Nóg ’n polisiebeampte om die lewe gebring

(Argieffoto)

Nóg ’n polisiebeampte is Donderdag in die vroeë oggendure vermoor. Dit is jongste in ʼn hele rits moorde wat die polisiegemeenskap die afgelope paar maande geruk het.

Die 35-jarige sersant, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is in Eersterivier in die Wes-Kaap gekaap en doodgeskiet. Hy was verbonde aan die Lentegeur-polisiestasie se eenheid vir sigbare polisiëring.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die sersant is tydens die kaping in die nek geskiet. Hy is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer waar hy vanoggend aan sy beserings beswyk het.

Die sersant was ten tyde van sy moord nie aan diens nie.

Die Valke ondersoek’n saak van moord.

Volgens Van Wyk moet die moordtoneel nog vasgestel en gerekonstrueer word.

Die provinsiale polisie se bestuur het intussen sy skok oor die moord uitgespreek.

Maroela Media het vroeër berig die polisievakbond Popcru het net vandeesweek sy bekommernis uitgespreek nadat ses polisiebeamptes die afgelope tien dae vermoor is. Dié polisielid is die sewende slagoffer in minder as twee weke.

Volgens die vakbond is altesame 38 polisiebeamptes binne agt maande in Suid-Afrika om die lewe gebring. Dit kom neer op byna een polisiemoord per week.

Enigeen met inligting omtrent die jongste moord op ’n polisiebeampte word versoek om die Stop Misdaad-nommer by 08 600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Louise ·

AL WAT JULLE KAN DOEN IS PRAAT… PRAAT, PRAAT EN PRAAT…
Doen vir n slag iets aan hierdie moorde.
Ek is nou nie “Mike Bolhuis nie”.. .Maar hierdie is beslis georganiseerde misdaad!

Werner ·

Malema het mos gese hulle moet doodgemaak word wanneer word hy toegesluit.

Cherokee ·

Dit klink nie soos ‘n polisiemoord nie, maar eerder ‘n skaking waartydens die slagoffer vermoor is.

marius ·

Julle weet mos presies wie die aanhitsing gepleeg het . Julle minister sal nie ‘n vinger lig nie .

Persheks Adri ·

Ou hoed skitter in sy aanwesigheid en is dood stil. Mooi Cele nóg en nóg wanneer gaan jy iets doen? O ja nóóit nie dom vraag van my

Casper ·

Polisielede is voëlvry verklaar deur geharde moordenaars.Hoedman lewer nie kommentaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.