Volgens die polisie is die 27-jarige konstabel doodgeskiet toe hy reageer het op ‘n rooftog by ‘n sakeperseel. Die beampte se vuurwapen, selfoon en beursie is gesteel. Dié konstabel is minstens die sesde polisiebeampte wat die afgelope twee weke vermoor is.
Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het intussen die misdaadintelligensie-eenheid in Gauteng geloof nadat hulle twee mans in hegtenis geneem het in verband met die moord op lt.kol Knox Chauke. Hy is op Vrydag 27 Junie in die oprit van sy huis in Kagiso aan die Wes-Rand doodgeskiet.
Twee mans, Muntungani Mbatha (39) en Similo Xaba (33), is in verband met die moord op Chauke in hegtenis geneem.
Mbatha het Maandag in die Kagiso-landdroshof verskyn. Hy wou nie om borg aansoek doen nie en bly in aanhouding. Xaba het Dinsdag in die hof verskyn en sal weer op 15 Junie in die hof verskyn wanneer hy om borg sal aansoek doen. Nog arrestasies word verwag.
Lees ook:
Polisiebeampte doodgeskiet toe hy glo steel
Vyf polisiebeamptes in vyf dae vermoor
Drie polisiebeamptes in Kaapstad doodgeskiet
Polisiebeampte vir vuurwapen in Limpopo doodgeskiet
Polisiebeampte voor sy huis doodgeskiet
Vermiste polisiebeampte se lyk gevind