Nóg ʼn polisiekaptein doodgeskiet

Argieffoto: https://pixabay.com

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die koelbloedige moord op ’n polisiekaptein veroordeel.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydagaand in Maphumulo plaasgevind.

Volgens haar het ʼn onbevestigde aantal verdagtes ʼn ysterwarewinkel binnegegaan en die werknemers van ʼn onbevestigde bedrag kontant beroof.

“Daarna is hulle na die naaste supermark en het die winkel deur die agterdeur binnegegaan. Die verdagtes het die polisiebeampte wat ten tyde van die voorval nie aan diens was nie binne die supermark gesien en hom geskiet,” het Mbhele gesê.

Die verdagtes het met ʼn wegkommotor van die toneel gevlug. “Die beampte (54) is na die hospitaal geneem, maar het daar aan sy beserings beswyk.”

Volgens Langa is ʼn taakspan saamgestel om te verseker dat die verdagtes vasgetrek en vervolg word.

“Sulke dade is barbaars en ons sal nie rus voor die skuldiges vasgetrek word nie. Ons diepste medelye aan sy familie en vriende,” het Langa gesê.

ʼn Saak van moord en besigheidsroof word ondersoek.

Mense met inligting oor die voorval kan die Maphumulo-polisie by 032 481 4400 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

snoefie ·

waar kom die minagting van die polisie vandaan? na my beskeie mening begin met die regte wat elke oortreder geniet. oproerige betogers wat openlik vandalisme pleeg terwyl die polisie toekyk en nie teen hulle optree solank hulle net van wit landmerke ontslae raak. kyk net hoe ver het die toleransie al uitgekring. polisiestasies wat aangeval en gevandaliseer en beroof word en die beamptes doodgekiet word. viva anc! VIVA!

Anoniem ·

LEER uit wat nou gebeur… BESIN en kry verstand… BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!

Irene ·

Dit is tragies Net soos iemand agter plaasmoorde sit dit iemand agter polisie moorde

Gap ·

Alle moord sake moet as belangrik gesien word nie net seekere sake nie , Almal het net 1 lewe .

Sarel swartbrand ·

Hierdie is die rippel effek van jare lange slaplê deur die wetstoepassers nou is die kriminele in beheer en smaak my hulle gaan nou met mening vir die klomp in blou.

PJC ·

Hierdie skurke het duidelik hulle huiswerk gedoen want hoe het hulle geweet hierdie is ń polisieman as hy nie in uniform was nie. Dit maak dit uiters gevaarlik vir die polisie as hierdie kwaaddoeners hulle nou al in privaatdrag op straat uitken.

Charles ·

Die vorige prisedent het het moord liedere gesing, van die parlements lede het dit gedoen en nie een van die regerings amptenare het iets daaromtrend gedoen nie en wie gaan nou iets daaraan doen? Die regering kan nie en sal nie eers probeer nie.

Magda ·

Dink julle rerig CR lees wat one op maroela media of enige ander platvorm tik of kwytraak??? Natuurlik NIE! Ons kan tik en skryf en soveel kommentaat lewer as wat ons wil, niemand in die nuwe regering stel belang nie – en VERAL as dit nie eers in Engels is nie. Laat ons maar net weer met die Here begin praat eerder. HY wil hê sy volk moet terugkeer na HOM toe, en as dit nie gebeur nie sal dit net moeiliker en moeiliker met ons gaan. Onthou ons gelofte met die Here.

Wonder ·

Sterkte aan die familie. Nou wonder ekke wat die nuwe president gaan doen? Lyk my die ANC weet net van niks doen, wat moorde aanbetref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.