Die gemeenskap van Koppies in die Vrystaat is geruk nadat ʼn boer in dié distrik Dinsdagoggend op ʼn kleinhoewe vermoor is. Dit is die derde plaasaanval binne ʼn dag se tyd in die Vrystaat.
Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, was Johan Prinsloo (73) en sy plaaswerkers omstreeks 07:30 met dagtake op die plaas besig toe ʼn gewapende man op hulle geskree en lukraak skote begin afvuur het.
“Prinsloo en sy werknemers het vir skuiling gehardloop, waarna die man nog ʼn skoot afgevuur het. Nog skote het gevolg en Prinsloo is in die proses getref,” bevestig Makhele.
“Nooddienste en die polisie is later na die toneel ontbied, waar hulle Prinsloo leweloos op die grond aangetref het. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat niks van die kleinhoewe gesteel is nie. ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak.
Een van die vier verdagtes is ʼn paar ure later op ʼn kleinhoewe digby Prinsloo sʼn aangekeer. Dié verdagte was gewapen.
“Lede van die polisie, ’n plaaslike sekerheidsmaatskappy en die buurtwag het die verdagte genader. Hy het in die beboste veld ingehardloop en op hulle begin skiet. Die lede het teruggeskiet en die verdagte raakgeskiet. Hy is later deur paramedici dood verklaar.”
Die oorblywende drie verdagtes word nog gesoek.
“ʼn Pistool en twee magasyne is langs die verdagte se liggaam gevind. Sy identiteit is nog nie bekend nie.”
Volgens Makhele het die verdagte tatoeëermerke op sy linker‑ en regterarm waarop onderskeidelik “3M4 Jonas Mosola” en “Diphoso” geskryf staan. “Dit kan moontlik help sodat ons familielede van die man kan opspoor.”
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is van die skietery in kennis gestel en gaan die verdagte se dood ondersoek.
Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die oorblywende verdagtes kan lei, kan sers. Kagiso Mere by 076 715 1597 of kapt. Theresa Lategan by 071473 5672 kontak. Die Stop Misdaadnommer kan ook by 08600 10111 geskakel word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Een vir een…
Die moord op blanke mense kan nie meer geduld word nie, dankie ANC se Cyrel dat jy dit goedkeur want jy sê niks!
Tyd vir selfdoen. Die SAPD is geskiedenis.
Boere sal moet koeēlvaste baadjies aanskaf, wapens by hulle dra asook n gewapende permanente skerpskutter om mal emma se moordbendes uit te roei. Skiet om dood te skiet. Moenie die SAP inroep nie want hulle is ook die vyand. Begrawe die demone vêr vd plaas af. Dis oorlog en “all is fair in war”
Hierdie moord ruk nie net die Vrystaters soos die opskrif sê nie, dit ruk elke witmens in die land want dit is deel van ‘n haatveldtog wat aangevuur word deur die peoples wat “kill a farmer, kill a Boer” gereeld uitbasuin. ‘n Ruggraatlose president en onbevoegde polisie”diens” speel so reg in daardie geweldenaars se hande. Die “ons sal self” veldtog moet uitgebrei en meer steun daarvoor verkry word want as ons nie beter na onsself omsien nie gaan ons die stryd verloor.