Nog ʼn plaasmoord; polisie te moeg om patrollie te ry

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

AfriForum dien Vrydag nog ʼn klag by die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega in, nadat daar vanoggend nóg ʼn plaasmoord in die Cullinan-gebied, buite Pretoria plaasgevind het en die polisie boonop “te moeg is om patrollie te ry”.

Die SAPD is veronderstel om ten alle tye vier voertuie in die stasie se vier sektore te hê, maar volgens AfriForum was daar geen voertuie beskikbaar nie. Daar was ook geen landelikeveiligheidsvoertuie operasioneel nie. Daar is net vyf polisielede by die stasie wat rybewyse het.

Das Venter is vroeg Vrydagoggend koelbloedig doodgeskiet by sy huis in Welgedacht. André van Heerden was eerste op die toneel. Venter se vrou het uitgehardloop, en Van Heerden het haar hande losgemaak. “Das se kombi en kar was albei aangeskakel,” het Van Heerden gesê.

“Die SAPD is indirek besig om self ʼn bloedspoor in die land te los. Ons kry weekliks klagtes oor die Cullinan-polisiestasie en die Bronkhorstspruit-kluster se swak diens. Dit is ook aan die gemeenskap gekommunikeer dat polisielede te moeg is om te patrolleer,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê. “Daar is ʼn mannekragtekort, maar as gevolg van die bestaande polisielede se moegheid om te patrolleer is daar nou nog ʼn moord wat moontlik verhoed kon wees, of verdagtes kon ten minste in hegtenis geneem geword het.”

AfriForum beplan ʼn optog na die polisiestasie, soortgelyk aan die optog wat ʼn week terug by die Hammanskraal-polisiestasie gehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dawid Petzer ·

Daar kan onmoontlik nie genoeg polisie beskibaar wees om elke boer in die land re beskerm nie. Dus is die land onregeerbaar, die wie gevang word word weer vrygelaat weens oorvol tronke of onbevoegde partydige howe. My opinie, neem reg op die daad in eie hande en voer n klandistine heksejag uit!

Kobus ·

Wat gewerk het, het hulle gevrees dat daar ‘n omverwerping sou plaasgevind het. Die Kommandostelsel.

Henri Combrink TLUSA ·

Die probleem is dat die Landelike Veiligheidsplan wat die ou Kommando stelsel moet vervang nie kan werk nie. Daar is n plan opgestel maar die nodige middele om die plan uit te voer ontbreek. Dit is soos om vir n besigheid n bemarkingsplan te gee en te se gaan verkoop ons produkte maar daar is nie geld om voorraad te koop om die produkte te vervaardig nie, daar is nie geld vir voertuie vir aflewerings nie.
Dit kan nie werk nie. Die verantwoordelikheid word op die gemeenskap afgeskuif om onsself te beskerm. Miljoene Rande word gespandeer op veiligheidstelsels, radionetwerke ens. Dan word daar van die gemeenskap wat werk om n inkomste te verdien waarop belasting betaal word om die Staat te finansier om sy verantwoordelikheid soos uiteengesit in die Grondwet te kan nakom verwag om nog patrollies te ry om sy gemeenskap te beveilig.

Heleen Cilliers ·

Ek kan getuig van swak polisie optrede en diens. Dit was 16 Februarie 2014, 5 jaar terug wat my skoonpa, Doppie Cilliers, op ons plaas te Witfontein, Bronkhorspruit vermoor is. Daar is geen vordering op die saak nie en is ek seker sy saak is baie diep weggebere. Daar is op daardie moordtoneel soveel foute gemaak en die forensies is weg met ‘n laai vol bewyse, waarvoor niemand geteken het nie. Niemand weet wat van dit geword het nie of wat daarin was nie. Die speurder wat op die ou einde aangestel is op die saak, moes met ander se gemors die saak probeer oplos. Geen klagte oor Bronkhorspruit se Kluster groep word gehoor nie. Moord in ons land word soos ‘n boetekaartjie hanteer, behalwe as jy beroemd is.

Lezandi ·

Ek glo persoonlik ons moet alles aan ons eie hande oorlaat. Dan sal daar veranderings plaas vind de hel man kan nie so aangaan nie!

Jasper ·

As daar van hoër gesag af n beroep gedoen word dat gemeenskappe paraat moet wees en help om misdaad uit te roei, kom ons doen dan so. Roei uit ! Ek stem saam Lezandi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.