Nóg ʼn plaasmoord in die Vrystaat

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Drie mense is Donderdag in twee afsonderlike plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Johannes Petrus du Randt (67) is omstreeks 20:30 op die plaas Elim buite Ladybrand vermoor.

Volgens Dhlamini was Du Randt se bejaarde ma ook in die huis. Sy is fisiek ongedeerd. Du Randt se moordenaars het wit jasse en wit stewels aangehad. Hulle het met ʼn haelgeweer gevlug en niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Du Randt is glo met verskeie skerp voorwerpe doodgesteek. Enigiemand met inligting word versoek om die Ladybrand-polisiestasie te kontak by 051 923 4000/4001/4002 of Crime Stop by 08600 10111.

Maroela Media het vroeër berig ʼn boer en sy huishulp is Donderdag omstreeks 12:00 koelbloedig vermoor op ʼn plaas in die Wepener-distrik. ʼn Boer van ʼn naburige plaas het op die gru-toneel afgekom en die polisie ontbied.

Die 49-jarige boer se liggaam in ʼn plas bloed in die plaashuis se sitkamer gevind. Sy bene was vasgebind. Die huishulp (55) se liggaam is op die grond in een van die slaapkamers gevind. Haar bene is ook vasgebind en haar mond en oë is met lappe bedek.

Die boer is intussen geïdentifiseer as Pieter van der Berg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

apie ·

presies. ‘n mens moet soos ‘n skim beweeg op jou eie grond en kan omtrent nie meer in jou huis slaap nie ?! as hulle jou in jou huis kry kan jy nie uit nie. besoekers kan nie vertrou word s j hulle nie persoonlik ken nie.nag kameras en sensors. Afgryslik om weereens te hoor van nog moorde.

snoefie ·

kapt phumelelo dlamini jy het vergeet om te sê wat julle gaan doen om die moordenaars op te spoor en wat julle gaan doen om plaasmoorde te stop.

Asjas ·

Nee hy het nie. Ten minste maak hy nie lee of enige beloftes nie.

Peet J ·

MM baie dankie vir die inligting wat julle aan ons voorsien oor die plaasaanvalle, moorde ens. Ons kan nie veel meer kommentaar oor die moorde op ons mense lewer nie want wat ons wil sê is alreeds in die verlede gesê tans neem ons maar net kennis van die tragiese gebeure. Nogmaals baie dankie en moet ons nie in die steek laat deur middel van julle beriggewing nie, om kommentaar te lewer dien darem ook as ‘n uitlaatklep vir ‘n persoon se gemoedstoestand.

Liezl ·

Ja sowaar ‘n uitlaatklep, gaan kyk wat ek geskryf het ivm die kommentaar lewer op die redakteursbrief van 31 Maart.

Celia ·

Stem heelhartig saam Peet, dis ons uitlaatklep, ons deel die skok, magteloosheidsgevoel en pyn. My hart skeur vir elke slagoffer asof ek elkeen ken. Ons het nerens anders om dit te deel nie. In my selgroep het ek prober; eks meegedeel om nie te oordeel nie! Ek moet dadelik vergeef, niks terugdoen en niks “sleg”se nie. n Preek is vir my afgesteek oor die barmhartige samaritaan en ek moet stilbly oor ons president wat God oor ons aangestel het. Nodeoos om te se, hul eer gladnie die Gelofe nie want dit gee aanstoot.Op oomblik is ek kerkloos. Ly in stilte oor my mede volksgenoot wat uitgemoor word. So ja, dankie MM.
Dis net Maroela wat hieroor berig.

LMF ·

Huiswerker se oë en mond toegegooi dit is gewoontlik dan iemand wat haar geken het so begin jul soektog daar kan verkeerd wees Ag ek kan nie eers meer my simpatie uitspreek nie want sulke seer vat jare om te genees en dan het almal om jou lankal vergeet my man is nie vermoor nie maar nou 10+ jare en ek verbeel my nogsteeds hy gaan by die deur instap so familie en vriende sterkte vir julle die pad kan lankkkkkkk vat

Anne-Marie ·

Wanneer gaan die regering iets doen omtrent die plaasmoorde. Of gaan hulle wag tot al Wat plaasboer is uitgemoor word voordat hulle wakker gaan skrik.

M'Lady ·

Die probleem is as een mens vermoor word het dit n rippel effek. Wat gaan nou van Mnr du Randt se bejaarde ma word? Dit lyk of hy haar versorg het. Net hieronder is n wees hond wat n huis soek na n plaasmoord. Kinders wie se ourers vermoor word. Wat word nou van hulle? Die impak is enorm.

Johanné ·

Annemarie, hulle hoef nie wakker te skrik om die moorde te stop nie, want hulle sit agter die moorde

dom ·

Kyk maar mooi. Hulle gaan vir die eienaars. Die sogenaamde opname n paar jaar terug van hoeveel mense in jou huis is etc. Speel n rol hier. Nou weet hulle presies wie waar hulle kan toeslaan

Peet J ·

Celia,ek verwys na jou kommentaar en wat my opval is die woord “kerkloos”
Asgevolg van my geloofsoortuigings, gesien in die lig van die Eerste Testament, (die kerke noem dit vir een of ander rede die ou Testament) die vyfboeke van Moses, die tien gebooie en die Wet van die Almagtige God, kon ek my nie langer met die christelikegeloof vereenselwig nie en behoort tans nie meer aan ‘n kerk nie. My geloof is tans in die Almagtige God skepper van hemel en aarde en uit Sy Woord het ek ontsettend baie te wete gekom wat vir my baie voordele inhou.

Twakkie ·

Ons is ‘n minderheid Westerlinge in ‘n Afrikaland met ‘n Afrikaregering. Boere is maklike teikens en sal inderdaad moet leer om soos in die ou Amerikaanse Wilde Weste nooit sonder ‘n wapen te beweeg nie en elke moontlike veiligheidsmaatreel in werking te stel. En gebedsgroepe waar iemand nie eens hul hart kan uitpraat nie, is die naam nie werd nie. Sekere dele van ons land bevind hulself in ‘n oorlogsituasie en om die vyand te “vergewe” is onvanpas. Dit sou meer gepas wees om vir bewaring van jou eie mense te bid asook vir krag om bv. nie almal van die ander ras te haat nie, net die misdadigers. Maar daar moet erkenning wees vir die werklikheid dat ons eie mense vervolg word en dat die wat nie vir ons is nie, inderdaad teen ons is. Daar is ‘n tyd en plek vir alles en ‘n gebedsgroep in Kaapstad van beskaafde mense van alle rasse wat saam woon en werk sal iets heeltemal anders wees as ‘n gebedsgroep in ‘n gebied waar plaasmoorde ‘n werklikheid is. As die kerk dit nie bied nie, begin self ‘n groep. Waar mense in My Naam vergader …

Mandy ·

En die politieke korrekte pers sprak geen sprook dat indien daar geen swart gedrewe misdaad en geweld in SA was nie hierdie land met sekerlik een van die laagste misdaad syfers sou kon spog…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.