Nog ʼn polisiehoë is Maandagoggend tydens ʼn klopjag by haar huis aangekeer vir haar beweerde betrokkenheid by die toekenning van ʼn bedrieglike multimiljoen rand tender vir waarskuwingstoerusting vir die polisie.
Die offisier is die 13de verdagte wat vasgetrek is in verband met dié bedrogondersoek na die verkryging van blou ligte en ander waarskuwingstoerusting ter waarde van R191 miljoen.
Sy sal na verwagting binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.
Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die vrou was betrokke by die verkryging van die toerusting in 2017. Die algehele bedrag vir die kontrak het R191 miljoen beloop, maar net R65 miljoen is betaal aan die diensverskaffer, Instrumentation for Traffic Law Enforcment.
“Die betaling van R22 miljoen is in ʼn gevorderde stadium van die direktoraat se ondersoek gestaak.”
Van die polisiehoës wat reeds in verband met die saak vasgetrek is, sluit in die voormalige nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, die voormalige polisiekommissaris van Gauteng, Deliwe de Lange, ʼn adjunk-polisiehoof in Gauteng, brig.genl. Nombhuruza Lettie Napo, lt.genl. Ramahlapi Johannes Mokwena (ʼn afgetrede polisielid), brig. James Ramanjalum, genl.maj. Ravichandran Pillay en kol. Thomas Dumas Marima asook sers. Maetapese Joseph Mulaiwa.
Burgerlikes wat in verband met die saak vasgetrek is, sluit in Judy Rose, Samantha Andrews en Vimpie Manthatha, direkteur van Instrumentation for Traffic Law Enforcement.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Cyril your people man… have they and you no shame? n Vis frot van sy kop af… African National Corruption
So ge”brag” met jul Wêreldbeker komplimentêre kaartjies en fancy vervoer en etes né. Was dit die moeite werd?
Minister Cele, jy is gedurig op Suid Afrikaanse TV soos n Hollywood akteur op n rooi mat. Ten minste verdien daardie akteurs om op TV te verskyn.
Jy inteendeel Mr Cele is gedurig op TV, maar vir al die verkeerde redes.
Anargie…wetteloosheid is aan die orde van die dag. Wat n gemors!!
Aankeer is één ding, doelmatig straf en die geld terugkry is ‘n heel ander ding.
Ek ken nie ‘n brig.genl nie. Help asseblief.