Nog ’n plaasmoord: Mthethwa moet antwoord – AfriForum

Monument_Plaasmoorde-320x165AfriForum het ’n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gedoen om aan die publiek te verduidelik waarom hy dit nie nodig ag om by die plaasmoordkrisis in te gryp nie.

Dit volg nadat nog ’n boer gister op ’n plaas naby Sabie in Mpumalanga vermoor is. Paul Madison (63) en sy vrou Gwyneth Madison (58) is gisteroggend op hul plaas Kruisfontein aangeval. Gwyneth is in die huis vasgebind, waarna Paul in die tuin doodgeskiet is. Die tuinier, wie se naam nie bekend is nie, is ook vasgebind en in ’n puttoilet gegooi.

AfriForum het ’n beroep op die publiek gedoen om hul pleidooi vir die prioritisering van plaasmoorde direk onder Mthethwa se aandag te bring deur die webblad www.hoelanknog.co.za te besoek en die elektroniese petisie te ondersteun. Elke keer wanneer die petisie ingevul word, stuur die webblad outomaties ’n e-pos aan Mthethwa se kantoor. Meer as 10 000 lede van die publiek het reeds op hierdie wyse e-posse aan Mthethwa gestuur.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum het bygevoeg dat die organisasie in November vanjaar ’n afvaardiging na die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede stuur, waartydens ’n voorlegging oor plaasmoorde gelewer sal word. “Mthethwa se gebrek aan optrede grens aan aandadigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

H J Bester ·

Mens is van baie dinge seker maar die sekerste waarvan almal is, is dat Nathi Mthethwa nie op AfriForum se versoek sal reageer nie.

Nathi Mthethwa het plaasmoorde nog nooit in sterk taal veroordeel of as ‘n prioriteit gesien nie – vir hom is ‘n plaasmoord net maar nog ‘n moord (en immers van ‘n Boer – en wie sal nou daaroor huil)

wragtig ·

Die minister gee nie n he’ll om nie. Hy sit te lekker agteroor en ontvang n uItspattige salaris. Hoekom dink julle is die komando’s weggevat???

wllie ·

nate wie ook al, gee niks om nien solank hy kak kan praat op tv en die ‘gravytrein’ kan ry, WHO CARES?

Dawid ·

Aijul Solariteit enAfri. Jul is al lank in SA en praatwerk of petitiese stem of soek ondersteuning Val op dowe ore op Swartes en hul voel niks vir ons ni net soos Faro van Egipte. Dis van tydmors om hulle aan te klop. Hulle lag agter ingeslode deur vir ons uit wat se babatjie ons is. Ons mors met asems met gekreet,geskree,gebeuel en tot getjankbalie sonder sukses! Aan wens ek is skerps……?@

Annemarie ·

Ek het hierdie petisie ding gaan doen, daar moet ‘n automatiese antwoord rekenaar wees, want daar is net ‘n e-pos terug gestuur om te se hy is “out of the office”Weet nie lekker hoe die goed werk nie.

AFRIKANER ·

The ANC Youth League and Young Communist League have since last year been receiving full-time training at several SANDF military bases across the country. The training is government funded and currently at least 8000 Black youths 18-35 years of age will receive 2 years training at a military base. No Whites are included in this programme, nor any youths from any other political Youth groups. According to the Defence and Military Veteran Minister, they aim to train about 20,000 youths a year. The first batch to receive training were 500 youths recommended by the Department of Rural Development and Land Reform, altogether the Department recruited 2500 to take part in the programme and has urged them “to emulate the young revolutionaries of the 1976 generation”.“Skills development will include discipline, patriotism, life skills, rights awareness and specific skills areas empowering youth to change rural areas” The official name for the group is the National Rural Youth Service Corps (Narysec). In May last year 600 Narysec recruits had already received training at a military base in Bloemfontein. Their commander ordered them to paint the words ‘UHURU’ on white stones overlooking a busy road. ‘Uhuru’ means ‘freedom’ in Swahili but in South Africa the word has generally taken a different term, meaning the ‘killing of all Whites’.

Amy ·

Al wat in die land ‘voorkeur’ geniet is grondhervorming en regstellende aksie en BEE (swartbemagtiging). Ek is al keelvol daarvoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.