. Die aanvallers het daarna met selfone, kontant en ander items uit die huis op die vlug geslaan.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het Sondagaand gesê een verdagte is ná die aanval in hegtenis geneem. Funani het bevestig ‘n verdagte word deur die polisie ondervra, maar het gesê hy is nog nie aangekla nie.

Volgens Funani is die buurman wat aangerand is na ʼn hospitaal geneem, maar was die egpaar ongedeerd. Sy kon nie die name of ouderdomme van die slagoffers bevestig nie.

ʼn Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

Hierdie is een van minstens ses plaasaanvalle in Noordwes sedert die begin van Mei. Blackie van den Berg (61) is Vrydag in die vroeë oggendure op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal erg aangerand en verkrag.

BC Greyling (59), sy vrou Marlette (57) en BC se ma, Magdaleen Greyling (87), is op 16 Mei op ʼn plaas naby Sannieshof aangeval. BC sowel as Marlette is tydens die aanval geskiet en BC is op die toneel dood.

ʼn Man is op 9 Mei per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem nadat hy tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Assen-distrik buite Brits in Noordwes geskiet is. Gerrit Dercksen (51) is op 5 Mei op ʼn plaas in Soutpansdrift naby Brits deur drie gewapende mans oorval en aangerand.

Volgens Müller was daar Sondagaand ook ʼn aanval op ʼn plaas naby Derby waarby vier gewapende aanvallers betrokke was. Maroela Media wag vir meer inligting van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ada ·

Maroela waarom se julle huisroof eerste en dan poging tot moord tweede. Is poging tot moord nie erger nie? Jy kan jou lewer verloor! Met huisroof nie.
Verduidelik asb asb my vraag want ek verstaan dit nie?

Ai man ·

Ai man, kan ons nie net 20 van die Britse Polisie wat die naweek se aanval hanteer het invoer nie. Binne 9 minute na die oproep was die aanvallers uitgevat!!!! Dit is al hoe hierdie goed kan stop.

Stev ·

Dit sal nie help NIE !!!
Bewapen jouself en beveilig jou eie omgewing.

In engels is daar ‘n gesegde : “when police are only minutes away, seconds count”.

Chrisjan ·

In 9 minute het die aanvallers alles gedoen wat hulle wou en kon doen. Om 48 mense te wond en 7 te vermoor met messe vat inspanning, die aanvallers se veglus was in elk geval oor. Een burger met ‘n vuurwapen en opleiding kon die telling heelwat anders laat lyk het.

Ai ·

Roof is n bysaak. Hierdie is terrorisme. Die regering wil nie die grond terugkoop nie. Hulle verwag mense moet net padgee. Hierdie mense word gestuur om te terroreseer, geld en wapens is die cherry op die koek. Wat anders kan dit verduidelik?! Hulle wil dit net nie openlik verklaar soos Mugabe nie.

Tyd dat Afriforum ophou die regering vra vir beskerming vir die Boere, dit gaan nie gebeur nie. Tyd vir n ander plan.

Mvs ·

Ons se baie lankal dis di plan. Hul word betaal om aan te val! Regering sit agter dit!

Eish ·

Dink nie ons moet alles vir Afriforum los nie. Hul het sopas Nehemia geloods vir buurtbeveiliging en in die Vrystaat word die SAPS gedreig met dissiplinere stappe sou hul dit waag om betrokke te wees by soos genoem word ” Paralelle regering strukture” Die geheim is om uit jou leunstoel te klim en n positiewe bydrae tot jou eie paraatheid te maak. Afriforum het 186000 lede uit n potensiële 6 tot 9m. Dis uiters prysenswaardig wat hul reeds gedoen het. Daar is selfs n afdeling vir Trauma berading vir die gevalle. Ons moet ons slapgatgeit los en betrokke raak en paraat raak. Hier is n boeregemeenskap in die Vrystaat wat n voltydse Afrikaner in diens het wat in beheer is van nagtelike patrollies. Hy bly op n plaas en werk volgens n fyn uitgewerkte protokol. Radio kontak, bystandslede, nagsigtoerusting ens,ens word aangewend.Boere se persele word beveilig en hul keer in groepies terug van die kerk af. Genade mense, raak asb paraat, die terroriste wat plase teiken werk in groepe. Raak asb paraat en nie deel van die statistieke nie.

Kobus ·

AI…wat jou kommentaar betref…het ek dieselfde al baie male op hierdie forum gese….verjaag die blanke op so n manier….dan kom die aasvoels en vat alles en trek dit deur…alles is mos gratis…dan beweeg hul soos voetganger sprinkane verder om nog te verorber

Ai ·

Ja Eish ek se nie ons moet als vir hulle los nie, en ek self is n lid van hulle. Ek se hulle mors hulle tyd om te probeer redeneer met feite. Wat ek se is dis tyd vir n ander plan. Selfbeskikking. Soos Lesotho n land op sy eie is moet ons aandring op ons eie land in Suid Afrika. Dis al oplossing. Dis nie meer die moeite werd om aan te hou baklei en intussen word ons mense uitgemoor nie. Net my opinie.

DD ·

Ai, jy is 100% reg. Nou om die meeste mense en iemand te kry wat nie bang is om polities korrek te wees nie om dit hard en duidelik te uiter is ‘n ander storie. Dis ‘n makliker metode om die boere van hul plase te kry as om dit verby die grondwet te kry ne?
Hierdie dinge maak mens haat!!! Ek haat met ‘n passie wat ek nog nooit gehad het nie. Dit is my stryd met hoe ek voel en hoe ek moet optree volgens my Vader se wil. Ek wil nie sien hoe my mense se veggees kwyn nie, Hoe hulle maar net aanvaar nie. Dis ‘n stryd!!!

Uvonka ·

Ek wil nie so voel nie maar haat vir die mense oorweldig my elke dag meer en meer! Skuus vir die buurman wat seergekry het!

Theresa ·

Laat die wêreld weet. Ons wat hier lees, weet nou – nou moet eerste wêreld vertel word.
Sterkte aan die getraumatiseerdes. Dis vreeslik om so gekastei te word deur wreedaards met geen waarde vir enige iets nie – ook nie ander se lewens nie. Geen respek nie – beslis nie vir ‘n lewe nie of hulself nie.

L. Botha ·

Dink jy hulle weet nie? Ek sien gereeld berigte hieroor in internasionale publikasies met kommentare wat sê ons verdien dit vir al die “miljoene swartes wat ons tydens apartheid vermoor het”.

Magda ·

Ai dis so jammer om WEER so iets le lees – sterkte aan die Familie – en JA wens on het Polisie gehad soos in London. Maar dis maar net n wens???

Justice ·

Vanooggend op RSG het die Hoof van Rasseverhoudinge in Suid Afrika Mnr. Frans Cronje bevestig dat hy al klaar `n plan B het om die land te verlaat – weet hy dalk iets op sy vlak van onderhandelinge wat ons nie (al) weet nie?

al ·

Tog het God die laaste sê. Hy is sterker en almagtiger as enige mens wie ñ sandkorreltjie is. Die mens wik, maar God beskik. Hy sal ons red voordat hierdie land in die afgrond aftuimel.

Mars ·

Volgens die tendens wat ons nou sien is dat hierdie aanvalle besig is om meer gereeld te gebeur. Die volgende aanval is dalk reeds besig om te gebeur. Die intensiteit, onmenslikheid en wreedheid van hierdie aanvalle het reeds gewetenloos buite beheer geraak. Hierdie totale aanslag is skrikwekkend. Sterkte aan almal wat reeds geraak is en sterkte aan almal wat nog hierdeur geraak gaan word.

Wonder net ·

Kan iemand my antwoord?As jy aangeval word,en jy skiet om dood te skiet,word jy dan aangekla?

Moeg vir suid afrika ·

Die plaasaanvalle is alles sameswering tot moord,al het net een van hulle die sneller getrek,almal van hulle,al is dit net drie of ses of hoeveel al is skuldig aan moord.Die kwansuise huisroof is maar net ñ skerm.Dit is rasse haat wat aangehits word en die boere is hul eerste teiken.Ons is so min boere wat oor is vir volhoubare produksie.Daar word daagliks vee ook gesteel en ons hoor nooit van iets nie,dit word nooit weer terug gevind nie.Ons is moeg.Al wie vir ons opstaan is die VF plus nie eers die DA wil dit veroordeel nie.

Lisa ·

Mense, Die mense gaan nie om te roof nie!!!! Indien hulle wil roof kan hulle inbreek en vat wat hulle wil he en baie meer!!!! Hulle hoofdoel is :::: Om te moor en mense seer te maak! Daarom wag hulle die mense in by hulle huise!!!!!! Geen verskoning, Dit word met n doel gedoen REGERING MOET NOU DRASTIESE STAPPE NEEM!

Santie ·

Ek verstaan net nie hoekom Boere nie wapens aan hul lywe dra en dit nie gebruik nie. Daardie mense wat opdaag kom nie vir tee nie.

Lou ·

Ek stem saam met Ai. Dis nou ‘n volskaalse terroriste oorlog gemik teen blanke boere en plase in blanke besit. En dit word maar yl verskans as roof. Tyd dat ons wakker skrik……

J ·

Gooi die uitlanders van die buurstate uit die land en geen borg vir geweldadige aanvalle nie.

Amelda ·

Die premier het dan vir hulle toestemming gee. Hy voorsien hulle dalk nog van wapens ook vir al wat ons weet

Bruno Stef ·

n Hoog geregspekteerde oud Polisie offisier uit die vorige regering wat afgetree het in Ventersdorp is n week gelede in ons dorp helder oordag in sy huis aangeval tesame met sy vrou vasgebind en beroof.Die buurtwag was gou op die toneel maar dit lyk of die misdadigers weggekom het. Mense op n hoe ouderdom moet maar versigtig wees want jou bewegings word dopgehou deur breinloses wat op die strate rondslenter.

Ben van Staden ·

Wonder wa kry Funani haar informasie. Ver van die waarheid. Ek was daar?

Cors van den Heuvel ·

een woord uit Holland: het is bij ons niet beter als bij jullie… veel geweld, veel armoe, veel achterstelling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.