Nóg ʼn polisiebeampte sterf aan diens

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte en ʼn veiligheidswag is in Mbazwana in die noorde van KwaZulu-Natal dood toe hulle ʼn verdagte, wat in verband met ʼn reeks kapings gesoek word, gekonfronteer het.

“Die beampte, twee veiligheidswagte en inwoners van die gebied is na Mbazwana nadat hulle ʼn wenk ontvang het dat die vermeende kaper in ʼn huis in die gebied wegkruip,” het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Toe hulle die huis nader, het die man op die groep begin skiet en die 28-jarige polisiebeamptes en ʼn 40-jarige veiligheidsbeampte is noodlottig gewond.”

ʼn Tweede veiligheidswag is in die bobeen geskiet en hy is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. “Hy is in ʼn kritieke toestand, maar stabiel.”

Die verdagte het in die polisievoertuig van die toneel gevlug nadat hy glo die polisiebeampte en veiligheidswag se vuurwapens afgeneem het.

“Die voertuig is 10 km van die misdaadtoneel gevind. Dit was uitgebrand,” het Naicker bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord, opsetlike saakbeskadiging en die diefstal van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jef ·

Daar moes tenminste vier polisiebeamptes na die toneel gegaan het om die kaper in hegtenis te neem en nie een beampte en twee veiligheidswagte nie.
Dit is n saak wat alleen die polisie aangaan want hulle het die bevoegdheid en die opleiding om so iets te doen en nie n veiligheidswag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.