Nóg ʼn plaasaanval: ‘Vuurwapens noodsaaklik vir selfverdediging’

Dionne van Rensburg (69) is op sy kleinhoewe naby Naauwpoort buite Witbank aangeval en gemartel. (Argieffoto: Maroela Media)

“Die jongste plaasaanval in Mpumalanga beklemtoon die noodsaak om ’n vuurwapen vir selfbeskerming asook doeltreffender landelike beveiliging te besit.”

Só sê Werner Weber, VF Plus-LPW in Mpumalanga, nadat Dionne van Rensburg (69) op 24 Mei wreed op sy kleinhoewe naby Naauwpoort buite Witbank aangeval is. Hy het die voorval oorleef.

Volgens Weber is die slagoffer gemartel en gewurg terwyl die aanvallers op geld aangedring het.

“Die verdagtes het uiteindelik met goedere ter waarde van sowat R200 000 gevlug. Niemand is nog  in hegtenis geneem nie.” Maroela Media wag nog vir die polisie om die voorval te bevestig.

Maroela Media het vroeër berig dat konsepwysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens selfverdediging as ’n geldige rede om ’n vuurwapen te besit, uitsluit.

“Dis nie logies nie en sal tot meer plaasaanvalle en moord op weerlose burgers lei.

“Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou en jou gesin met alle moontlike middels te beskerm, waaronder die besit van ’n vuurwapen vir selfverdediging. Dit is ook ’n gemeenregtelike reg wat elkeen het,” sê Weber.

Hy sê dat die party alle moord en geweld in Suid-Afrika veroordeel, maar veral dié in landbougemeenskappe.

“Landelike gemeenskappe is afgeleë en moet soms vir etlike ure op hulp vanuit stedelike gebiede wag.”

Guido Urlings, steundiensbestuurder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê die besit van vuurwapens vir selfverdediging is inderdaad belangrik, hoewel opleiding noodsaaklik is.

“Dis belangrik dat boere en eienaars van plase en kleinhoewes vuurwapens besit, maar dis nog belangriker dat hulle met daardie wapens oefen en dit by hulle dra.”

Maroela Media het vroeër berig dat die moorde op plase luidens die misdaadstatistieke van die vierde kwartaal van die 2020-’21-boekjaar skerp toegeneem het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Persheks Adri ·

Inderdaad is dit belangrik! Reg op lewe en jouself en gesin te beskerm. Boerevolk word wakker! Ons móét die wet baklei teen die gewetenlose misdadigers.

Ian ·

Om wapens vir self verdediging op n plaas te he was nog altyd noodsaaklik. Ons het net slap geraak met die belangrikheid van dit. Om te se dit ganie met jou gebeur nie kan nou jou lewe kos.

Andre ·

Om ook heeldag te werk beteken nie mens sit heeldag en rondkyk nie.

Ovelia ·

Kan boere nie maar ook deur polisie mt ak’s opgepas word nie. El dink hul verdien dit baie meer as die regering

Misky ·

Kan nie genoeg saamstem nie, Ovelia. Dis puik gestel en so waar

Persheks Adri ·

‘n Baie belangrike punt wat ek wil op bring wat ons ook op kan kommentaar lewer op petisies en mail vir SAPS Hoofkantoor is dat hulle moet ophou om kriminele se rekord na 10 jaar skoon te maak! Ek weet van mense wat gewapende roof en poging tot moord teen hulle gehad het en nou is hulle wéér bevoeg vir wapen na 10 jaar. Dis verdomp belaglik verby en mors van tyd ook

Anton ·

En Cyril herinner ons dat versuim om ‘n masker te dra, ‘n kriminele oortreding is

Johann ·

Met die oop ruimtes op plase en hoewes, hoe kom die terroriste deur dit sonder om opgetel te word? Is alles in plek vir landelike veiligheid?

Andre ·

Ek dink hulle skakel net eers die ligte af, dan is dit net so moeilik om hulle op te tel soos in die bosveld.

Kanjynoumeer ·

Met plaasaanvalle/moorde word vrees ook as wapen gebruik om spanning onder boere te versprei om hulle plase te verlaat.
Veg
Vlug
….of maak vrede met jou omstandighede.

boerie ·

[ maar dis nog belangriker dat hulle met daardie wapens oefen en dit by hulle dra.”] Dit wil hulle ook ontmoontlik maak, jy mag net 100 rontes besit, en moet aansoek doen elke keer as jy wil ry met jou vuurwapen.

louis ·

Net nog n manier om ons wittes te onwapen en van die plase af te kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.