Nóg ʼn polisieman geskiet in Jhb

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Polisiebeampte is vroeg Maandagoggend in Kempton Park geskiet en gewond nadat polisiebeamptes ‘n verdagte vragmotor van die pad af getrek het.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het die vragmotor in Albertosstraat naby die begraafplaas opgemerk.

Die beamptes het die bestuurder versoek om uit die vragmotor te klim en die agterkant van die vragmotor oop te sluit, nadat hulle gesien het die voorste en agterste nommerplate verskil en dat die vragmotor nie ‘n lisensieskyfie het nie.

Die bestuurder het aan die beamptes gesê dat hy nie die sleutel het om agter oop te sluit nie en dat hy ʼn oproep moet maak.

‘n Onbekende man in ‘n grys bakkie het kort hierna op die toneel opegedaag en die polisiebeamptes probeer oortuig om die agterkant oop te sluit. Die man het hierna van die toneel weggery waarna die vragmotorbestuurder die agterkant oopgesluit het en ses verdagtes, wat met AK47’s en pistole gewapen was, uitgespring en op die polisiebeamptes losgebrand het.

Een polisiebeampte is geskiet en gewond. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Die verdagtes het intussen in die polisievangwa gespring en tot by Pomonarylaan gejaag waar hulle ʼn Honda Ballade gekaap en daarmee weggejaag het.

Die polisievangwa is op die toneel gelos en ʼn magasyn van ‘n AK47 is in die vangwag gevind.
Die polisiebeampte is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die ondersoek gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Hierdie polisiebeamptes klink nie vir my lekker paraat nie hoor. Hulle het sommer nou maar net alles gelate aanvaar. Ai mense, julle moet wakker word.

Peet Schabort ·

Stem saam Theresa. Waarom stap hulle SAAM na die verdagtes? Een behoort dekking te verskaf deur agter die polisievoertuig te bly. Daar word ook nooit melding gemaak van koeëlvaste baadjies in hierdie aanvalle op die polisie. Is dit moontlik om hieroor ook inligting te kry?

Ladybug ·

Polisiebeamptes is nie paraat nie, dink niks sal met hul gebeur nie. Hoeveel lede moet nog hul lewens verloor agv hul eie nalatigheid?

Dudley Futcher ·

Baie interessante ding vir my is die Solar paaie. In Amerika is hulle druk besig met navorsing. Dink net almal sal altyd krag he. Elektriese motors sal voltyds kan ry. n Baie groener planeet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.