Nóg ʼn polisieman sterf aan diens

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal is noodlottig gewond nadat hy Saterdag ʼn man in hegtenis wou neem wat na bewering drie vroue van R110 000 se stokvel-geld beroof het.

Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, ao. Niren Ramsaroop (40), en sy kollegas was op roetinepatrollie in die sakesentrum van Empangeni toe hulle deur drie vroue genader is wat beweer het hulle is deur twee mans van hul stokvel-geld beroof wat hulle pas in ʼn bank onttrek het.

“Ramsaroop het kort daarna die verdagte man opgespoor en hom aangekeer, maar die verdagte het in die proses ʼn vuurwapen uitgepluk en die beampte in sy bors geskiet,” het Naicker gesê.

Ramsaroop kon daarin slaag om die 41-jarige verdagte terug te skiet voordat hy aan sy wond beswyk het. Dié verdagte is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die ander verdagte kon daarin slaag om met die geld te ontsnap en is steeds soek.

Die polisie het op ʼn vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, beslag gelê. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur.

Lees meer oor onlangse polisiemoorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christie ·

Hoe is dit moontlik dat die SAPD lid in die bors geskiet is en aan sy wond beswyk het. Hy is dan gepanser

Human ·

Dit is baie hartseer om soveel berugte te lees van SAPD lede wat sterf terwyl hulle hulle pligte uitvoer. Skiet hulle terug of haal hulle die boef uit dan word hulle aangekla vir moor! Nou my vraag: Waar kry hulle die wapens? Diefstal, moord of by sy boetie waar ons ons wapen moes terug handig? Daar kan gese word dat jy jou wapen kon gehou het, maar weet van heelwat ou mense wat nie lus was vir die hele proses om die wapen te hou nie en maar gaan inhandig het. SAPD SKIET EERS DAN VRA JULLE VRAE!!!!

Andriëtte ·

Om aan te sluit by Human. Hoeveel Patrollielede moet NOG sterf, voor hul met koëelvaste baadjies as standaard uniform uitgereik word?

Dee ·

Om aan te sluit by Andriëtte, miskien behoort koëlvaste baadjies standaard kleredrag te word in hierdie swart land.

B O E N A ·

Eish…..ons land is aanvlader omdat ons regering nie die land nie kan reg toe pas nie daarom is Suid-Afrika die land van moord en marteling onskuldige mense word doodgeskiet & gemartel en die regering sit handjies gevou en sit en lag…..dan wil hulle nog regeer totdat Jesus kom. Maar ek weet soseker as wat die Here ons laat leef elk een van hulle sal hul dag kry en dit sal vir hom/haar aanbreek.

George ·

Ek verskriklik jammer vir die onskuldige polisie lede en die publiek wat onskuldig geskiet word , maar die skelms het driekwart van die wapens wat hulle gebruik by skelm polisie lede gekoop .Geld is mos deesdae meer werd as n persoon se lewe..

irene ·

Voel jammer nog a polisie man en boer vermoor waar gaan alles geen

vermeende ·

Hoeveel boere het die naweek gesterf in die uitvoering van hulle pligte????
Ek het geen simpatie vir hulle gebrek aan swak opleiding nie…… Jammer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.