Nóg ʼn plaasmoord in Noordwes

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Man is dood en sy vrou beseer nadat hulle op hul plaas in die Vryburg-omgewing deur ʼn groep aanvallers oorval is.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 20:00 op die plaas, Friesland, plaasgevind.

“ʼn Groep van vyf verdagtes het die huis binnegestorm en Patrick Itumeng (68) en sy 63-jarige vrou met wapens aangehou, gedreig en geld uit hul kluis geëis,” het Moleko gesê.

Sy het gesê daar het ʼn struweling ontstaan en vier skote is afgevuur. “Die man is in sy voorkop geskiet en die vrou in haar hand.” Itumeng is op die toneel dood verklaar. Sy vrou sterk tans in die hospitaal aan.

Volgens Moleko is dit nog in dié stadium onduidelik hoe die verdagtes toegang tot die huis verkry het. “Daar is glo van die geld uit die kluis gesteel, maar die presiese bedrag kan nie bevestig word nie,” het Moleko gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Dié aanval kom slegs ʼn dag voor Elsa Erasmus (74), ʼn boervrou van die Schweizer-Reneke-distrik se liggaam gevind is nadat sy vermoedelik Saterdag in haar huis oorval is. ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat Erasmus Saterdag uit haar huis verdwyn het en haar liggaam is Sondagoggend gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend gemaak nie.

Nog ʼn boer is op 25 Junie op ʼn plaas in die Rustenburg-omgewing deur drie verdagtes aangeval en in sy arm gewond. Vroeër in Junie is Hanno Steyn (46) tydens ʼn plaasaanval in die Lichtenburg-omgewing doodgeskiet. Blackie van den Berg (61) is op 2 Junie op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes oorval, erg aangerand en verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

al ·

Gaan die regering noú iets aan die plaasmoorde doen, aangesien dit nie ñ wit boer was nie? Gaan supra something ñ straat vernoem of die slagoffers finansieel kompenseer vir die verlies aan ñ broodwinner?
O ja gaan die premier noú n kommando saamstel na die afskaffing van dit in 2009?
Sterkte aan die oorlede boer se familie.

my 2 c ·

Nee daar gaan seker vir sy familie ook noun huis gebou word soos in die ander geval.

al ·

Ek dink ALLE misdaadslagoffers kan nou begin eis vir huise.
En terwyl die regering so vrygewig is, alle afhanklikes van broodwinners wie vermoor word, kompenseer.

Hannelie ·

Wanneer hou hierdie gemors in hierdie land op!!! Seker eers wanneer Zuma saam sy Gupta families die pad vat. Hoop dis gou. Ons soek ‘n president wat sy sout werd is en kan regeer.

Michael barnard ·

Hul sal nie ophou voor al die boere uit gewis is nie die klomp lafhards kan ook nie een vir een kom nie.

Chilli ·

Aai janee hulle maak die boere dood want hulle koop mos hul kos by Checkers! Breindood verby

Swartkat ·

Die strategie is om soveel paniek onder plaasboere te saai dat hulle grond niks werd is nie en ook dat die boere uit vrees sal trek. Zimbabwe het mos die voorbeeld gestel

Susan Forret ·

weet julle dit is regtig n skreiende skande!!!!
Die regering gee glad nie om nie. Ek het familie wat in die omgewing bly en bid vir hulle veiligheid. Ek glo as daar aan hierdie barbaarse lafaads gedoen word wat hulle aan hulle slagoffers doen sal die misdaad dalk afneem. hulle moor en verkrag sover hulle gaan.STOP HULLE!!!! Baie sterkte aan de slagfoffers

Blits ·

Darem maar interesant dat as wit mense vermoor word en die vrou word gewond dan is dit huisbraak met verswaarende omstandigdhede maar as die swart boer dood geskiet word en sy vrou gewond dan is dit moord en poging tot moord. Ai ek verstaan ook nie meer nie, Daar niemand in die ANC wat sy sout werd is om n land te regeer nie en sal ook nooit wees nie

Susan ·

Nee regtig so kan dit ook nie aan gaan nie.Die boere moet regtig vir hulle maar Leeus aanskaf wat op die plaas rond beweeg lyk dit vir my.Of slange in die huis aan hou.

Alida ·

Dit klink of dit n swart boer kan wees. Moor hulle nou hul eie mense uit? Kyk nou hoe vinnig is JZ daar om die vrou te besoek. Niemand ongeag kleur verdien hierdie bollie nie.

Catryn ·

Sterkte aan die familie en vriende, geen moord is aanvaarbaar nie. Hoop sy vrou sterk gou aan.

Stiena ·

Mense, vergeet van kleur. Moord, angs, pyn, emosie is kleurloos. Bid v alle slagoffers – julle noem julle mos self volgelinge van Hom…… nie waar nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.