Nog ʼn polisiebeampte vas oor renosterhorings

soedan-wit-renoster-amy-vitale

Argieffoto: Amy Vitale/Verskaf.

Die Valke het nog ʼn verdagte aangekeer wat glo bande het met die ses vooraanstaande lede van die renosterhoringsindikaat wat Dinsdag in Mpumalanga in hegtenis geneem is.

Die 33-jarige konstabel van die Acornhoek-veediefstaleenheid is Donderdagoggend vasgetrek nadat sy twee dae lank inhegtenisneming ontduik het. Sy kom Donderdag in die landdroshof op Hazyview voor op soortgelyke aanklagte as haar medebeskuldigdes.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, sê die ses sindikaatlede wat van grootskaalse handel in gestroopte renosterhoring verdink word, kom weer volgende Donderdag in die Witrivier-landdroshof voor.

Die ander ses verdagtes is Phenias Lubisi (56), voormalige stasiekommissaris van Skukuza wat nou in Culcatta-kantoor tussen Hazyview en Belfast werk, Xolani Lubisi (33), gewese polisiebeampte van Culcatta, konst. Thembisile Mhlanga (30) van die Skukuza-polisiekantoor, Clyde Mnisi (33), ʼn vermeende handlanger van die verdagtes, Petrus Mabuza Mshengu (53) en die gewese Witrivier-polisiebeampte Joe Nyalunga (54).

Hulle word aangekla van diefstal, samewering om ʼn misdaad te pleeg, die onwettige koop en verkoop van renosterhoring, korrupsie en geldwassery nadat hulle op talle plekke in die provinsie in hegtenis geneem is.

Die Valke het beslag gelê op weeldevoertuie en motorfietse, vragmotors, ʼn onbekende bedrag kontant, diervelle, allerlei besittings en ʼn groot hoeveelheid gesteelde items ter waarde van miljoene rande, sê Mulaudzi.

“Die belangrike deurbraak is die gevolg van Projek Playbill waartydens wetstoepassers gekonsentreer het op die misdadige aanvoerketting in die Krugerwildtuin, KwaZulu-Natal, Gauteng en in private of staatsreservate.

“Die sindikaatlede het na bewering stroperygroepe bedryf met die ondersteuning van korrupte polisiebeamptes en ander beamptes van beskermde gebiede.”

Mulaudzi sê die operasie duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Koos ·

Mnr Ramaphosa, met alle respek gesê, om korrupsie in hierdie land van ons uit te roei, gaan nie net 1 of 2 presidentstermyne neem nie, maar talle meer!!!

Hoop van harte jou opvolgers en hulle s’n daarna, se koppe is reg opgeskroef!

Willie ·

Ek het geen respek vir SAPD nie, die SAPD is jare al gekaap… bedrog, toesmeer, sindikate, magsbehepthied.. onkunde, noem dit maar…onbevoeg…

thelsa ·

Alhoewel dit eintlik skokkend is, verbaas my nie dat die SAPS lede betrokke was nie.
Dit is soo jammer dat 97% van die SAPS gee die ander 3% ‘n slegte naam.

marous ·

Onberispelike voorbeeld wat die bewakers van die land stel .

AW ·

Ministry Of Crime – An Underworld Exposed (Mandy Wiener)

To Catch A Cop – The Paul O’Sullivan Story (Marianne Thamm)

Crossing The Line When Cops Become Criminals (Liza Grobler)

Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered (Anneliese Burgess)

Rogue – The Inside Story of SARS’s Elite Crime-busting Unit (Johann Van Loggerenberg with Adrian Lackay)

leser ·

gaan R1miljoen borgtog hulle en ander skrikmaak, nooit gesien nie
vra maar die chinese wat hulle reeds gevang het en borgtog gegee het, hulle betaal dit sommer uit die kleinsakkie in die broek
geen borgtog en die wat in die polisie diens is gaan nie met betaalde verlof nie
afdanking en toesluit en gooi sleutel op “bird” eiland

Ant Whit ·

Ramaphosa word verlam deur die Magashule rioolput Zuma regeer nog agter die troon raak ontslae van hulle

Elsa ·

Hulle moet glad nie borgtog kry nie. Hulle is veskriklik wreed. Hulle is nie goed vir die samelewing. Hulle moet die doodstraf kry.

zis ·

Ons huidige president sal nie hierdie lang reg kry nie,dit word net erger en erger. Sal die vrot kol in SAPD ooit uitgeroei kan word?

christa ·

CR sal nooit die land gered kan kry nie, hy is te hard besig om hom af te breek. Polisie lede wat sulke dinge doen onder die gereg se oe moet die swaarste straf kry. Sulkes is die mense wat verantwoordelik is vir die polisie ‘n vrot naam. Hulle laat mos kriminele toe in die polisie

Annamarie Olivier ·

Skokkend hoe laag het ons gedaal hoe ver moet ons nog in ‘n moeras van korrupte amptenare en polisie wat ons kinders moet kan beskerm.
Skande!! En more loop hulle weer op straat

Di ·

Ja die spreekwoord sê “You can run but you cannot hide” Gierigheid veroorsaak dat hulle gevang word. Sulke mense weet nie wanneer om te stop!!

Johnnie ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg want hulle is nie net korrup nie maar ook moordenaars.
BEWAAR ONS RENOSTERS .

Vrot ·

Vrot en korrup tot in die diepste graad. En dit is die polisie – hoe lyk die res?

AW ·

For those who are not “really interested”, read the book:
Understanding Organised Crime And Corruption In South Africa (Don Sipho); and then things will fall into place as to the current and past happenings within South Africa !

Riaan ·

Kry ons wette in orde,bring die regte strawwe terug,verwyder die wat alewig die wette wil verander.Die wette is deesdae daar om die midadiger te beskerm

Riaan ·

Kry ons wette in orde,bring die regte strawwe terug,verwyder die wat alewig die wette wil verander.Die wette is deesdae daar om die midadiger te beskerm.Kyk wie baat die meeste by misdaad,waar gaan die 15% belasting heen.

Andre ·

Is daar n departement in die ANC regering wat nie korrup is nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.